Kinders en Moedersdag

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

deur Meisie

Ek weet nie wat my besiel het die dag toe ek besluit het om weer waitressing op te vat nie. In ‘n restaurant in Clapham (dit is soos om in Sandton – vir die northerns, en Claremont – vir die southerns te werk). Die restaurant is smoke-free, wat beteken dit is child friendly. Ek haat kinders. My suster is gelukkig mal oor hulle en sy gaan my kinders eendag vat totdat hulle kan terugpraat. Kinders kan nie praat nie, hulle kan nie sinne sê wat sin maak nie en hardloop voor jou as jy 30 borde balanseer. Hulle skrik hulle fucked up vir niks nie en huil. Hulle kry nie hulle sin nie en huil. Hulle sê nie dankie nie. Kinders steel ook al jou shine, so miskien is ek net jaloers. Maar my grootste issue met hulle is die manier wat hulle grootmense om hulle laat act.

“Gogogogagaga – whosaloverlybabyandthesweetestthing?”

“Isjydiemooistebabaindiewereld?”

In die mees fucked-upste stemtoon. Almal verloor heeltemal alle rasionaliteit. Die ergste is as jy in conversation is met iemand wie kinders het. Jy kan praat oor die tsunami of George die doos of sommer net vertel jou hond het gepeg en die volgende oomblik “agisjynienettepragtignie?” Jy dink “wat de fok?” het jy nie nou geluister na ‘n fokken woord wat ek sê nie? En dan mag jy nie vloek voor die kind (wat nog nie eers kan praat nie – net kak en skree en eet en slaap) nie, want net nou is die eerste woorde wat die kind sê “Fok”. Dit sal ‘n stap vorentoe wees as jy my vra – hy sal dan darem weet waar hy vandaan gekom het. Spaar die ouers baie pyn om deur daardie bees and birds praatjie te gaan as die kind puberteit tref…

“Wiedefokhetsostinkgemaakdatekmyappetiteverloorhet?”

“Isditmiskiendievuildoekwatdiebabanoudaarleenwarmhou?”

Ek oorreageer ‘n bietjie, maar dit kom saam met die territory. As ek op tone trap, hou jou kinders van my af weg. Easy peasy. Dit is nie heeltemal so erg nie, want anders sou ek lankal die job in sy moer gestuur het. Wat my daar hou is die plesier wat ek kry om scenario op scenario voor my te sien afspeel.

Soos hoe pa’s nie ‘n fok verstaan wat kinders sê nie. Mothers Day was nou Sondag gewees (innie UK) en dit was ‘n barrel of laughs. Want op Moedersdag is Ma veronderstel om af te wees en Pa in beheer te wees. So nou waar Ma gewoonlik vir die kinders onder beheer hou en vra wat hulle wil eet, moet Pa dit nou doen. Recipe vir disaster en weapons of mass destruction. Pa’s het net nie ‘n clue nie. Kom ons imagine gou die toneel.

Act 1: Scene 58 Take 155

Familie (Pa, Ma, twee laaities en ‘n baba in ‘n pram) kom by die deur ingestap. Daar is ongelukkig nie dadelik ‘n tafel reg nie, want dit is Moedersdag en Pa het vergeet om te book. Vinnig word hy gerus gestel dat die tafel nie langer as tien minute gaan wees nie. (Ek lieg, want ek weet hier kom ‘n ding en hulle gaan my later ure se plesier gee.) Laaities begin aan mekaar torring, you’re it, no you’re it, NO YOU’RE IT, NO YOU’RE IT. I WAS IT LAST TIME – YOU’RE IT. Pa gryp in. Staan stil en blystil of ons gaan huistoe.

Dit hou vir so twee minute, maar dan begin hulle weer poke aan mekaar. **poke** **poke harder** **poke nog harder** OUCH! Daddy, he’s poking me. Gryp die verkeerde een aan sy arm en sê hou nou dadelik op of jy kry nie roomys nie. Die ander een staan met ‘n smile op sy gesig en dit lyk asof botter nie in sy mond kan smelt nie. En lag vir die ander een.
Deur al die gepokery het hulle die pram gestamp en nou huil die baba. Ma kyk maar na die baba. Teen die tyd kom die Pa met smekende oë na my toe en vra apologeties asseblief, hoe lank gaan dit nog wees. Okay, so ons het nou ewe skielik een oop. En nou gaan sit hulle.

Nou kom ons by die kos bestel. Almal fight oor of dit fish fingers gaan wees of cheese burgers of wat ookal. “Nee”, sê Ma skielik, “Gerhardus en Florus het nog nie hulle groente gekry vir die dag nie, so hulle moet groente kry in plaas van skyfies.” Right, TANTRUMS all around. Pa kyk vir Ma met ‘n evil eye aan, bedink homself en neem beheer. Skuif die evil eye na die kinders toe en sê in daai stemtoon wat beteken hier kom kak as julle nie nou julle bekke hou nie dat hulle maar net gelukkig moet wees, dit is Moedersdag after all.

Bestelling geneem, check. Potlode en prentjies na die tafel om die kinders besig te hou, check. Drinks na die tafel toe (bier vir die Pa, fok hy verdien dit…), check. Nou probeer die kinders vir die pa vertel van die juffrou en die bome en die kar en almal praat gelyk. Pa het nie ‘n clue wat aangaan nie, teug aan sy bier en kyk die kinders met ‘n blank expression aan. “Wat de fok sê die kind vir my?” – staan op sy gesig geskryf, in hoofletters. Ma volg die hele storie en vertaal dit na die tyd vir Pa. Jy kan dankbaarheid in sy oë sien as die kos kom.

Dit, however, ontaard in ‘n food fight. En Pa eindig op met ‘n mash-en-ertjie-mengsel op sy skoot en dan klap hy sy hand op die tafel en almal raak stil.

En dan kom die “snik snik, whaaaaaaaaaaaaaaa huh-eh-huh whaaaaaaaaaaaaaaaaa”.

Ma gryp in en maak hulle stil met die belofte van roomys. Stil stil eet hulle hulle kos. Pa is op sy derde bier (die eerste een is omgebliksem). Ouers se kos kom. Eet terwyl daar chaos is en tussen deur hier en daar ‘n sin vir mekaar te probeer sê. Almal bestel roomys en geniet dit so baie dat die kinders die roomys na die tyd dra. Pa vra omtrent dadelik vir die rekening, nee ons soek nie koffie nie. Tip sommer groot, want ons het so mooi gesorg dat alles betyds gebeur.

En jy sien sommer, volgende jaar gaan hulle McDonalds drive through toe.

Watkykertjie bydraeKinders en Moedersdag

Gooi Comment