In die kryt met Amor en Patricia

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Dis met 'n wrang glimlag wat ons almal die Patricia-Amor sage volg. Ons maak of ons nie omgee nie en skud ons koppe en lag terwyl ons die tjops omdraai voor dit brand. Maar diep binne-in maak dit saak. Diep binne-in hou almal van 'n prize fight en dis tyd om favourites te kies.

In die rooi hoek…

Patricia is 'n busty blonde wat al voorheen met Michael Knight uitgegaan het. (Ek bedoel David Hasselhoff
, dammit ek gaan dit nooit reg kry nie.) Sweer. Daar erens in die mistigheid van die negentigs (dalk selfs eighties) het onse Patty van Walkerville 'n fling gehad met die wilde en roemryke lewe saam met Die Hoff. Respect.

Vroeër jare het Patricia sulke Samantha Foxerige pop treffers soos "Single Girl" uitgebelt terwyl sy haar Flashpoints hare so heen en weer gegooi het op stage. Punte vir die on-stage headbanging, maar ons gaan moet punte aftrek vir daai aaklige Flaspoint ads – benede God's wraak maar ongelukkig nie underneath the radar nie. Skaam Patricia.

Maar glad nie skaam in die '96 adult movie (Dangerous Confessions of iets) wat onlangs so baie airtime gekry het nie. Hierin sien ons iemand wat lyk soos SA se favourite blonde poppie wat rondhop op 'n oom se maag, en tongetjie speel met 'n ander tannie. Dink etv Vrydagaand pappa.

Die skone Patricia hou vol dat dit nie haar jugs is in die kaalgat scenes nie. Sure. Ek's seker dat hulle vir so 'n low-budget movie die hele tyd 'n body double op die set hou sodat die equally unknown Patricia net nie haar nips moet wys nie. Whatever. Soek die prentjies op News24 se galleries en besluit vir jouself. Jy's mos mooi groot.

Obviously is die porn punte werd. Nogal baie. But that was a long time ago…

Deesdae is Patricia getroud na haar man haar op Kilimanjaro gevra het om te kys. Sy en Nataniël het die berg gescale vir haar TV program "Bang Jan Dooie Jan". 'n Rukkie voor hierdie event het die Huisgenoot berig oor Patricia in "haar goue kou" oftewel haar big-ass huis waar sy nagte alleen deurbring het. Dis nie seker of sy die Confessions movie in haar DVD collection gehad het nie.

Sy maak nog steeds musiek en het nou weer een of ander album uit wat ek wens sy wil vir my verniet stuur om te review – watkykjy style. Dan het sy ook onlangs 'n babatjie gekry en ek dink sy toer saam met Amor in die Sewe Wonders setup. Dus verkies sy deesdae om meer tannie tipe goed te doen, jy check?

In die blou hoek…

Amor was saam met Patricia op skool in Mondeor. Ek's nie seker of dit tel vir enige iets nie. Sy's wel getroud met Joost wat net soos een van die beste Blou Bulle ooit was, hoor. Joost was immers in die '95 World Cup span waar Oom 'dela so met die cup en Francois 'No More Mr Nice Guy' Pienaar se trui gestaan het. So punte vir die Joost connection.

Verder is Amor into choreografie en stuff. Basically soos 'n moderne danse juffrou en sy het ook al 'n paar titles hierin. Who cares? Vir 'n ruk is sy die Lotto girl – Tata 'ma Chance – so dit kos punte. Sy begin sing – almal in SA is mos artists – en hit natuurlik big met die Afrikaanse mark. Ek sweer Afrikaanse mense sal kak ook koop as jy dit op 'n CD kon skryf.

Saam met manlief Joost maak die tweetjies natuurlik toe ook 'n TV program, "In die kryt saam met Joost en Amor". Mans aan die een kant, vrouens aan die ander kant… letterlik in 'n kryt waar mans en vrouens sulke games teen mekaar speel. Nee, nie mind games nie. En nee, ook nie daai games nie. Jirre man, dis familie TV. Skaam jou.

In elk geval, "In die kryt" is 'n slegte show. Baie sleg. Maar al die attention maak van Amor 'n celeb in ons land, en party mense reken selfs hulle is die Posh & Becks van Suid-Afrika. Van hier af is dit net afdraande en ons word gebombardeer met elke stappie in hulle pregnancy tot by die geboorte van hul "bulletjie". Thanks Huisgenoot. Thanks SA media. Thanks for nothing. Dit het naderand gevoel asof ek self deur die pregnancy is.

Die bulletjie was nog nie eers ordentlik hier nie toe bars die volgende bom. Loslyf publish foto's van 'n model op 'n cat walk wat se nipple wys en hulle tune dis Amor. Asof dit nie genoeg is nie, tune hulle sommer 'n artikel wat insinueer dat Amor allerande ongure dinge aanvang.

Nou's dit kak en hare en hofsake en die ouens by Loslyf is bang Joost kom loer in. Heavy krappe. Amor is vreeslik ongelukkig want Loslyf is "satanisties". (Ek dink sy bedoel "vulger".)

Intussen woed 'n popularity contest tussen die twee tannies ook nog oor comments dat die een commen is en dat Joost eintlik 'n ogie op Patricia het en wie weet wat nog. Darem maak hulle later op met 'n mandjie eetgoed of iets. Tannies darem. I tell you…

Dieng-dieng

Die twee vroue vegters sirkel mekaar versigtig en steek hul vuiste voel-voel uit. Sweet blink op hulle lenige liggame en hulle sagte rondings. Beide dans ligvoetig rond terwyl hulle skynhoue na mekaar se soepel, welgevormde liggame mik.

'n Goeie kombinasie deur en die rooi vegter se blonde hare ruk agtertoe. Blou kom vinniger vorentoe en vir 'n oomblik lyk dit of haar top afkom… gaan ons iets sien… ongelukkig nie.

Die oomblik van twyfel is egter al wat die rooi vegter nodig het om daai spesiale hou plant – PK! Planke toe.

Die verdict

… and still undefeated – Patricia Lewis. Komaan, was daar ooit 'n contest? Patricia is bustier, sy het cooler hare (danksy Flashpoints) en het darem al in 'n erotiese volwasse film gespeel. Moet ook nie die Knight Rider connection vergeet nie. Baie punte.

Sy's nie so vinnig om goed te label as "satanisties" nie en moet obviously 'n sin vir humor hê met daai make-up (en huis). Amor se moderne danse en simpel TV program cut dit net nie. Glad nie.

En so gaan ons aan met ons lewens, en hulle met hulle s'n. Een van die dae gaan ons gebless word met pics van hulle groeiende kinners, wat ek seker is ook gaan sing. Of rugby speel. Of albei…

Die gode behoed ons.

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 24,009 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieIn die kryt met Amor en Patricia

Gooi Comment