Dinge wat die multiple orgasms waarborg nie altyd cover nie

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Almal ken daai grappie van toe die man moes kies tussen sit of staan en piepie en toe kies hy staan en toe kry die vrou multiple orgasms. Of so iets. Nou dit is hoeka met dieselfde onderwerp wat ek besef het dat multiple orgasms nie altyd so baie waarde inhou soos wat beloof is nie. Kyk nou soos gisteraand in die pub, na ‘n paar glasse wyn wil ek gou my blaas gaan verlig. Daar is niks vreemds daaraan nie, meisies piepie en poo – vir die van julle wat dit nie glo nie. En nee, dit ruik nie altyd soos rose of laventel nie. Anyway, terug by die noot at hand, so raak ek ontslae van die nodige klere en gaan sit – maar my liewe fok, is daai seat mos nou min koud! Ek skrik so groot dat ek opspring en amper beheer oor my blaas verloor en amper my klere natpis. Toe ek uiteindelik oor die koue kom en weer gaan sit, toe het ek my piepie weg geskrik. Nee mamma, dit is te koud waar jy my nou wil heen stuur, ek bly net hier, settle.

Dit laat dink my toe aan al die ander goed wat ons chicks moet vat net vir die plesier van multiple orgasms. En die lys is lank, ons is reknown vir ons moanery, so raak maar gemaklik. Die volgende ding was eintlik maar net ‘n aanloop van die koue toilet seat af. Want toe ek nog ongemaklik vol by die tafel terug kom, wat is die eerste ding wat vir my gevra word? “Smokkel jy jelly tots of is jy net bly om my te sien?” Ek sê kyk hie’ dude, ek het nie beheer oor hulle nie. Hulle pop uit by enige geleentheid – dit het niks met jou presence te doen nie, okay? Seuns ontgroei die ongemak van die meneertjie wat sy eie kop volg en op ongenoë tye besluit op penorent te staan. Ons het fokollie beheer daaroor nie. Deal wiff it.

Dan, durf jy net moeite doen om ‘n slag mooi aan te trek. Jy moet vinnig by die offie instap vir skywe of petrol ingooi of wag vir die bus of iets doen wat jou in die lig aan die publiek laat verskyn. Jy verwag dit sommer al, want jy hoef nie eers hot te wees vir die om te gebeur nie. Wys net ‘n bietjie meer flesh en jy kry ‘n “Hoelykkitbaby, how’s about it…” Dit is nie flattering nie, want meeste van die tyd is die ‘n 43 jarige man wat nog nooit seks in sy lewe gehad het nie en gets off on free porn. Cheap thrills nê pappa.

Danksy al die supermodels (en Barbie) daarbuite in die un-real world word daar van ons verwag om heeltyd perfectly groomed te wees. Magazines en TV vertel jou dat jy moet accessorise, jy moet ‘n handsak hê wat by jou skoene en belt pas. Jou skoene moet jou seermaak – no pain no gain baby en glo maar vir my, as jy swak enkels het, suffer jy jou hele lewe lank. Jy MOET die of daai jean he. Jy mag om vadersnaam nooit gesien word sonder make-up nie. Julle ouens kan weg kom met ‘n stubble op die ken – rough and ready look, maar chicks met ‘n stubble onder die arm werk net nie so lekker nie. Moet my nie eers laat begin met hoe belaglik duur dit is om ons hare te laat doen in vergelyking met julle nie. Pluk jou wenkbroue, manicure jou naels. En vir wat, sien iemand anders as jou vriendinne dit ooit raak? Vir wie gaan ons deur al die pyn en vir wie mors ons al die tyd – all in the name of fashion. Ons is mos veronderstel om die “fairer sex” te wees.

Ek dink nie dit is eintlik ‘n fair judgement nie. Want my persoonlike opinie is dat nie een van die sexes se organe is eintlik mooi nie. Nie dat dit is waaroor dit gaan as jy hard uitskreeu in ekstase nie, maar ek sê maar net.

Ek praat nie hier van diskriminasie nie, ek praat van sommer net simpel goed wat van ons verwag word, maar niemand weet eintlik wie dit van ons verwag nie. Dit is daardie “hulle” waarna daar verwys word as mens se “hulle sê”. Ek sal graag vir “hulle” wil ontmoet sodat ek vir hulle ‘n vet pit kan druk. Kom kyk wat het ek hier vir jou in my sak – ‘n lekker toffie.

Meisies is ook verskriklik bitchy. Hoekom, weet fok alleen. Maar dit is asof daar ‘n reëlboek is wat sê dat ons fokken krities moet wees teenoor mekaar. En behoede bewaar jou siel as jy aan die verkeerde kant van ‘n chick kom as jy self ‘n chick is. Jy is vir ewig in die kak. Ons kan mekaar nie vergewe nie. Maak nie saak dat hy per ongeluk geval het en toe gebeur sulke dinge maar net nie, o nee, dit is alles die ander meisie se skuld.

Ouens is lucky, hulle kan dit met knuckle dusters en etter uitsort en moontlik daarna nog ‘n bier saamdrink. Ons moet ‘n grudge hou vir ewig. Party mense is nou maar net lucky en ander nie. Jy hardloop miskien vinniger as sy. Hou op bitch chicks, dis faktup.

En soos ek nou hier by Gatwick Airport sit en wag vir my delayed vlug, wil ek lag kry oor alles wat ek nou hier geskryf het. Ek meen, ek sit hier met my high heels aan wat my voete verskriklik vreet, het ‘n cleavage trui aan wat beteken dat toe ek my Starbucks koffie bestel het, het die ou na my boobs gekyk in plaas van my oë, my hare perfect gegroom van gister se salon appointment wat my £60 uit die sak gejaag het en het nou net ‘n chick wat verbygestap het op en af uitgecheck het en in my mou saggies gegiggel oor haar outfit.

En ek het weer ‘n piepie…

Hierdie post is 3 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 33,975 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Watkykertjie bydraeDinge wat die multiple orgasms waarborg nie altyd cover nie

Gooi Comment