Die Prinses – ‘n dapper klein crime fightertjie

In Snotstories deur griffinRek jou bek

'n Paar maande gelede is die Prinses gefnuik deur 'n vlugvoetige handsakdief in Woodstock. Genoeg was blykbaar genoeg and now it seems she's taking the city back – piece by piece. Of dalk meer soos selfoon vir selfoon… Maar kom ek begin op 'n ander plek.

Dis 'n rustige aand in Woodstock en 'n lot van ons is op pad terug na 'n moerse paartie by die Woodstock Lounge. Redelik getrek en in fantastiese spirits. Ons ruik ook of ons in fantastiese spirits gemarinade is. Dis nie ver van die waarheid af nie.

Met die dat die jong crack rokertjies ons toe betrek. Skiet verby die girls en lê oop met die Prinses se handsak. Toe ek mooi weet wat aangaan skiet my girlfriend ook by my verby teen 'n kakspoed – en op hoë hakke.

Sy vang die bra amper, en kom definitief heelwat nader as die poesliesie wat 'n rukkie later argeloos aangecruise kom in die vangwa. Sake word gemaak, insurance word geclaim op selfone en die lewe gaan aan soos gewoonlik.

Op die oppervlak dalk.

Sonder enige iemand se medewete, myne inkluis, beplan my meisie – die Prinses – revenge op die lae bliksems wat haar favourite handsak (en geliefde selfoon) gesteel het. Never again, pappa. Never again.

So laas Vrydagaand begin soos vele ander. Na drinks by die werk, sundowners op Clifton, 'n boozy dinner by Toni's, en pielsterte (of cocktails) by Kitima, skiet ons uit Long Street toe. Ou vriende is in town en daar moet gepaartie word. So gesê, so gedrink.

Ons tref Mojito's met 'n moerse gejuig. Ons is reeds halfpad gekletter en almal is vasbeslote om die proses verder te voer. Veral ek en die Prinses, wat laataand nog sit – selfs toe die staff begin deure toemaak en hardop kug naby ons. Wat bedoel jy "laaste rondtes"?

Langs ons het die hele aand 'n bra op sy arms gelê – soos een van daai Laergraad ouens op skool wat net vyftien minute skryf en dan 15% kry – een vir elke minuut. Bietjie soos een van daai ouens gelyk ook. En geruik. Anyhow, terwyl ek kliphard aan die verduidelik is met een of ander dronk storie kom ek ewe skielik agter iets gebeur so net regs van waar my peripheral vision ophou.

Die volgende oomblik is die Prinses op, oor die tafel in Mojito's en deur die oop venster op die streetfront. My jaw het nog nie eers behoorlik gedrop nie, toe's sy om die hoek – jy check net skirt en hakke, skirt en hakke – die donker in.

"Wat de fok…" begin ek, en toe check ek die ding. My fokken selfoon is weg. Mos lekker breker wat die ding so op die tafel gooi. Die staff is so half verleë en ook half uitgefreak oor die rookop Vlam Fatale wat soos een van (CHopper) Charlie se Angels by hulle venster uitgespring het. Mense by die tafel langs ons wil weet wat gaan aan. Ek ook.

Daar sit ek toe. My selfoon en my girlfriend weg, en my brein heeltemal te fokken agterstevoor om 'n PVA uit te figure. Uiteindelik leen ek toe maar Apie se foon en maak reg om my nommer te kanselleer. Die bliksem gaan my nie uit my fokken free airtime uit cheat nie, skiem ek. Ek vat 'n diep asem en maak reg om met C for yourself te deal eenuur die oggend.

"Bel gou jou eie nommer, en check of hulle optel," reken Apie. Ek doen so. "Haai baby," kom die Prinses se sexy stem – nou nog sexier omdat sy bietjie uitasem is.
What the fuck?

"Wa' is jy? Wat het gebeur?" vra ek terwyl ek uit Mojito's uit strompel. Ek round die corner by Bloemstraat en gaan staan dan stil. Van Teazer's se kant af kom die Prinses afgestap, selfoon in die hand en about twintig mense agter haar. Sy word geflank deur twee car guards met neon borslappies aan. 'n Moerse fokken task force. Mense praat, wys, lag en spring in die lug.

Ek join die entourage en ons gaan terug Mojito's toe. Soos ons stap kom die storie uit: Die altyd-waaksame Prinses het gecheck toe die Laergraad student my selfoon grab. Sy's dadelik agterna en het hom actually ingehaal. Soos sy hardloop join mense toe en net oorkant Loopstraat (twee blokke op) corner hulle die bliksem.

Wat daarna met die bra gebeur het weet die Prinses nie. Terwyl "members of the community" hom vasgegryp het vir wat sekerlik net "vigilante justice" kan wees, het sy doodluiters nadergestaan en die selfoon uit sy quivering hande gegryp voor dit verdwyn het in 'n see van vuiste, bene, en ander liggame.

'n Klomp ouens skud my hand en wens my geluk met my girlfriend se sege. Ek betaal die car guards 'n geldjie – fok weet waarvoor, maar mens betaal hulle mos maar altyd – en luister na so ander dude wat my oortuig dat hy gehelp het maar dat hy nie my geld soek nie. Almal is impressed met die Prinses, ek die meeste, maar die ouens by Mojito's hou steeds vol dat laaste rounds wel verby is.

Ons gly na die volgende jol toe. Ek's minder gehinner want ek weet ek's veilig – die Prinses is by my jy check?.

griffinDie Prinses – ‘n dapper klein crime fightertjie

Gooi Comment