Lammies – Die eerste official reëls ooit. Swart op wit. Version 1.0

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Ek is al so fokken baiekeer ge-sucker punch deur mense wat skiem hulle maak uit van lammies. Dis gewoonlik dronk mense, dom mense, vriende of 'n mix tussen die drie. Jirre en laat jy net terugslaan dan is daar skielik ekstra reëls. Amper 'n tiep van Dumb & Dumber double-stampies-no-erasies scenario.

Dit moet stop maats. Nie die lammies nie, net die onkunde. Juis hieroor het ek besluit om die official reëls vir julle neer te lê vir in case iemand jou tune: "Waar is die official fokken reëls vir lammies?". Dan kan jy vir hom vertel om dit te gaan download en uit te print van die altemit Afreakaanse Websait in die heelal.

Moet my ook nie mail om die reëls aan te pas nie. As dit volgens jou nederige opinie anders behoort te wees, is dit te fokken laat. Sorry bra. Hierrie is soos daai twee kliptafels met al die mag-nie's wat ou Moses van die berg af gebring het. Bless his little heart. Die eerste stel reëls. Numero uno. That's it. Eerste geruik mag die gaatjie gebruik. Niks oorvattings nie. Jy is natuurlik welkom om jou eie reëls op jou eie website te publiseer, maar ongelukkig sal dit dieselfde effek hê as om 911 uit Nostrodamus se hol te ruk twee jaar na die geboue collapse het. Bietjie te laat.

Wat presies is 'n lammie?

'n Lammie my liewe vriende, is 'n vuishou wat poeshard op jou vriend/die dominee/jou pa/jou broer/et al se skouer (en slegs die skouer) toegedien word na die persoon uitgelok is om said lammie onwetend te aanvaar. Let wel: Lammies word slegs op skouers toegedien. Baie kinderagtig, dog baie doeltreffend.

Onwetend aanvaar? Vertel my meer!

Kom ons veronderstel jy is lus om iemand 'n shot op sy skouer te gee vir whatever rede, maar jy sal dit graag wil justify binne 'n stel vasgestelde official reëls (slegs beskikbaar op watkykjy).

Sit jou vingerpunte almal bymekaar asof jy daai faktap skaduwee diertjies maak, jy weet, daai simpel skaduwee diertjies wat jy altyd om die kampvuur gemaak het toe jy in die Voortrekkers was. Jou palm moet uitgestrek voor jou wees. En die "Voortrekker skaduwee volstruisie" wat jy met jou hande maak moet point na die persoon vir wie jy graag op die skouer wil bliksem.

Nie so hoog nie, my fok!

Let wel, as jy virre bra 'n lammie wys, maar dis bokant sy skouer, gaan jy kak optel china. Enige lammies wat jy vir iemand bokant sy skouer wys tel nie. In fact, dit tel teen jouself, want jy wou mos 'n fokken clown wees en toe backfire dit gruwelooslik. Persoonlik dink ek so 'n persoon moet in die toggos geskop word, maar kom ons hou by die official reëls: Indien jy iemand 'n lammie wys bokant sy skouer, skuld die persoon wie jy so wou naai jou 'n lammie.

Een lammie. Nie vyf nie, nie twee nie. Een. Indien jy 'n lammie bokant die ou se skouer wys EN hom 'n lammie gee voor hy sy bek kan rek, m.a.w jy is 'n skelm poes, is daardie persoon geregtig om jou TWEE lammies te gee. Een omdat jy 'n poes was om hom 'n lammie sonder rede te gee, en nog een omdat dit bokant die skouer was. Kom ouens, dis eenvoudige wiskunde. Bêre die financial calculators en gradeboë!

Lammies is vir skouers bedoel. Nie toggos, bobene, niere en tiete nie.

As iemand jou uitvang met 'n wettige lammie, vat jy dit alleenlik op jou skouer. However, as iemand jou uitvang met 'n wettige lammie en jou op jou bo-arm, toggos, niere of voorkop slaan, skuld jy hom VYF lammies:
 

  1. Nommer een omdat die ou 'n poes is.
  2. Nommer twee omdat hy weereens 'n cheap scaly ek-is-'n-poes shot geland het.
  3. Nommer drie omdat hy obviously nie weet watter deel van 'n persoon sy lyf sy skouer is nie. Net 'n vinnige note hieso: as jyself nie weet watter deel van 'n persoon se lyf sy skouer is nie, is jy fokken onnosel. Jy het wel basiese leesvaardighede, want jy kon sover darem bietjie lees wat hier geskryf is. Sterkte met die breinoorplanting.
  4. Nommer vier: Hy het hoogs waarskynlik jou drankie uitgepoes met sy aapstreke.
  5. Nommer vyf: Jy skuld hom obviously 'n lammie, nie waar nie?

But wait, there's more!

Wanneer iemand jou traai vang met 'n wettige lammie is dit maklik om dit af te weer. Sodra hy vir jou 'n lammie wys, maak 'n kringetjie met jou vingers – jou duim plus enige ander vinger/vingers en kyk deur die kringetjie vir die lammie.

Hoekom sê ek jou duim en enige ander vinger/vingers? Want dit gaan pretty fokken onmoontlik wees om bv 'n kringetjie te maak met jou pinkie en wysvinger en nog deur die pateties kringetjie te kyk in 'n kwessie van 'n splitsekonde. Dis baie belangrik om die bra se lammie te vang terwyl sy hand en vingers nog in die lammie posisie is. Dit help nie jy vang 'n oop palm nie. Dan vang jy fokkol. Maybe 'n verkoue at best twee dae later as dit toevallig fokken koud is en jou immunesisteem in sy fuck you in is.

Sou jy die lammie suskesvol met jou kringetjie eye, skuld jy die booswig EEN lammie. Sou dit byvoorbeeld 'n poging tot 'n lammie aanval bo jou skouer wees en jy eye dit met die kringetjie, revert jy na basic wiskunde: een omdat dit bo die skouer is en nog een omdat jy die lammie aanval immobilise het.

Die groot vyf

Vyf lammies word wel toegedien in sommige gevalle. Wanneer iemand jou wettiglik met 'n lammie traai vang (hersiening: onder die skouer vir jou wys en jy kyk daarvoor), kan jy fisies die lammie vang. Gryp sy vingers terwyl dit nog in die lammie posisie is asof jy 'n kakiebos sou gryp of vashou. Indien suksesvol, skuld jy die aanvaller 'n hele groot gruwelike vyf lammies. Hoekom vyf lammies? Dit gaan oor die moeilikheidsgraad. Dis moeiliker om iets te gryp as wat dit is om net daarna te kyk. As dit so maklik was het almal rondgeloop met Kerry McGreggors en dan het FHM fokkol prentjies gehad vir hulle skommie magazine.

Is daar 'n rewards program vir lammies?

Ja, actually in fact is daar 'n lammie rewards program. Jy kan jou lammies bank en jy hoef dit nie dadelik uit te deel nie. Solank albei partye konsensus het wat die saak betref en julle kan count hou van wie skuld vir vir wie wat en hoeveel. Ek het persoonlik 'n kollosale 85 lammies opgebou en dit net deur lammies fisies te vang.

Skipper Glen sou afgekak het by die watkykjy paartie, maar ek het diep ondersoek in my swart hart gaan doen en het besluit om die 85 lammies te skraap. 'n Goeie drie jaar van lammies vang down the drain I tells ya!

Wat van rekenaar en e-mail lammies?

Sure. Hou net by dit reëls. Jy kan byvoorbeeld jou hand in lammie posisie afneem en veertig copies daarvan in 'n Excel spreadsheet sit en vir jou baas mail as "Tuesday's Statistics". Maak net seker jy is teenwoordig wanneer hy dit oopmaak, sodat jy die veertig lammies kan toedien. As hy dit met 'n kringetjie eye, however, gaan jy een fokken seer skouer hê en dan gaan daai girlie wat jy so graag op die copier wil zaber terwyl jy afdrukke van haar ass maak nie meer van jou hou nie.

Enige ander diskresie verbonde aan die ekstreme sport van lammies?

Solank jy by die basiese official lammie reëls hou soos hierbo uiteengesit, behoort alles cool te wees. Jy is vry om enige iemand lammies toe te dien: jou ouma, meisies, mense in rolstoele, blinde mense, kinders ensovoorts ensovoorts. Dit hang maar van jouself af of jy 'n totale poes wil wees.

Print hierie reëls uit en plak dit bo-oor daai faktap "Why beer is better than women" poster in jou bar. Jy gaan dit definitief moet uitruk een of ander tyd om jou geheue te verfris of iemand te tune as hulle vra oor die official lammie reëls.

Hierdie post is 2 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 24,587 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinLammies – Die eerste official reëls ooit. Swart op wit. Version 1.0

Gooi Comment