Fight jy Zef style, of fight jy Shaolin style?

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Shaolins is cool mense. Hulle het sulke befokte guidelines om te volg en oefen vir jarrrrrre aaneen. Ek het so bietjie die guidelines deurgegaan en agtergekom dat zef mense hier en daar iets van hulle kan leer. Natuurlik het die swaard twee kante, so as jy dalk 'n Shaolin Monk is vir een of ander rede, sal jou riglyne jou meer van zef werfetters leer. Chekkityt!

Om so grasieus soos 'n kat te wees

Shaolin style: Jy moet ten alle tye sulke graceful bewegings soos 'n kat maak as jy fight. Ek neem aan kromrug trek en hare in die nek laat opstaan sal nie moerse help nie. Try eerder om heeltyd op jou voete te land, sou jy gebliksem word.

Zef style: Loop by die kroeg uit, skiet 'n kat en word gebliksem omdat jy kromrug trek voor iemand se GTi.

Wees so aggresief soos 'n tier

Shaolin style: Die china's (sorry vir die pun) reken lat die tier aggressie en moed personifiseer. Beweeg vinnig, duck vinnig, suss die storie uit en bliksem hard en reguit. Jou moed gaan in 'n mate besluit of jou lyf die res kan hanteer.

Zef style: Die aggressie is definitief daar. Die tier is op die dashboard. O ja, en daar hang 'n fuzzy dice aan die spieëltjie. Lek-ker!

Trap soos 'n draak

Shaolin style: Gaan check bietjie jou sneeudier se duur porselein uit wat sy net uithaal vir huisbesoek. Dit het sulke prentjies van drake op. In China is die draak 'n simbool van krag en sterkte. Move met krag. Jou lyf beweeg met elke tree. As een tree stop, stop jou lyf. Dit beteken nie jou arms moet saam met jou bene beweeg soos 'n fokken stokman nie. Jy is nie nou besig met kadette nie jou blinking kanaalbaber!

Zef style: Daar is so prentjie op jou borskas van 'n draak in drie dowwe kleure: blou, groen en swart. Ô-ô! Iemand het oor die buitelyne ingekleur… Lek-ker! Lekker tjoekie se inkleurboek! Dit beteken heel moontlik dat die taxpayers vir so paar jaar vir jou bord kos en Kool-Aid betaal het terwyl jou kamermaat jou 'n "slow puncture" gegee het. Hou moed china, trap soos die draak!

Wees soos weerlig

Shaolin style: Jou houe moet soos weerlig val. Nee sorry, actually Vinniger as wat Zim se ekonomie val. Jy moet self nie eers jou vuiste kan sien nie, en waar hulle val, moet jy hulle ook nie kan voel nie.

Zef style: Jy het 'n moerse slapgat Skyline twee liter ge-dropte suspension. Jy klim deur die sunroof in want jou deure aan die kante is toe ge-smooth lat dit nie fok met jou R6000 weerligstraal paintjob nie. tZt!

Skree soos 'n donderstorm

Shaolin style: 'n Kragtige oorfluiter behoort hand aand hand te gaan met 'n genoegsame kreet. Iets kort sal doen, so dink terug aan jou karate dae toe jy so moes tel en stuff in Japanees. Jy kan even "KIA!" skree. As jy dit met styl doen sal niemand vermoed dat jy eintlik hunker na die skoonfamilie se sedan nie.

Zef style: "My ma se fokken waaaat?!!!" en dis net poesklappe left right en centre. Jou cronie probeer handjie bysit maar haal jou per ongeluk uit met 'n geroeste loodpyp.

Beweeg soos 'n rukwind

Shaolin style: Basically moet jy heen en weer pluk soos 'n rukwind. Laat jou vuiste agter jou lyf aanbeweeg. Dink daaraan op hierdie faktap manier: Die vuiste is sigbaar, maar die aanval is onsigbaar. As jy nie jou vuiste die vyand sien slaan nie, sal jy nooit die vyand sien nie. Lees dit weer so paar keer. Dit moet een of ander tyd sin maak.

Zef style: "…hmm…lat ek sien…as jou vuiste…nee wag…as die vyand…" Gwa-clang! Six-love-six-love. Skool, en therefore basiese leesvaardighede was so te sê verniet regoor SA in die 80's.

Om te klou soos 'n spyker

Shaolin style: Wees teen alle tye vas op jou voete. Hierie Shaolins is ook maar lekker vol kak, skiem julle, maar onthou: Jy moet ten alle tye al hierdie reëls gelyktydig toepas. Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie. As dit so maklik was sou die hele Boksburg, V-Town en Snor City vol van hierie dudes gewees het. Only a select few, my gabbas. The chosen ones.

Zef style: Fair enough, dit kan gedoen word. Om te bly staan tot die laaste shot jou aarde toe bring. Staan op en doen al elf gelyktydig. Shaolin of Zef style. Actually, op hierdie stadium lyk dit half moeiliker om al elf reëls gelyktydig Zef style toe te pas. Skyline twee-liters met ge-smoofde deure en weerligstrale is amper net so skaars soos Shaolin Monks.

Wees so swaar soos 'n berg

Shaolin style: Amper soos die vorige reël, maar met 'n bietjie van 'n twist. Jy moenie gemove kan word nie. Twee belangrike oefeninge hieso is "mabu" en "pole standing". Eersgenoemde verwys na 'n oefening waar jy basically staan asof jy 'n moerse Harley ry en pole standing is daai excercise wat julle al so baie in flieks gesien het waar die kaalkop ouens so in hulle pajakkies staan en mediteer op pale en mekaar later bliksem. Hierie oefeninge gee jou sterk voete (om beter te kan skop my kind) en reguleer asemhaling (nee, nie wanneer jy anonieme nommers bel en asem haal soos 'n wynsak wat afblaas nie).

Zef style: Swaar soos 'n berg? No problem. In fact so swaar lat jy nie eers jou eie toggos in die stort kan sien nie. Bring die chips en brannas, McGuyver wys op die Series Channel by die bure.

Om so lig te wees soos 'n gans wat sweef en duik

Shaolin style: OK, what die kaalkoppies met hierie enetjie bedoel is dat jy jou enemy se moves moet kan anticipate, soos wat 'n gans sweef en dip soos die wind hom vat. Hierie fokken Shaolins darem. Ek skiem hulle kon 'n beter frase uitgedink het. Kites is ligter as ganse. En ek is seker daar is meer kites in die lug met Chinese nuwe jaar as wat daar ganse is. Kom, tel die kites… Baie huh? OK, tel nou die ganse. Hoeveel sien jy? Fokkol? Het so gedink, ja.

Zef style: Vir een of ander rede kom Annelie Van Rooyen se "Sweet soos ou Arend" to mind. Dis mos daai musiek waarmee die ouens hulleself opref voor fights as die knuckles so wit klou om die three-spoke steering wheels. Dit en daai compilations soos "Voorvel Vastrap Volume 5". Jirre, geen sub-woofer hoef so 'n marteling gesit te word nie.

Om so sag soos katoen te wees

Shaolin style: Nie katoen soos daai simpel hemde wat jy aantrek graft toe nie. Katoen soos in before-before time. Katoen word gepluk van plante af, nie gemaak in fabrieke in die Ooste deur vyfjarige kinnertjies nie. Die Shaolies reken dat jy moet sag wees voor jy al jou energie konsentreer om in 'n splitsekonde hard te wees en uit te strike (en dan nog al die ander fokken reëls gelyktydig toe te pas). Fokken heavy moeilik. Try dit bietjie.

Zef style: Om wakker te word met 'n kop wat sag gebliksem/gedrink of altwee is en die binnekant van jou mond is so lekker wollerig soos katoen van die before-before time. Nie so moeilik soos Shaolin style nie. Try dit bietjie?

Om so hard soos yster te wees

Shaolin style: Sien, dit maak mos nou sin. Om so hard soos yster te wees net na jy so sag soos katoen was. Lekker reg om te strike en alles gelyktydig te doen en niks te vergeet nie en so vir 40 jaar te oefen lat jy so een van 30 mense op die aarde kan wees wat dit kan doen.

Zef style: Slaan hom met die yster tot hy luister. Try om so paar goed te onhou lat jy nie loodpyp teen die kleinbrein kry nie (daai groot area reg bokant jou nek – as jy 'n nek het).

griffinFight jy Zef style, of fight jy Shaolin style?

Gooi Comment