Vleisdas se Nuuskas: Tuisnywerheid tannies reis vir liefdadigheid

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Llundudno, Weskaap

Tuisnywerheid tannies. Jy het hulle al baie gesien in versteekte klein onbenullige winkelsentrums langs bloemiste, melk- en sapwinkels en destyds se Trustbank. Maar die tannies het besluit om los te breek van die sterotipering en naam en besigheid vir hulleself te maak. Alles in die naam vir liefdadigheid…

Sowat 10 tuisnywerheid tannies van klein afgeleë dorpies het mekaar so paar jaar terug ontmoet in kletskamers op die internet. Hulle kon resepte uitruil, kla oor hulle mans wat stink sokkies orals los en die kinders wat die bure se hond met klippe gooi en so het ‘n hegte band gevorm. Saam-saam het hulle beplan aan ‘n wegbreek vakansie in die Kaap en het onder hulleself besluit om drie van die mees winsgewende tuisnywerhede onder hulle te verkoop om sodoende die legendaries reis te kan bekostig.

Eers sou dit net ‘n gewone wegbreek wees, maar Betsie Boeppoes het met ‘n blink plan vorendag gekom: om koek te bak op die strand vir liefdadigheid. Haar vriendinne was gaande oor die idee. Na hulle ‘n konserwatiewe begroting uitgewerk het, is hulle fort na Llundudno se strand, elk bewapen met twee bottels vodka, sonbrand room, ‘n strandhoed en bikini’s.

Dis hier waar WKJ in die groep dames vasgeloop het, naak en dronk op die strand. ‘n Besope Betsie, die meesterbrein kan mens sê, het ons die inside scoop gegee: “Dis so fokken maklik! Al wat ons doen is om al ons klere uit te trek, die strandhoedens lang ons te sit en op ons rue te lê. Dan bak ons koek. Ons kan vir ure hier lê en koek bak!” Blykbaar word die sonbrand olie aangewend op strategiese plekke: “Ek het nog nooit ‘n fokken koek gebrand nie, en ek beplan om dit so te hou! Hahaha!”

Die ander dames het hulle pette by hulle voete neergesit waar strandgangers ‘n donasie kan los. Langs die hoede is daar ‘n klein advertensiebord staangemaak met die woorde “Drop ‘n rand, hierie koek sal nooit brand”. Op die vraag of hierdie die regte bestanddele vir liefdadigheid is was Bettie vinnig om onsamehangend te antoord: “Geld is geld my maat. Party mense sê fighting for freedom is like fucking for virginity… Gerda! Draai daaso, jy gaan jou koek brand. Hahaha!”

Ander strandgangers is klaarblyklik nie ‘n probleem vir die groep koeke nie. Bettie slur voort: “Hulle kan kyk maar hulle mag nie vat nie. Helfte van die mans in die Kaap gaan in elk geval tekere soos meisies of probeer meisies wees, so ons het regtig niks om oor te bekommer nie. Ons samel geld in vir charity, my tjom. As die volk honger is, gee hulle koek. The proof is in the pudding! WHAWHAHWA!!”

Ouers van Brakpan was die josie in omdat die vrouens hulleself so blootstel aan kinders: “Gawie moet nou oogdruppels kry en sterk sonbrille dra. Hierdie vrouens het geen benul wat hulle aan hulle medemens doen nie. Hulle was so wit gewees van al daardie jare se wegkruip in die tuisnywerheid krotte dat my man ‘n welding helmet moes opsit toe hy vir die kinders gaan roomys koop het. Ek weet van van drie mense wat nou retina oorplantings moet kry! Dis nou bietjie beter omdat hulle bruiner is, maar dis die prinsiep wat tel dêmmit!”

Helaas het die tien gebakte koeke gerys en verdwyn. ‘n Plaaslike welsynsorganisasie het later berig dat hulle ‘n bedrag van R2500 ontvang het van tien erg verbrande dames wat soos Germiston stasie geruik het. Hulle wou blykbaar anoniem bly en het soos krappe geloop.

Deel met jou tjommies!

    griffinVleisdas se Nuuskas: Tuisnywerheid tannies reis vir liefdadigheid

    Gooi Comment