Vleisdas se nuuskas: BMW – quite possibly die zefste kar uit

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Superdeluxe3000

Hierdie nuus pas in. ‘n Onlangse studie deur die onafhanklike outoriteit op zef, www.watkykjy.co.za, het bevind dat BMW die zefste motor ter wereld is. Soos meeste van ons weet behoort hierdie akkolade al ‘n geruime tyd aan Ford maar dit het onder ons aandag gekom dat BMW op Maandag, 12 Desember omstreeks 15:00 vir Ford verbygesteek het.

‘n Groot hoedanigheid van BMW bestuurders regoor die land was duidelik verontwaardig deur die nuus omdat dit net bevestig het wat ons almal reeds geweet het – rykgatte kan ook zef poese wees. ‘n Groep BMW-eienaars in die Kaap was verlede naweek aangekeer nadat hulle donuts in die Watkykjy parkeerterrein gemaak het en “Jou ma se poes” teen die mure gespraypaint het.

Een van die vermeende vandaliste het weggekom maar is later gemerk in die Kaapstad suburb van Tamboerskloof waar hy sy tienerdogter in ‘n Von Dutch t-hemp na skool opgelaai het, by Woolworths gestop het, ‘n sixpack Smirnoff Ices gekoop het, en later in sy gated-community drive-way voor sy oranje Tos-Afrikaanse huis gearresteer is. Sy naam kan nie op hierdie stadium bekend gemaak word nie maar ons kan wel sê dat, hy Virgin-Active-gespierd is en baie haarprodukte dra. Sy vriende ken hom as Kevin en hy tip gewoonlik nie die parking attendants by Clifton nie.

Professor PK Koekemoer van die Instituut van Zef wat insae tot die verslag gelewer het, sê die volgende: “Wat ons veral opgeval het van die studie se uitslae was dat die gootendeelse meerderheid BMW drywers wit en Engelssprekend is. En dit bevestig natuurlik ons vermoede dat hierdie groep van die populasie een van die zefste groepe in Suid-Afrika is. Dit ten spyte van al die Afrikaanse dose wat hulle titel probeer verdedig het met die launch van “Praat Afrikaans of hou jou bek” t-shirts.”

Bayerische Motoren Werke is vandag ‘n Duitse maatskappy met minder klas as ‘n Wolmer wat kouse by sy plakkies dra. Dis nie meer cool om ‘n Beemer te besit nie – iets wat meeste van ons vir ‘n geruime tyd al vermoed. Dit was ook bekendgemaak dat die Z3, of soos hy vandag bekendstaan, die Zef3, die grootste bemarkingsfoefie in die geskiedenis van die motorbedryf was. As jy een van die etters is, man of vrou, wat ‘n paar jaar terug hiervoor geval het… vir dom is daar nie pille nie. Die Zef3 is al ‘n geruime tydjie ‘n in-joke onder Ford-bestuurders wat vermeen die kar lyk soos ‘n Wham! musiekvideo – hella gay.

Prof Koekemoer het met die volgende advies die verslag beëindig: “As jy ‘n BMW besit of weet van iemand wat een besit – is daar ‘n tolvrye nommer (0800-ok-ma-lekka-zef) wat jy kan skakel vir hulp. Hulp kom op verskeie maniere – van advies oor “Choosing a zef neighbourhood to go with your BMW” (skielik is property in Danville die hoogtes in), tot ‘n reeks self-help tapes wat jy kan bestel getiteld “Zef and the art of owning a BMW” oor hoe om vrede te maak en een te word met jou zefgeid. Die telefoonoperateurs is almal voormalige BMW eienaars wat weet waar deur jy gaan – hulle was ook eens op ‘n tyd direkteure met hulle eie besighede en was kompleet poese – maar hulle is nou almal gerehabiliteer en werk in ons call-centre. Onthou dis maklik om zef te wees, nie altyd so maklik om dit te erken nie.”

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Vleisdas se nuuskas: BMW – quite possibly die zefste kar uit

    Gooi Comment