Terug na Spuitieland – Deel twee (Daar ver in Spuitieland)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

“Ag shame, you ate the garnish as well?” sê die Britse koffieflossie vir my. Damn right ek het. Ek was poeshonger. “Would you like some more food?” Amper tune ek haar “Het Barbie ‘n plastic poes?” maar knik net instemmend en sy bring nog ‘n bord vliegtuig hoender. Die garnish het weer gekak. Later kry ek ‘n koerant ook, maar die nuus is maar grim en ek check bietjie die in-flight entertainment uit. “War of The Worlds – contains scenes of plane wreckage which might upset some passengers”. HAHAHA, ek weet van watter deel hulle praat. Daai fokken Tom Cruise darem. Nou kan ek nie eers onthou wat ek gekyk het nie. Kom ons check… twee bottels wyn, ‘n whiskey, twee biere, ‘n Bloody Mary… Nee fok, ek kan nie onthou watter fliek ek gekyk het nie. Moes seker kak boring gewees het.

Net voor twee die middag begin ons descend om op Lagos te land. Ek sê spesifiek op Lagos, want smaak my dis deesdae die nuwe trend hieso. Daai vliegtuig wat so paar weke terug geval het, het op Lagos geval. Ek was al ‘n paar keer op daai outjie en ons het so twee jaar terug amper op Lagos op ‘n ander vliegtuig geland. Almal het so “Jesus Christ!” en goed geskree, maar ons het al oor daai enetjie gepraat. Rus in vrede vliegtuigie, met jou vlieg ons nie meer. Die vliegtuig maak so paar draaie en ons land about veertig minute later. Passport control is ‘n breeze – seker omdat die vlug so leeg was. Gewoonlik is dit ‘n bakleiery en mense try geld vat en fout vind met die paspoorte. Dis maklik om met myne fout te vind. My foto is in 1999 geneem en ek lyk soos ‘n bliksemse langhaar skaap op cheap drugs.

Kry toe my tas op die conveyor belt. Ja, fokken lekker! Is mos op die vliegtuig, nê SA dude wat vir Virgin werk. Mos. Blerrie doos. Hier begin die lang wag. Vier ure voor ek my connecting flight Abuja toe klap. Ek het drie pakkies Nik Naks en ‘n botteltjie Energade. Dit hou my die beste van ‘n halfuur. Een of ander dude van SA wat wag om huistoe te vlieg begin small talk maak. Ek wys vir hom hoe amusant ek sy geselskap vind deur my laptop aan te sit en Free Cell te speel. Dis ‘n eerste vir my. Fok weet of gee om hoe die game werk. Kaarte move so rond as jy op stuff click. Great. Bill Gates is ‘n poes. Dit bou darem ‘n muur tussen my en Meneer Vervelig SA 2005/6/7.

Dit vat nie lank nie voor alles in my onmiddelike omgewing, insluitend ekself my begin te verveel en irriteer. Loop toe maar oor na die food kiosk of whatever hulle die vuil staal gedoente noem, strike ‘n Lucky op en bestel ‘n bier. ‘n Lekker grote. ‘n Star. Hier teen die derde een loop ek vas in ou pel en ons begin kak te praat. Die tyd gaan vinniger verby en uiteindelik is dit tyd om te board. Dis basically ‘n Kaapstad – Jo’burg vlug. Die so-called snacks is net tien keer kakker.

Ons land sonder enige wahala, kry my tas vinniger as gewoonlik en loop by die gebou uit. Gelukkig ken ek die drywer wat die graft gestuur het, want hy staan soos ‘n soutpilaar vir my en wag met ‘n bordjie met die verkeerde naam op. Ja jong, die ou wie jy soek land eers Sondag, maar whatever bra, kom ons duik. Ons is skaars 10k’s buite die aiport toe die tyre poep. Dis nou vir jou fokken precious. Die boskonte het een van daai selotape spykerbomme voor die kar gegooi. Fokol flatrun of runflat pappa. Daar is nie ‘n manier dat ek my 17 t-shirts en twee jeans vir bos booswigte gaan gee nie. Dis blykbaar ‘n algemene ding op hierie dodgy stretch waar die poeste spykerbomme voor die karre gooi en mense aanval met whatever hulle aan hulleself dra om jou belongings te dief. Gelukkig maak bra drywer uit wat aangaan en ons ry nog so drie km aan op die rim. Hy ry ook nie stadiger nie. Mens sou dink mens moet, maar hy doen nie. Hoe ronder hoe rol en hoe tyre omruil, hoe doodgaan. Dit vat ons ‘n halfuur om die bliksemse band te ruil sonder ‘n fokken flits of fokol. Eventually kom ek poesmoeg en vuil by my apartment aan en gaan pass uit op ‘n bed sonder sheets.

Die volgende dag het ek ‘n mission na die mark toe gemaak om my karige uitrustings aan te vul en Nokia nommer 40 te koop. ‘n Dooskop het mos myne uit my broeksak gesteel in SA. Mos. Dis fokken warm en oudergewoonte baklei en stry ek oor pryse, sê herhaaldelik vir ‘n bra wat agter my aansuiker met ‘n kruiwa om asseblief, for the love of god, te fokof, vra al vierhonderd ouens wat agter my aanloop en belts te try smous om te verdwyn en probeer terselfde tyd om nie te veel asem te haal as ek verby die stands met gedroogde slakke en vis loop nie. Na al die gemission het ek darem ekstra klere: twee langroeke, twee kortbroeke, twee skoene en twee shirts.

Die res van die naweek was ‘n moerse gekuiery by die Duitsers se jaareind funksie. Dieselfde een waar ek twee jaar terug weggejaag en verban is. Ek kan miskien nie Duits praat nie, maar ek en hulle bier praat dieselfde taal. Wazaaaaap!

Maandag breek aan met ‘n hangover en ek moet regmaak vir werk. Aah, my nuwe broek! Bietjie iets anders as twee jeanpants. Die knope maak verkeerd om vas. Vreemd, skiem ek, maak meisies se broeke nie so om oop en toe nie? En is my toggos veronderstel om so ge-squash te word? Hoekom steek my pubes aan die bo-kant uit as ek die broek aanhet? O ja, ek sien. Ek het ‘n fokken meisie hipster broek gekoop. Lekker nie die fokken goed uitcheck wat ek koop nie! Ja wat, weer aan met die fokken Levi’s. Weereens. Darem kan ek die nuwe skoene en ‘n semi-oraait hemp dra. O ja, en my hangover sit ook nogal netjies op my kop. So ja!

Ek sssss! ‘n taxi om te stop sodat werk toe kan mission. Dit werk nie so lekker uit met die eerste probeerslag nie. Die ou gooi ‘n u-turn sonder om links of regs te kyk en ‘n bike strike sy kar se snawel. Die motorfiets ou moer so oor die bonnet en aan die ander kant van die kar af, maar hy en sy bike lyk my is oraait. Die taximan vra my waantoe ek wil gaan. “Are you fucking crazy?” vra ek. “Go apologise to that man. There’s no fucking way I’m driving with you!” Ek flag die volgende kar af en ons stry eers oor die prys en ek wen soos gewoonlik. Soos ons wegry check ek hoe die mense op mekaar begin skree. Daar is altyd ‘n geskree. In SA is dit poesklappe. In Spuitieland is dit idle threats.

So twee blokke van die werk af moet ons stop dat ek kan uitklim, want daar is weer een of ander politieke sirkus aan die gang en dis net polisie en AK’s orals en fokol karre mag nêrens heen gaan nie. Een of ander drommel aan die oorkant van die pad oortree een of ander belaglike reël. ‘n Voorbeeld van ‘n belaglike reel: Jou kar moet toegerus wees met ‘n brandblusser, anders is dit tjoekie toe met jou vir so vyf ure en so paar duisend skille aan bribe geld. Nice. Anyway, ek weet nie wat hierie china verkeerd gedoen het nie, maar die outjies met die AK’s het eers so bietjie Simon Says met hom gespeel. Simon Says hou jou ore vas en hop soos ‘n padda op en af in die straat tussen twee soldate met AK’s tot jou eie embarrassment en ander mense se entertainment. Nee, hop nog. Jou tong hang nog nie uit nie.

By die werk vertel ek eers almal van die paddaman in die straat af en my faktap girlie hipster pant. Die Franse baas sien die hele storie as ek wat bietjie laat by die werk is “because you dressed like a woman this morning.” Ja jong. En ek het al klaar vergeet van die trok wat omgebliksem het langs die pad oppad werk toe. Mens raak so gewoond aan aan al hierie unusual kak. Daar ver in Spuitieland.

griffinTerug na Spuitieland – Deel twee (Daar ver in Spuitieland)

Gooi Comment