Terug na Spuitieland – Deel een (Suid Afrika)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Na drie maande se vakansie slash debauchery en binge drinking in Suid-Afrika sit en sweet ons weer ons holle los in Rrrtgerië. Home away from home soos ons hom nou al leer ken het. Elke keer kamtig die laaste keer wat ons terugkom. Ja fokken right! Laaste keer my fokken padkaart deep blue eyes.

Die laaste paar dae voor my departure uit SA was soos dit maar altyd is, effens besig. Hierie keer het ons die naweek so bietjie extend van die Vrydag tot die volgende Woensdag. So ou laaste loopdoppie saam met brekfis sal mos nie seermaak nie of hoe? Net jammer die brekfis het bietjie sy tyd gevat, want terwyl ons gewag het, het ek en die bra’s maar so paar Jagermeisters, biere en ‘n blerrie merrie of twee deur die slukpyp gejaag. Eventually was dit tyd om te duik hier teen lunchtyd se kant en met die uitreverse met my fokken low-rider haak ek die kazospyp dat sy nek moers-af breek. Al wat mens in so geval kan doen is maar om so half-dronk tussen trane van lag maar net huistoe te fok met ‘n monsterpoep kar wat klink soos ‘n contest vir 50 warmgemaakte Harley Davidson’s. Vir 400 meter in elk geval – tot die polisie jou signal om af te trek.

Af te trek vir wat?

Waar is jou bestuurslisensie? (Gesteel in Nigeria saam met my ander kak.) Waar is jou spieëltjie? (afgebreek deur een of ander poes.) Jou kar liksens het verval! (vertel my iets wat ek nie weet nie.) Hoeveel het jy gedrink? (Genoeg om ‘n ongevraagde oopmondholmuf in die tjoekie te kry vanaand.) Jy dra nie ‘n seatbelt nie! (oops, het van daai enetjie vergeet.) Daar lê dan nog ‘n ticket op die vloer? (Daai enetjie is darem net vir parking).

Ek traai met die ou redeneer, want dit raak nou tyd om die gevreesde pypie te blaas en my kar te haak en weg te sleep. “Nee bra, jy kan nie my kar wegvat nie, ek vlieg oormore en moet nog ‘n klomp goed uitsorteer en kan nie reëlings tref nie. Veral nie as ek tronk toe gaan nie. Die ou insist op blaas en kar wegvat. Ek pleit vir my lewe en moet op die ou end saam met hom oor die pad stap na die ander cops toe waar die china begin skryf in sy groot boek. Wanneer so iets gebeur, is dit raadsaam om so paar meter weg van die ander ouens af te staan en net uit te asem as jy jou Lucky Strike se rook uitblaas.

(Intussen probeer my tjommie die hele gemors met my video kamera afneem van oorkant die pad waar sy staan en wag, maar ek is bly sy was ook bietjie half geblaas en kon nie die ding mooi operate nie.)

Oom polisieman en ek loop toe weer terug na my kar toe. Hy rustig, ek raadop, dronk en verboureerd soos ‘n SPCA kat voor hy “plaas toe gaan”. Ek begin weer die Nigerië storie te spin en wys even vir die bra my vliegkaartjie. Wat meer kan mens doen? Enter buddie. Sy crack ‘n joke oor dwelms en Nigerië toe die ou vra dat ek die kar se boot moet oopmaak. Vir die eerste keer ontspan die bra bietjie en sy gesels verder hom. My hol aan die ander kant was nog steeds stywer getrek as Kournikova se raket se snare.

En daar was lig. Vir een of ander miraculous rede handig die polisieman my ‘n fine vir R500, waarsku my om die kar in orde te kry, nie geswaai te raak nie en te waai. Ek poep van verligting toe my boude ontspan. Een van daai silent poepe. As dit nie vir my tjommie was nie, was ek nou nog in kakstraat. Verskriklik fokken dankie. Ek skuld jou ‘n grote.

Van daar af klim ons terug in die tjor en ry weg met ‘n oordonderende gebulder. As ek reg onthou, was dit afgespreek om twee blokke verder eers uit te bars van die lag. Ek mag moontlik weer gepoep het. Die dag het verder normaal verloop, behalwe vir die oggend se hangovers wat ons ingehaal het en my foon wat uit my broeksak gesteel is. The small prices we pay for the greater things in life…

Die volgende aand is daar so paar rustige farewell drinks gedrink en baai gesê vir die wat wou baai sê en ek het net voor uitpass tyd my tas dronk gepak. Nogal spyt dat ek my geel kaart met al die siektes, peste en kak waarvoor ek ingespuit is by die huis vergeet het, maar spuit kom mos altyd te laat. In fact, spuit word in my arm gedruk as ek weer in Jo’burg land en my skouers optrek as hulle vra vir die fokken ding. Fokkit tog… O ja, die tas – ek skiem nie twee jeans en ‘n paar camo’s gaan my drie maande hou nie. Lekker fokken blaaint. Dank vader ek het darem drie pare kouse en 17 t-shirts ingepak. Dis nou vir jou fokken pragtig…

So ses dertig die volgende oggend drop my pel se chick my by die lughawe (skuld jou ook ‘n grote) en ek gaan boek my twee jeans, 17 t-shirts en drie pare kouse in. Ek vlieg Virgin en die dude by die counter vra my of hy my tas sommer reguit Abuja toe moet deurboek. “Whatever dude,” tune ek die bra, “chances are it won’t happen. I know what happens on the other side.” Verontwaardig kyk hy my aan: “Sir, I guarantee you it will go through to Abuja if I book it through now.”

* SO IN DIE TOEKOMS IN, 9 URE LATER – LAGOS *

Hmmm, ja ek sien. Lekker kry ek my tas so toevallig op die conveyor belt in Lagos en dis nie in die vliegtuig se pens nie, jou blerrie haas wat oopoog vir almal sit en lieg in Jo’burg! Fokken nool. Ek kan fokken bly wees ek het maar ‘n oog kom gooi by die belt.

* SO TERUG NA DIE PRESENT, DAAI TYD – JO’BURG*

“OK bra, book it through for Abuja. Obviously you know your job,” tune ek die ou.

‘n Uur of wat later gaan staan ek by die boarding gate. Ek check die moerse airbus waarmee ons Rrrrtgerië toe gaan vlieg deur die venster. By die boarding gate is daar so veertig mense wat rondstaan. Turns out dit is toe Virgin se inaugural flight na Nigerië. Champagne bottels word gepop en ek word ‘n glas in die hand gestop. So word grifF toe die heel eerste mens in die hele wêreld ooit om met Virgin na Nigerië toe te vlieg. Ooit. Dis klaar op my CV.

Mission toe maar so met die glas in die hand op die aerie. Die bra wat my tasse deurgebook het weet ook fokken wragtig nie wat hy doen nie. Al wat ek wou gehad het, was ‘n fokken window seat, toe moes ek maar tevrede wees met business class. Ek en die enigste ander ou wat business class gevlieg het. Daar was een bra in Upper-ons-gee-handverliging-ook class en die ander odd dertig mense in peasant class of whatever de fok hulle dit noem. Britte is mos bietjie faktap partykeer.

Ons styg op en fok weg van die son af. Weste toe. Home away from home…

Deel met jou tjommies!

    griffinTerug na Spuitieland – Deel een (Suid Afrika)

    Gooi Comment