Ope brief aan MTN

In Kak companies deur griffin1 Eiertjies

Liewe MTN,

Ek is moeg vir julle. Ek is in fact so moeg vir julle dat ek gou moet gaan slaap.

– 2 ure later –

Hi MTN, ek is terug, maar ek is nog steeds moeg vir julle. Die slaap het nie gehelp nie. Ek sal graag weer wil gaan slaap, maar twee ure powernaps 12 uur die middag is al klaar besig om my biorhythms op te fok. Julle is sleg vir my gesondheid.

Ek is al vir langer as vyf jaar by julle en het myself verlede Desember weer vasgeteken vir nog twee jaar. Julle het my weer aan die ballas beet vir nog ‘n jaar, maar julle is besig om my ballas slapper vas te hou. Ek kan al amper weer in ‘n gewone stem praat oor julle fokken duur netwerk. Omdat julle nie op my talle briewe respond wat ek op julle website los nie, het ek maar belsuit om ‘n brief op ons eie website te los. Natuurlik verwag ek glad nie ‘n response van julle af nie, miskien net van ander mense wie se ballas omtrent dieselfde skakering pers as myne gedruk is.

Oor die afgelope meer as vyf jaar het ek al gesukkel met alles van verkeerde billing, connections wat verkeerdelik gestop is, roaming wat nie aangesit is nie tot SIM-swops wat gewoonlik ‘n fokop is en wat nog alles.

Uit al die gesukkel en gekerm is daar egter een incident wat ek graag wil aanpreek. My foon is uit my broeksak gesteel op 24 November 2005. Huh? Uit die broeksak? Daai ou was fokken goed. Sommer so uit die broeksak uit. Nooit ou! Obviously is dit niemand behalwe die doos wat dit gesteel het se skuld nie. Ek gebruik my foon nogal fokken baie soos julle op my rekening sal sien en het omtrent vyf minute na die foon gesteel is agtergekom die fokken ding is weg.

Onmiddelik het ek julle 808 nommer gebel van my buddie se foon af. Sy is ook by MTN. Miskien kan julle vir my verduidelik hoe die 808 nommer werk. Dis mos ‘n diens wat julle lewer om onder andere mens se simkaart te blok sodat diewe en moerskonte fokol met die simkaart kan doen. Dit is nie dalk ‘n dringende, noodsaaklike diens nie, is dit? Keyword hieso is diens. Hou asseblief by, ek weet dis warm en julle wil eerder swem, eende voer en roomys eet as om te werk.

Van haar selfoon af moes ek aanhou vir 15 minute en na daai gefokken-fluitery van ‘n theme tune luister. Die song reken “hello-hello-hello” so deur die fluitery, maar niemand tel donners op nie. Kort-kort bel ek na my selfoon toe van my landline af net om daai busy ringtone te kry, jy weet, daai een as jy iemand op hold sit. Die doos wat my foon het, het onmiddelik op die bliksemse ding begin bel. Na 15 minute se gesukkel van my tjommie se selfoon af het ek my nege bladsy rekening (wat altyd stiptelik betaal word) nadergesleep en die 1-083-808 nommer probeer. Ek neem aan dis dieselfde patetiese lyn as die 808 wat jy van jou cell af bel. Nog ge-fokken fluitery en “hello-hello-hello” in my ore gevolg deur apologies elke 30 sekondes oor die lyn so moerse traffic en kak ophet.

Uiteindelik na nog 40 minute is my oproep deurgesit na een of ander persoon wat begin met “Yello”gevolg deur haar naam en dan haar standaard MTN line wat sy verplig word om te gooi. Jirre ouens, moet julle staff ook nou klink soos julle touchtone voice prompts huh? Kom ons maak alles robotte. Kry sommer robotte wat fluit ook en maak hulle staan voor julle hoofkantoor se deur. Trek vir hulle baadjies en caps aan. Sulke lekker geel baadjies en caps. Lek-ker! Ek gee die tannie al my details en sy verify dit. En toe tune ek haar ook sommer ook dat ek nie vir die afgelope uur se selfoonoproepe op my rekening gaan betaal nie omdat MTN se 808 diensnommer ‘n fokken farce is in plaas van ‘n noodsaaklike diens. Julle neem mos oproepe op. Gaan check bietjie 24 November s’n. Julle sal myne daaso kry.

Die feit dat julle moerse call trafic het na die call centre is ongelukkig nie my probleem nie. Dit bring glad nie ‘n traan na my oog toe nie. Die wêreld se kleinste viooltije speel vir julle. Ek het nie vir julle gesê om al die geld wat julle uit ons en die res van Afrika maak in Iran te gaan verkwansel nie. Is dit hoekom die diens kakker word? Het julle nou minder mense wat in die call centre werk of wat? Lekker Iran toe gaan hoor. Gaan sommer Egipte toe ook.

O ja, en dankie vir die billing SMS wat ek in November gekry het. Dis so gaaf van julle om my te laat weet dat R1800 van my rekening sal afgaan. Dit was moerse nice. Regtig. Nou kan ek budget. Kies julle random customers so elke paar mande of wat? Dis die eerste billing SMS wat ek gekry het sedert julle B-Clear uitgekoop het. O ja, en especially dankie vir die billing SMS wat ek NIE in Januarie ge-fokken kry het nie. Mens sou dink dat ‘n rekening van oor die R4000 dalk ‘n SMS werd sou wees.

‘n Groot probleem wat meeste mense het met selfoon service providers is dat hulle graag hulle nommers wil hou en dus nie oorskuif na ander outjies toe nie. Ek wil ook graag my nommer hou. Ek is nie lus om 250 SMS’e uit te stuur na almal toe met my nuwe nommer nie. Dis onnodig. Kom ons hoop dat ICASA hulle way kry sodat ek my 083 nommer kan hou en oorskuif na ‘n ander service provider toe. As almal rondskuif met hulle eie nommers sal service providers ‘n meer gelyke kans hê om te kompeteer om ‘n beter diens te lewer en ons bietjie minder te melk. Kom ons hoop dit gebeur binne die volgende jaar. Dan kan ek my ballas op ‘n silwer skinkbord vir die volgende ou gee vir twee jaar. Ek weet hulle gaan ook squeeze, maar maybe is hulle grip dalk bietjie sagter.

On second thought, laat my liewer weet hoe ek my non-diens by julle kan stop. Ek sal betaal. Even as dit my nog R4000 kos. Dit sal die belegging van die jaar wees. Moet my asseblief nie vra om na julle kantore toe te gaan nie, want ek is meer as 6000km weg van julle kantore af. Maar julle sal nie weet nie, want julle lees nie julle e-mails nie. Hoekom sou julle? Dis nie asof julle line of business iets met kommunikasie uit te waai het nie.

Julle moet lekker geel wees. Soos daai mannetjie van Sin City. Ek skiem hy ruik lekkerder as julle diens.

Vriendelike groete,

griff

griffinOpe brief aan MTN

Comments

  1. Belhammel

    Hahahahaha. En om te dink hierdie blare is die "creme de la creme" van selfoon diensverskaffers in SA. The lesser evil. Poese.

Gooi Comment