Minder Clout as tevore

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

(deur Saartjie)

Julle kulturele korrespondent, Saartjie, druk haar nuuskierige neusie oral in. Hierdie slag het ek die misfortune gehad om ‘n vertoning van Clout by te woon. Fokkenhel.

Nou vir dié van julle wat aan die duskant van Apartheid gebore is: Dit is so ‘n groepie wannabe rock-chicks daar uit die middel sewentigs wat so bietjie twyfelagtige roem gesmaak het met ‘n paar flouerige “treffers”. Ja, ons sak nou ons koppe in skaamte, maar julle moet verstaan dat Suid-Afrikaners nogal uitgehonger was vir vermaak te midde van al die kulturele boikotte destyds. Toe het ons goeie smaak gegaan vir ‘n bol stront, en ons het skielik middelmatigheid tot goddelikheid verhef.

Dit is dan in hierdie gees wat die dametjies van Clout bekendheid verwerf het met hulle liedjie “Substitute” – so ‘n lekker sletterige nommertjie waarin die meisie vir ene Sam belowe dat sy sal inspring en help as sy anner girl nie daar is nie. Ja, die sewentigs was betreklik slymerig en dekadent; mens kan dit mos sommer al aflei aan die kak haarstyle en snaakse klere. “I’ll be your sub-sti-tute (kon net sowel prostitute gewees het) when-ever you neeeeed me, ooh-whoo-hooo…”, en dan skud jy lekker daai Afro en bell-bottoms.

Hulle ander gewilde nommertjie is “Save me” – so ‘n temerige saamsing-handeklap-koekiesbak-liedjie. En toe die ou tannie so trééékkerig wegspring met die eerste vers, toe wens ek iemand wil my ook red. “Saa-aaave me, take me away to the action, cause you are the only a-traction…” Nee, nee, nee. Dit kan nie waar wees nie.

Maar daar staan hulle – twee tannies met sulke gebleachde hare wat die kitaar slaan, nog een op keyboard, en die voorsanger met so ‘n faktap leerhoed (die een sykant natuurlik opgeslaan). En hulle sing so dat enige trop wolwe met volmaan sal skaam kry.

Waddehel is dit met krimpies wat genoodsaak voel om ná 30 jaar in die wildernis ‘n sogenaamde “comeback” te maak? Jy kan nie ‘n comeback maak tensy jy in die eerste plek regtig famous was nie. Net ouens soos die Beatles kan ‘n comeback maak, en selfs hulle kan nie meer nie, want hulle ruik nou ‘n bietjie snaaks.

Dalk is die probleem dat hulle so met die ouderdom saam doof raak ook, en dan nie kan hoor hoe kak hulle sing nie. En die kinders en kleinkinders is te bang om hulle erfporsies te verloor, so hulle sê ook maar liewer niks. Nou moet ons intussen onderwerp word aan hierdie onuitstaanbare drek, terwyl ‘n paar sentimentele krimpies konsert hou en dink aan die goeie ou dae.

Of dalk het hulle weer afgekom op ‘n ou stash draks, en gee hulle norrefok om hoe sleg hulle klink nie. Want nugter ore kan dit beslis nie verduur nie. Huis toe! Ouetehuis toe!

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeMinder Clout as tevore

    Gooi Comment