Die heilige anus

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

(deur Saartjie)

Die volgende opskrif in ‘n plaaslike koerant het my nogal laat regop sit: 'Kerkbode' se webwerf gons oor 'heilige anus'. Nou kyk, ek het miskien nie heel voor gesit in die Sondagskoolklas nie, maar ek weet darem ‘n ding of twee omtrent Die Groot Boek. Ek weet van die Maagd Maria, die Doper Johannes, die Barmhartige Samaritaan… maar die Heilige Anus? Ek het onmiddellik verder ondersoek ingestel om hierdie leemte in my godsdienstige opvoeding te vul.

Dit blyk toe dat ene dr. Peet Botha, ‘n sogenaamde kampvegter teen homoseksualiteit, ‘n boek geskryf het met die naam Die sinode en homoseks. Asof dit nie al erg genoeg is nie, het die agbare doktor dominee toe heengegaan en een van die boek se hoofstukke die volgende fraai naam gegee: "Die anus is heilig". Kan jy dit oorvertel?

Die homofobiese teoloog se verweer is dat dié beweerde heiligheid nie sy eie mening is nie, maar iets wat hy uit 'n aanhaling van die "prohomoseksuele" skrywer Ralph Barnard gekry het. Hoe dit ookal sy, die gewraakte hoofstuk het nou al wat leef en beef op hol. Beskuldigings word heen en weer geslinger in ‘n holderstebolder debat, en ‘n mens kan nie kop of gat uitmaak wat aangaan nie.

Gelukkig kan ek onthou dat ek een Dinsdagoggend in graad 2 besonder goed opgelet het in die Bybelonderrigklas, dus beskou ek myself as heeltemal bevoeg om hierdie teologiese tameletjie vir julle uit te klaar.

Die Tien Gebooie van Jou Heilige Anus

1. Pappa, die poefgaatjie is 'n gevaarlike plek vir jou pel se pofadder. Punt.
2. Behandel die sensitiewe sfinkerspier sagkens – gebruik SLEGS 2-ply toiletpapier, verkieslik die soort met die oulike hondjies op. Geen no-name brands is goed genoeg vir jou gat nie.
3. Vaseline is jou vriend.
4. Tobasco is totaal en al taboe. So ook enigiets wat die woorde “spicy”, “hot” en “peri-peri” bevat. Ek gee nie om hóé taai jy is nie, cowboy. Jy doen eenvoudig nie sulke dinge aan jou heilige hol nie.
5. Dit beteken ongelukkig ook geen peanuts meer nie. Beslis ook geen pruimedante nie. Maar genadiglik ook geen kool of broccoli nie. ‘n Mens kan nie kanse waag met die vrag wat by so ‘n sensitiewe depot opdaag nie.
6. Sit op sagte stoele. As jy ‘n kak stoel by die werk het, diskrimineer jou werkgewer teen jou geloof. Vat ‘n paar dae verlof om oor die trauma te kom, dagvaar hulle vir pyn en lyding, en dring aan op ‘n gemaklike gatrus.
7. Terwyl jy by prokureur is, dagvaar ook sommer jou ouers en onderwysers vir al die kere wat hulle jou pakslae gegee het. Jou agterstewe is immers heilig, en lyfstraf kom neer op sacrilege. Tien Hail Marys vir hulle, twaalf biere vir jou.
8. Ja, dit beteken kinky seks wat die anus-area insluit, is ook uit. Ek gee nie om hóé cool dit gelyk het in jou enkele gehawende porn-tydskrif nie, jou pervert. Jy is in elk geval ‘n loser, en het waarskynlik ‘n crush op jou suster. Sies man.
9. Dis ‘n moeilike een, maar geen ass scratching meer nie. Niks nie, nooit nie. Selfs nie wanneer jy alleen by die huis is nie. Kry ‘n strelende salfie vir noodgevalle, en benader die heilige area slegs nadat jy jou hande gesteriliseer en handskoene aangetrek het.
10. En nou die grootste gebod: jy mag onder geen omstandighede meer jou poepe aan die brand steek nie. Nie eers as jy en al jou beste pelle by ‘n braai in die bos is nie. Selfs nie eers by jou bachelor’s paartie nie. Jou goddelike gaatjie is eenvoudig net te kosbaar vir so ‘n risiko. In fact, moet sommer nooit weer poep nie.

So daar het jy dit. Jou eerste gedagte elke oggend wanneer jy wakker word, moet wees om jou anus heilig te hou.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeDie heilige anus

    Gooi Comment