Die beste maniere om ‘n hangover teen te werk. Period.

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Om hangovers te fight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink. Daar’s gewoonlik een goue reël wat feitlik altyd effektief is.

Moenie drink nie.

Die probleme ontstaan as mens die reël ’n fokken vet ignore kap. Moeilikheid. Dus, as jy per abuis reël een oortree, verwys dadelik na reël twee.

Moenie te veel drink nie.

Een word twee, al die ure word happy, lelik word mooi, en twee word een (partykeer sommer op die agterseat). Steeds is als nie verlore nie. In tye van transgressie, verwys spoedig na reël drie.

Moenie jou drankies meng nie.

Check alle drankies gaan eventually na dieselfde plek toe, maar net soos in ‘n bar meen dit nie altyd almal smaak mekaar nie. Inteendeel, jy sal vind dis presies hierdie tipe poespas wat gaan maak dat jy suffer die next day.

Sit neer daai shooter, cowboy.

Teen die tyd dat jy reël drie oortree het is jy klaar fucked. Sonder om eers jou broek af te trek. Dan ewe skielik is dit twee-uur, jy vreet ‘n pie by die Select Store oppad huis toe en worry oor die evil hangoortjie wat onder jou bed vir jou wag.

Slaap soveel as wat jy kan.

Fokken wil mos. Lekker reëls breek. Lekker breker. Wie’s nou smart? Ouens wat hier uitkom het obviously nie gefokkenluister nie en sit nou met die full-blown, fuck-off hangover. Nou moet jy maar slaap pel, en baie ook. Nog bietjie. Daa’sy. Trek hom bersie oor hom koppie.

Suip baie water.

Party bra’s reken sommer die aand wat jy van die jol af kom, maar dis bietjie moeilik as jy ingedra word en wakkerword met sulke opgooi op jou hemp. Kry vir jou ‘n lekker laaang beker water en drink daarvan soveel en so vinnig as wat jy kan. Kom, jy’t mos gewys jy kan baie drink. Jy’s mos die fokken nek van die plek. Sluk! Sommer vier Panado’s ok. Once.

Eet iets.

Op die stadium is jou lyf hoogs die poes in vir jou. Jy het nie mooi gemaak met jou lyf nie. Uh-uh. Nou moet daar fokken mooi broodjies gebak word, en een ding wat jou lyf verstaan is eetbare bederfies. As jy rerig wil fokken brownie punte score, skiet vir iets gesonds – even ’n slaaitjie. As jou lyf kon het hy/sy jou op die rug geklop.

Party ouens reken mens moet ‘n rou eier eet. Al waarvoor dit werk is om jou te laat opgooi, en as jy gelukkig is nog salmonella ook te kry. Fokken smart, nou’t jy salmonella en ‘n hang-over. Idiot.

Vat ’n shower of ’n bad.

Nou hierdie reël help beide vir jou asook die mense geaffekteer deur second-hand hangover d.w.s. die arme dose wat jou asem en stink holtes ruik na die aand uit. Voel bietjie daai wol oor jou tanne? Hoe dink jy ruik dit vir ander? Presies. Hou op ‘n doos wees en vat ‘n stort.

Trek iets gemaklik aan.

Official hangover wear is pejakkies of sommer ‘n ou sweetpak met Stokies en ‘n t-shirt. Jy wil nie deal met goed wat jou chafe of knoppe platdruk nie. Sag en lelik is die wagwoorde hier.

Vat dit rustig.

Drop die blinds, kry ‘n bottel Coke, bietjie Nando’s en loop rent ‘n DVD of twee (sommer by DVD Shack wat ons so shamelessly promote. Skuif nou voor die TV in met die remote en relax.

Dit gaan ’n lang dag wees.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieDie beste maniere om ‘n hangover teen te werk. Period.

    Gooi Comment