Previta Perón – Gesondheid uit die kont uit

In Snotstories deur griffinRek jou bek

 Ek het nooit daai movie met Madonna in gesien waar sy so op die balcony staan en grêns nie. Ek het ook nie die boek gelees nie. Mense tune mos altyd dat die boek soveel beter as die fliek is. Issit? Het jy al Lotus Flower gecheck? Is die boek regter soveel beter? "Die man trek die dame se binnebroek af en vryf in stadige agt-vormige sirkelbeweginkies….". Jissis. Ja boek lees. Mos.

Anycase, as dit nie vir die lame-ass fliek was nie, sou julle nie geweet het wie Eva Perón was nie. Vir die ander ongeletterde bliksems wat nog steeds soos roomyskinders by die venster uitstaar volg hier een van grifF se boring geskiedenisklasse…

Eva Perón se lewe is (soos gemention is) gedramatiseer in die bekende musical Evita. Behalwe van die movie is die storie ook gedoen vir TV en daai ander ou met die kak hare, Andrew Lloyd Webber Braai het 'n play ook ge-produce. Actually dink ek hy het alles produce, maar ek is nie seker nie. Moenie worry, julle hoef dit nie vir die eksamen te weet nie.

Elaine Paige het die hoofrol vertolk in die Londen West End play en Patti LuPone die Broadway ene. Die TV aktrise was Faye Dunaway. Daarie is 'n lekker sespunt vraag gewees. Skryf dit af van die bord af.

María Eva Duarte de Perón is gebore op 7 Mei 1919 en is dood op 26 Julie 1952. Nou het ek 'n rede om 'n ekstra shooter te drink wanneer ek verjaar die 7de Mei. En dan sal ek nog een drink vir Madonna ook omdat sy sulke mooi tiete gehad het op 'n stadium. Big up! En dan kap jy so draties met die big up… Come to think of it, weet ek nie hoekom hulle Madonna gekies het vir die Evita fliek nie. As julle na die pics kyk sal julle sien dat Evita baie meer van 'n perdgesig gehad het in regte lewe. Sarah Jessica Parker sou dalk beter gewerk het. Ou langkop.

Eva was een van nie minder nie as vyf buite-egtelike kinders wat in Los Toldos, Argentinië gebore is. Haar pa was 'n getroude ranch owner wat nie sy zaber uit sy cook (se koek) kon hou nie. Juan Duarte was die bliksem se naam. Maar so loop hy maar en op die ouderdom van 15 jaar skiet Evita uit Buenos Aires toe saam met haar ma, Doña-Juana, om 'n radio en film aktrise te word. Sarah Perdgesig Parker moes ook dalk liewer haar gesig vir radio-acting gebruik het.

Nietemin act Evita in radio drama's en B-grade movie melodramas. Dit moet nogal scary wees, want as mens dink aan die Amerikaanse B-grade movies, imagine hoe kak B-grade movies in Buenos Aires moet wees? That said, dink bietjie aan die local sitkoms in SA. Beter? Ek fokken glo nie so nie.

Soos dit maar met enige B-grade actress gaan, gebeur dit toe dat sy eventually die radiostasie besit. Soortvan. Sy ontmoet later vir Col Juan Perón by 'n charity event wat sy gooi om fondse bymekaar te skraap vir die slagoffers van die San Juan aardbewing. WKJ gooi ook sulke charity events, maar ons wil nie mense regtig help nie. Ons wil net hê chicks moet dink ons het harte.

Anycase, Evita en Juan zaber vir so rukkie en trou toe in Oktbober 1945. Maar nou moet ek eers stop want ek is fokken deurmekaar. Laat ek sien hieso… haar pa se naam was Juan, die ou met wie sy trou se naam was Juan en die aarbewing se naam was ook Juan… Ek sien… Juan, Juan, Juan. Sy mielie in haar bosveld.

Gelukkig het Evita fokken arm groot geword so sy kon lekker politieke moves gooi vir die fondasie van haar man se politieke ondersteuners, "The Descamisados", wat beteken "the shirtless ones". Dit smaak my Lolly Jackson het ook 'n politieke party daar by Teazers, want hy het baie Descamisados wat vir hom werk. Vir 100 skille trek die Descamisados hulle panties ook uit en dans om pale. Ek weet nie wat mens hulle dan noem nie, maar who the fuck cares? Nog 'n brannas asseblief! Dans Descamisados, dans!

Evita het moerse vir haar man ge-campaign gedurende sy 1946 presidential bid. Ook sommer haar weeklikse radio show misbruik om haar man se politics te plug. Dis darem maar lekker fokken gerieflik! Lek-ker! In hierdie show van haar het sy gewoonlik die arm mense aangemoedig en opgesweep. Nogal blaaint as jy dink sy het so baie geld gemaak met haar radiostasie en dan vir die armes gespeech en gepreek. Sy kon however, met die mense relate deur altyd hulle aandag te vestig op haar eie arme opbrengs. Slim move. Ten miste was haar hart op die regte plek.

Soos mens kan verwag, het haar man toe wel el presedente geword en sy het die the Eva Perón Foundation gestig om die armsalige jan-salies 'n geldjie in die hand te stop. Die organisiasie was soos mens sou verwag moerse populêr gewees en het die Argentyne se alledaagse lewe verbeter. Van die hospitale en weeshuise wat opgerig is staan vandag nog. Sy het, like, die coolste chick en politieke figuur in Argentinië geword en haar naam en gesig was oor die hele blerrie plek gewees.

Alhoewel sy 'n moerse invloed op haar man se politieke loopbaan gehad het was sy altyd versigtig gewees om sy simboliese rol as leier nie te ondermyn nie. Sy was altyd deur haar man "ge-inspireer" of "aangemoedig" deur sy passie. Meanhile back at the presidential ranch was hulle huwelik moerse tense en het hulle nie naastenby genoeg genaai nie. Well, nie mekaar nie in elk geval, which explains hoekom hulle nooit kinders gehad het nie.

Net soos wat die armgatte haar gesmaak het, het die elite rykgatte fokol van haar gehou. Sy het probeer run vir vice-preseident in 1951, maar die militêre leiers het krampe in hulle militêre holle gekry en haar man het haar nominasie geskrap onder al die druk.

In 1955 is die gesondheid uit die kont uit en Evita is op die jonge ouderdom van 33 oorlede aan kanker. Later daardie selfde jaar is haar man se party deur 'n militêre coup in sy moer in gestuur. Die arme drommel kon ook niks sonder sy politics chick doen nie. Evita Perón was nou maar net eenmaal 'n chick met 'n hart van goud en ballas van yster.

Deel met jou tjommies!

    griffinPrevita Perón – Gesondheid uit die kont uit

    Gooi Comment