Hardegat tot raait op die einde – ‘n Tribute tot Hunter S Thompson

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

‘n Gunshot to the head. Dis wat dit toe vat om hardegat gonzo pappa Hunter S. Thompson stil te kry. Well, hy was mal oor guns so dis seker nie ‘n te kak manier om te gaan nie. Ek dink dis Jim Morrison wat once gereken het: “I just wanna get my kicks before this whole shithouse goes up in flames.” Aldus die eerbare Dokter.

Op 67 was Hunter nie meer lus vir die ding nie, meen die mediahonde na die tyd. Die laaste ruk het hy blykbaar gesukkel met sy health en as krimpie moes hy ook die regular heupvervanging ondergaan. Standard issue krimpie procedure maar vir iemand soos die Goeie Dokter was dit net plein kak. En dit is nou een ding wat hy nie sou vat nie.

Van die begin af trek bra Hunter houding. Hy's 'n paar keer in die kak by die Army waar hy as sports joernalis werk. Hy verloor een van sy eerste jobs nadat hy 'n vending machine verinneweer by die plek waar hy as joernalis werk.
Hy raak gereeld dronk en high en vertel mense dan presies wat hy van hulle dink. Partykeer wave hyn 'n gun rond of dreig mense daarmee. En nou's ons eers by sy derde jaar of so na skool.

Amerika in die laat sixties en early seventies is waar Hunter sy idees vorm. Hy cruise op die fringes van die Beat generation in New York saam Kerouac en Ginsberg
, en hang saam met van die eerste mense wat acid vat soos Ken Kesey – die sogenaamde "underbelly of society".
Hy bly vir 'n ruk in Puerto Rico en report vandaar af en skiet daarna terug Amerika toe om in erns te begin publish.

Career kickstart

Hy trou in '63 met Sandy Conklin en hulle het later 'n laaitie – Juan. In die laat sestigs kry hy 'n dokterskap deur 'n mail-order kerk in San Francisco. Lekker weird. Anyway, hy word toe Dokter Hunter S Thompson.

Hell's Angels is sy eerste full-on boek, en 'n befokte een at that. Vir research hang bra Hunter saam met die bikers, en document al die kak wat hulle aanjaag en die crazy life wat daarmee saamgaan. Hectic. Lees van Sonny Barger, Terry the Tramp, gangrapes, ouens wat gebliksem raak, die keer toe die Angels die eerste keer acid vat – en uiteindlik die fokop. Die Angels betrek die jong Hunter en slaan die kak uit hom uit. Dit vat weke vir hom om te herstel.

Tussendeur churn hy die heeltyd magazine artikels en briewe uit – baie wat mense fokken uithaal vir die naaiers wat hulle is. Sy briewe word later gebundel en maak nogal vir surprisingly lekker lees voor mens gaan piepie en slaap. Mens check presies hoe hy sy no-holds barred en agressiewe skryfstyl ontwikkel.

"We can't stop here, this is bat country…"

Uit sy incessant korrespondensie begin hy rondfok met die idee van die American Dream – hoe fokken vals dit is en wat dit eintlik beteken. Dit lei op tot sy grootste werk –

Fear & Loathing in Las Vegas. Dit recount 'n storie – deels die waarheid en deels uitgedink – van hom (of kamtig Raoul Duke) wat 'n bike race in Vegas moet cover. In stede van dit doen, gaan hy en sy overweight Samoan lawyer fokken mal met al die dwelms en drank wat hulle kan score.

Die boek is fokken vivid. Van die title (dis hoe dit voel china) tot die descriptions van die crazy-ass scenes waar die lawyer uitfreak, die hunting knife, White Rabbit in die bad, die car rides, die uitgefreakte hitchhiker, die narc convention, die mense wat in reptiele verander en die mat wat move asof die verf begin uitloop… jy sal voel of jy acid gevat het – al weet jy nie hoe dit voel nie. Dit voel so. Lekker nê?

Nou onlangs is die "Fear & Loathing" fliek gemaak – nogal fokken naby die boek – met Johnny Depp en Benicio del Toro. "As your lawyer I advise you to drive as fast as you can." Nou dis my tipe lawyer. Blykbaar is 'n nuwe fliek (gebaseer op Thompson se novel The Rum Diary) ook in die werke – weer met Depp en Del Toro.

Anyway, dis met Fear & Loathing wat ouens reken hy sy gonzo styl vervolmaak. Gonzo is 'n tipe reporting wat meen jy skryf moerse subjective, en meng feite met fiction en doen net wat jy wil. Word meestal in 'n ranting eerstepersoon geskryf en in Thompson se geval is die skrywer gewoonlik 'n mal, dronk (en high) bliksem met 'n oog op selfverwoesting.

Haai, dit klink bietjie soos 'n Afrikaanse website wat ek al gelees het… Mmm…

Politics en stuff

So… in elk geval. Hy word toe moerse famous en die geld stroom in. Eers was hy nogal verbaas, en mention self op 'n kol dat hy heel chuffed is toe hy agterkom hy kan skryf soos hy wil en mense betaal hom daarvoor. Hy hou aan magazine artikels skryf, baie vir Rolling Stone, en hieruit kom ook sy volgende boek – Fear and Loathing on the Campaign Trail '72.

Hierin volg Thompson Richard "I am not a crook" Nixon se presidential race, alhoewel hy meer fokus op die Democratic opponent. Thompson haat Nixon en beskryf hom later as "a swine of a man and a jabbering dupe of a president. Nixon was so crooked that he needed servants to help him screw his pants on every morning. Even his funeral was illegal. He was queer in the deepest way. His body should have been burned in a trash bin.". No love lost hier pappa. Fokkol.

Nie dat sy enigste foray into politics is nie. Hy word amper sheriff van een of ander shithole in Colorado in 1970. Onder die Freak Power ticket stel hy sulke goed voor soos die vrye verkoop van dwelms, die vervanging van die strate met bike paths en die idee om Aspen te rename na Fat City. Die Republican wat teen hom run het 'n crew cut, so die Goeie Dokter gaan toe poena en verwys na die ander bra as "my long-haired opponent". Baie mense stem vir hom en hy verloor met verbasend min votes.

En toe later…

Hierna retreat Thompson na sy "fortified" Woody Creek compound toe vanwaar hy elke nou en dan bile spew oor die Amerikaanse samelewing en die "death of the American dream" – 'n persistent tema in sy werk. In 1980 skei hy sy vrou en heelwat later – in 2003 in fact trou hy met sy assistent Anita Beymuk. Dis met haar wat hy op die foon is toe hy homself blaas. True love lyk dit my.

Sy voorlaaste boek, Kingdom of Fear, gaan oor die verbygang van die American Century.
Soos enige decent fokken mens betaam was die Goeie Dokter ook teen George Poes. In sy eie woorde: "I never thought that I would ever see a president worse than Richard Nixon. But he is the worst president in American history, this one. Because he is the dumbest. And because he has destroyed, in four years, what it took two centuries to build up. He has taken this country from a prosperous nation at peace to a dead-broke nation at war. We are losing this stupid, fraudulent war in Iraq and every nation in the world despises us, except for a handful of corrupt Brits, like that simpering little whore, Tony Blair."

Simpering little whore. Is dit nou nie fokken mooi nie? Vat so Teflon Tony. And your mother too.

Behalwe vir die konstante journalism, het Thompson ook twee novels geskryf – "Prince Jellyfish" en "The Rum Diary". Laasgenoemde is in 1998 gepublish. Sy een pel, een of ander Kennedy, reken hulle was altwee failed auhtors wat joernaliste geword het om brood op die tafel te sit.

Double-barrel gun salute

Sy hele lewe lank was bra Hunter moerse into guns. Hy was 'n lid van die NRA, hy't uitgemaak van jag, en hy het ook 'n vaatjie buskruit in sy kelder gehou. Soos mens maar doen.

Sy laaste published artikel was vir ESPN oor 'n nuwe sport – basically soos skeet shooting maar jy blaas gholfballe uit die lug uit. Nou dit klink fokken lekker. Selfs ek sal dan begin "gholf" jol. "Caddie, gee my die 9mm yster asb." BOOM! Score. Dis 'n eagle. Lekker…

Dus nie 'n moerse surprise dat hy gevra het om na sy dood veras te word – en daarna uit 'n kannon geblaas te word nie. Sy final "cheers and fuck you" aan die wereld. Die pyrotechnic expert wat die seremonie beplan reken "if you were going to light up a flash-bomb worthy of Hunter S. Thompson, you'd want to make it an earth-shaker."

Ons is geneig om saam te stem. Cheers and spot you bra. We won't take any guff from the swine.

Moet-lees Thompson boeke

  • 1966 – Hells Angels: The Strange and Terrible Saga of the Outlaw Motorcycle Gangs
  • 1971 – Fear and Loathing in Las Vegas: A Savage Journey to the Heart of the American Dream
  • 1997 – The Proud Highway: The Saga of a Desperate Southern Gentleman
  • 1998 – The Rum Diary: A Novel
  • 2001 – Fear and Loathing in America : The Brutal Odyssey of an Outlaw Journalist
  • 2003 – Kingdom of Fear : Loathsome Secrets of a Star-Crossed Child in the Final Days of the American Century
  • 2004 – Hey Rube: Blood Sport, the Bush Doctrine, and the Downward Spiral of Dumbness–Modern History from the Sports Desk
Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieHardegat tot raait op die einde – ‘n Tribute tot Hunter S Thompson

    Gooi Comment