Come one, come all: Dis die Boeremag show

In Snotstories deur Chopper Charlie1 Eiertjies

‘n 2L Sprite bottel halfvol patrone. Dis hoe ek die eerste keer van die Boeremag te hore gekom het. Die SABC nuusberig was heeltemal oneverwags en weird. ‘n Removal trok is voorgekeer en ewe skielik check die polisie: "Hey lekker wat de fok gaan hier aan? Wat’s hierdie Oom Piet? Hoe nou? Klim maar vir my uit."

‘n 2L Sprite bottel halfvol patrone.

Dit saam met ‘n spul chemikalieë in ‘n removal trok. Dis wat de fok hierdie swape in gedagte gehad het vir die ommekeer van die Suid-Afrikaanse orde.

Wat de fok indeed.

Vandag weet ons heelwat meer van hierdie belaglike lot sotte wat daagliks besig is om almal se tyd te mors. Dis wel vertroostend om aan die tax wat op hulle gemors word te dink as subscription vir die entertainment wat hulle in die hof verskaf. Nadat die skoolbende vasgetrek is begin hulle luidkeels te kerm en fokken skree. Hulle bitch oor hulle patetiese hoërskoolbendetjie vasgetrek is, oor die polisie hulle 2L Sprite bottel wegvat en oor hulle saam met swartes (kan jy dit glo?) in die tjoekie opeindig.

Agter slot en grendel begin die magtige Boerestryders (sic) eers moan. Die ander inmates (seker swartes) se musiek is te hard. Die geharde vegters kan nie daarmee deal om Metro FM te luister nie. Ag shame, hulle wou die land oorvat maar hulle oortjies kan nie R&B hanteer nie. Fokken idiots.

Die saak word uitgestel terwyl hulle weier om te verskyn, hulle fire hulle lawyers, hulle kla oor onkonstitusionele optredes en allerlei kak. Nie dat hulle die konstitusie ondersteun nie, maar nou ja…

Uiteindelik begin die hofsaak en dis hier waar die pret begin. Soms reken ek dat hulle die parlementêre kanaal op DStv moet wei aan dié hofsaak. Eers word vertel hoe die manne in Teazers meetings gehou het. Wat van die Christelike ideale van die stoere Boerenasie geword het weet nugter. Oor die rand van ‘n bier met ‘n paar lekker tiete in jou gesig maak dit seker sin om te beplan om die land oor te vat. Jirre, na die vyfde bier en derde lapdance skiem jy dit gaan fokken werk ook. (Terloops, ek wonder of swart strippers toegelaat sou word in die Boeremag Suid-Afrika.)

Na die land oorgevat is – sommer vinnig met behulp van die 2L Sprite bottel halfvol patrone – sou die swartes met die N1 noordwaarts uit die land gejaag word, en die Indiërs ooswaarts met die N3, dan met ‘n boot gepos na Indië. Dit beteken dat so 40 miljoen mense uit die land gejaag word, give or take. Amazing as jy in aanmerking neem dat die land about 48 miljoen mense het. Asook dat meeste witmense nie hierdie stupid fokken idee sou tolerate nie. Darem het hulle die 2L Sprite bottel halfvol patrone.

Hoe presies hierdie handvol infantile tjankbalies die eerste nekslag sou kon toedien weet fokken niemand. Blykbaar sou hulle bomme plant en die ANC teen Inkatha draai en al sulke vae tipe van goed. Ook maar moeilik om te dink met poes in jou gesig nê oom? En steeds is dit nie die toppunt van die belaglikheid nie. O nee.

Onlangs is berig oor die teelplase wat hulle in gedagte gehad het. Die Armscor gebou – waar die losers eendag met ‘n bakkie verbygery het – sou vol wit meisies gepak geword. Dan sou hulle op hierdie "babaplaas" bevrug word met Boeremag members se sperm om so die Boerevolk te bou. Die brein ril. Die nuusberig mention dat die hof uitgebars het van die lag na hierdie comment. Natuurlik het hulle. Dis fokken snaaks.

Nadat die Boksembende die land oorgevat het en 40 miljoen mense displace het (sonder dat die internasionale community of ons buurstate ingryp) sou hulle meisies begin bevrug? Kan iemand my sê wat de fok verkeerd is met hierdie prentjie? Daar sou seker tafels met pale en ligte vir die meisies wees om op te dans terwyl die omies… wel, kom. Te veel tyd in Teazers ouens. Te veel tyd in Teazers.

Die saak is natuurlik nog nie afgehandel nie en ons is nog baie entertainment verskuldig deur hierdie groep hansworse. Die laaste berig wat ek gelees het gaan oor giftige lemoene wat die ouens in Soweto wou gooi sodat die mense dit eet. Was julle al in Soweto? Dink julle mense eet gereeld lemoene van die grond af daar? Wie sou dit gaan plant met sy bakkie en kakieklere? Julle fokken idiote.

Julle is ‘n disgrace vir Suid-Afrika en enige iemand wat Afrikaans is. Natuurlik is hier iets ernstiger ook om te consider. Hierdie cretins is darem gekeer en kon nie juis skade aanrig nie. Maar dis ‘n grim reminder van die rassistiese wit Boer mentaliteit wat steeds dwarsdeur Suid-Afrika heers. Klein dorpies, groot stede, plase, besighede, Limopopo tot die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal tot die Noord-Kaap. Orals is wit bitterbekke wat daarna smag om Suid-Afrika weer onder wit beheer te sien. Mens hou daarvan om te dink dat dit net oumense is, krimpies wat gelukkig op pad uit is, maar hulle teel aan – dis die kak.

Asof ons nie genoeg kak het om mee te deal nie, moet hierdie stupid ou orde uit die tyd van PW fokken Botha ook nog probeer om die land se stabiliteit op te fok. Besef hierdie dose dat hulle outcasts is even tussen witmense – dat niemand iets met hulle backwater-kom-ons-naai-ons-sussie leefstyl en geloof in Siener van Rensburg en die Statebybel en die voorlaaier en die Groot Trek en die kinderhelde en Bloukrans en die NP en die AWB uit te waai wil hê nie.

Julle is belaglik. Waarvoor julle staan is belaglik. Julle gaan opeindig soos daai stupid AWB kommando wat op TV doodgeskiet is in die stof langs ‘n Mercedes Benz in die eertydse Bophutatswana. En weet jy wat nog? Ek kan nie fokken wag nie.

Die bom is in die pos.

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 62,234 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieCome one, come all: Dis die Boeremag show

Comments

  1. Driesman Jansen

    Een minder bekende plan van die boeremag,was dat hulle die gebeure van 11 September 2001 wou naboots,deur met ‘n Ce4ssna in die Uniegebou vas te vlieg.Hulle het egter nie rekeningskap gehou met die brandstof vernruik van die Cessna nie,en sowat 20km van die uniegebou af,stort die vliegtuig neer in ‘n nabygelee bos.Toe die ondersoekspan leidrade op die toneel soek,kom hulle af op die loods se ID boek.Sy naam was Ossewa Ben Lategan.

Gooi Comment