Briekmerke in die Big Easy – Deel 2

In Snotstories deur wezsideRek jou bek

» Briekmerke in die Big Easy – Deel 1

Na vier bitter koue dae in Mili-wa-kay (The Good Land), is ek al weer op 'n aerie hierie keer oppad na WKRP in Cincinnati. 'n Vinnige stop-over in WKRP en toe weer op 'n aerie reguit New Orleans toe. Terwyl ek travel skiem ek dis 'n uitgemaakte saak. Ek gaan my ass af werk en niks tyd kry om so veel te kuier soos wat my liggaampie kan hanteer. Obviously was ek nog nooit in New Orleans nie.

Ek en my baas kom eventually by die hotel aan, nogals grand Holiday Inn Suites ek sê, fokken lekker skiem ek, hier kan geparty word. Dis hier waar ons ophoek met van die ander mense van SA wat vroër as ons geland het. Die Amerikaners saam wie ons gaan werk doen, besluit dit sal 'n goeie idee wees om ons die aand uit te vat na een van die grandste klubs hier in New Orleans, die 360 bo-op die World Trade Centre. Nou ek weet wat julle dink, die twin towers bestaan al lankal nie meer nie nadat Osama van Staden sy Jedi mind-trick afgepull het. Maar Amerika is groot, jy order 'n light lunch en jy kry 'n kilo rack of ribs. Anyway die rede hoekom hierie plek 360 genoem word is omdat dit 'n perfekte sirkel is en dat dit rotate. Nou vir die van julle wat al ooit in 'n rotating plek was sal weet dat dit nie 'n plek is om in dronk te word nie, tensy jou kop in die selfde rigting draai en teen min of meer dieselfde spoed. Eintlik nou dat ek daaraan dink is dit net glad nie 'n goeie idee nie. Hulle tune ons, ons moet seweuur daar wees en dit is op die 36ste vloer. Ai't.

Zef dog stylvol neon ligte was orals te vinde. Net weereens 'n bewys dat zefgeid geen perke ken nie. Soos goeie Suid Afrikaners, konfigureer ons almal by die bar, so reg soos vars brood om al ons zak op die eerste aand te spandeer. Die big-kahuna-Amerikaner besluit toe dis unfair vir ons om vir ons eerste drankies te betaal op ons eerste aand in New Orleans. "Once bra," tune ek hom en kry die barman se aandag. "One Johnny Walker on wuh rocks please" (ek is mos 'n snaaksie) met die gedagte dat dit ou Rooies gaan wees. "Sorry sir we don't have Johnny Red, only Johnny Blue," tune die barman my. "Make that a triple, thank you" en ek sny 'n lyn couches toe.

Johnny Blou is skaars in my keel af en mense by die hordes stroom by die klub in. Een of ander local platejoggie breek die stilte met 'n tune wat ek later leer ken het as Lil'Jon and the Eastzide boys (Need For Speed Underground). Die ouer Suid-Afrikaanse en Amerikaanse gardes was glad nie impressed met hierdie hip-hop musiek nie en fokof toe vinniger as wat jy kan sê "Riders of the Storm ft. Snoop Doggy Dog".

Vir my was dit tyd om te bump en grind, maar nie voor ek en 'n kollega (kom ons noem hom bra Bill) nie 'n paar tequila's agter die blad gejaag het nie. Fokken geswaai kyk ek rond om my en besef toe weer van voor af waar presies ek regtig is. 'n Evil grin vind sy pad self na my mond toe aangesien Jose besluit het om alle spier-privileges van my liggaam weg te neem. Asof dit nie genoeg is nie begin die honeys in sulke French maid outfits toe die volgende oomblik saam met die Usher tune "Yeah", by hierie dun pilare opkruip en allerhander toertjies uitvoer. Jirre, skiem ek hierie 360 is darem maar 'n potent plek.

Jose besluit toe dis beter om net so rukkie stil te staan en die skouspel te aanskou as om enige plek te move en die risiko te loop om mondkatjies te maak. Terwyl ek so die dans vloer en die strobe innie gesig staar, val dit my by dat ek vir bra Bill verloor het, en ek sit uit op 'n missie om hom op te spoor. Baie disorientated veg ek my way deur al die mense terwyl iemand so nou en dan my ass gryp. Fokken hectic, maar ek het nie gekla nie. Uiteindelik by die deur, groet ek die bouncer wat my vroëer die aand grief gegee het oor my ID. Hy tune my once en gee vir my 'n plastiese glasie. Hoekom weet ek nie, maar op daai stadium het ek gedink dit sal nogal handig te pas kom die volgende keer wat bra grifF 'n veldie wil gooi op ons road trips, so toe sit ek dit in my broeksak.

Phew, die koue vars lug verras my soos 'n skim in die nag. Dis toe dat ek my oë ordentlik oopmaak vir die eerste keer en die Hunter S. Thompson gedagte op my neer daal. "But wait a minute, you can't stop here, this is bat country!" Ek kon baie duidelik onthou hoe ek 36 vloere met 'n lift gery het na die 360 en tog, toe ek uit die klub uit stap, was ek direk op die onderste vloer. "Wat gaan hier aan?" vra ek in 'n huilerig stemmetjie.

Ek gebruik toe my skrefies ogies om die visie 'n bietjie duideliker te maak en besef die bordjie lees Bourbon Street. Die een ding wat ek geleer het is dat as dinge so uitfok moet jy drink totdat jy uitpass. Dis reël nommer 18a in die WKJ? handboek vir alkoholis "situasies". Terug in "360" in vra ek die bouncer of hy asb vir my kan verduidelik waar ek is en hoekom ek 'n halwe gebreekte plastiese glasie in my broeksak het, want dis fokken ongemaklik. Jy is in New Orleans, Bourbon Street, French Quarter tune hy my.

Thanks a lot buddy en beweeg terug in om reël 18a toe te pas. Nie baie later nie, mission ek hotel toe in die verlate strate, koud, moeg, poes dronk en klaarblyklik alleen. In die verte is daar vier silhoëtte wat op my afbeweeg en hierie keer het ek regtig gehoop dat hulle vlermuise is. Ek besluit toe om nie oogkontak te maak nie en my stappie met so paar poepe vinniger te maak. Veilig verby die drie karakters, skiem ek fokkit, en begin hardloop. Ek het nog nooit so vinnig sonder enige rede gehardloop nie.

Die volgende oggend by die crew koffie stasie tap bra Bill my op my skouer en tune my of ek van die strip klub gehou het. Watse strip klub dink ek? En dis toe wat ek stadig om draai en besef dat ek 'n groot gedeelte van die aand in Scarlets afgespeel het. Shame, arme bra Bill. Hy het uitgepass op 'n sypaadjie in 'n rooi t-hemp "If found, please return to Bourbon Street". Die sypaadjie was in 'n baie dodgy gedeelte veraf in Bourbon Street. Twee gatgabbas het hom wakker gemaak en gevra of hy OK is en aangebied om hom huis toe te vat. In 'n frantic state het hy toe opgestaan en begin hardloop. Terwyl hy hardloop het hy probeer om sy buddies in London te bel om hom te kom haal. Hy was vas oortuig hy was in London. Ai, die bra Bill darem.

"Right, nog net 7 dae oor, lus vir 360 vanaand?"

"Ai't!"

wezsideBriekmerke in die Big Easy – Deel 2

Gooi Comment