Briekmerke in die Big Easy – Deel 1

In Snotstories deur wezsideRek jou bek

Toe my werk vir my getune het: "Luister bra, ons dink jy gaan ons moet join in New Orleans vir 'n bietjie Events werk", het ek geskiem hulle grap met my. Nietemin, 'n paar weke later is ek oppie aerie oppad na Mili-wa-kay (The Good land), wat my eerste stop sal wees in George Poes se klein wêreldjie.

Wat is dit met aeries wat mense se mage so omkrap? Jirre, die pilot het skaars die naald innie rooi gedruk, toe besluit almal om los te trek met gisteraand se macaroni en kaas wat hulle nie kon afslaap nie. Aangesien ek nie regtig wou uit voel nie, toe laat ek ook maar een ontsnap. Rrrrt! Ek bedoel, dis nie asof ek eerste die ys (of moet ek sê die wind) gebreek het nie.

Lekker lang vlug met fokkol slaap en baie blok-en-tackles later word ek wakker self met 'n omgekrapte maag en die pilot wat hard en duidelik oor die luidspreker vir ons vertel hoe ons nou die aerie laat daal. En hy hou aan en aan en aan. Dis fine bra, laat sak die donnerse vliegtuig sodat ek hom net kan wyd speel! Ek kan nie daai doos wees wat eerste 'n monster poep vrystel 35000 voet in die lug net nadat die oulike lugwaardinnetjies ons vol van die anti-bakterië kak gespuit het nie (Suid Afrika is mos die AIDS). Nou wag ek maar in spanning, en ek bedoel spanning.

Nee wat skiem ek, ek het nou genoeg gehad en maak my safety belt los om op te staan. Die rede hoekom ek so lank gevat het om hierdie besluit te neem is omdat die queue in die oggend op 'n aerie so fokken lank is soos die voice recognition queues in die bank in Nigerië. Ek het nog nie eers my safety belt los gemaak of een oulike lugwaardinnetjie tune my, "Sorry sir, please be seated as we are about to land in 5 minutes". En dis toe wat my luck draai. Passasier G11, kon klaarblyklik nie meer die pressure handle nie en het een laat gaan wat skrik vir niks nie. Daarna was almal in tune soos die ZCC choir en die res is history soos hulle sê.

Ek moet bieg. Dis 'n befokte gevoel om uit JFK uit te stap en sulke slap Lincoln taxis trek langs jou op en vra of jy spin wil hê. "Don't mind if I do". Die werk betaal.

Respect.

Nou moet ek cruise al die pad na Newark airport toe en 'n aerie klap na Mili-wa-kay want JFK vlieg nie soontoe nie. Die taxi driver gee my die low-down van al die sites en sounds, "…and this is Manhatten lower east-side…" Lower east-side eh? Klink, ma lyk glad nie soos daai area in Boksburg net ander kant Homestead dam vir ingeval julle gewonder het.

Na die langste dag van my lewe, klim ek af in Mili-wa-kay net om te vind dat dit -5 grade Celsius is. Nee, dis nie lekker nie skiem ek en veral in net 'n t-shirt en jeans. Ek moet maar vanaand geniet, want more is dit werk werk werk. Na ete saam met die MD tune ek almal voorspoed vir die res van die aand want ek weet nie of ek hulle weer gaan sien nie. Ek trek myself so dik soos die Oros mannetjie aan en ek laat waai af in die eerste straat wat cool lyk. Ouens by die werk wat al in The Good Land was het my vertel van hierdie pub/klub wat ondergronds is. Eventually kry ek 'n plek, maar is nie seker of dit die een is waarvan hulle gepraat het nie.

Die plek is gepak en dis negeuur in die aand. Ek loop bar toe en kry vir my 'n lekker gemaklike seat en besluit om bietjie Amerikaans te trek. Ek tune die barman "Wazzuup!" soos in die Bud commercials. Hy't nie gedink dis snaaks nie.

Dis hier waar ek vir die eerste keer die nuwe Usher tune gehoor het en geskiem het, 'n mens kan nogal lekker booty swaai op hierop. En was ek reg, soos julle in Deel 2 sal uitvind. Na 'n hele paar Fosters besluit ek toe dis seker huis toe gaan tyd. "O ja," onthou ek toe ek uit die bar uit stap. Ek is nie in P-Town nie en ook nie in Sidewalk Café nie. Hoe de fok gaan ek by die hotel uitkom? Ek kan nie al die kere onthou wat ek gejigga right en gejigga left het nie. Dis nou vir jou 'n penarie. 'n Lang gesukkel later kry ek eventually die hotel en mission op kamer toe. Net voor ek by die lift kom hoor ek 'n stem wat agter my aanroep: "Excuse me sir, may I see you driver's licence?" "Drivers licence?" vra ek.
"Or any identification that proofs you stay here." Jirre dis al wat ek nodig het.

Nou as mens dronk is dan voel mens altyd skuldig oor iets, of miskien is dit net ek, of miskien is dit net omdat mens nie lekker kan praat nie. Ma op daai stadium het ek gedink hierie chick gaan nie saam met of vir my by die bed laat uit kom nie, al wil ek net vir haar my "paspoort" wys. So toe probeer ek haar aandag van hierdie licence af trek waarvan sy die hele tyd praat. "Trek my vinger," tune ek haar. So vinnig soos jy kan sê "Rrrrt" los ek 'n stewige Fosters-for-beer-poep en sny 'n lyn kamer toe. Ek het nog nooit so vinnig gehardloop in my lewe nie. In die kamer sluit ek my deur en haal een diep asem. Ek het dit gemaak. No sweat.

Respect.

Dis toe dat daar 'n klop aan die deur is: "Excuse me sir, may I see you driver's licence?" Fok!

wezsideBriekmerke in die Big Easy – Deel 1

Gooi Comment