Obituaries – Dalene Matthee en Hunter S Thompson

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Almal van ons het een of ander tyd in ons lewens ‘n boek van Dalene Matthee gelees. Of dit nou was vir Afrikaans op skool of omdat dit was omdat daar niks anders in die huis was nie – jy’t geweet van haar boeke. Haar bekendste masterpieces is Fiela se Kjend, Kringe in die Bos en onlangs Pieternella van die Kaap en Toorbos. Sy het die ATKV prys vir goeie populêre fiksie vier keer gewen as ook ‘n Switserse literatuur toekenning vir haar “energieke literêre werk en haar passievolle belangstelling in natuurbewaring”. Haar boeke is in 14 verskillende tale vertaal – insluitend Icelandic en Hewbrew. Hectic.

Ek wonder nog altyd of haar van nie Matthew was nie, maar omdat sy Afrikaans is en aldus Afrikaanse boeke geskryf het, haar van verander het nie. Ou mense is mos maar fucked up as dit by die Ingelse language kom. Niks lekker nie. As die die geval is, dan moes dit seker haar hart gebreek het toe hulle dit in Engels vertaal het. Seker nie te hard nie, want die kommissie moes amazing gewees het. Anyway, my punt is, sy het befokte boeke geskryf. Sy was ook immers ‘n Afrikaanse skrywer wat meeste mense van geweet het.

Almal weet sy het nou nie lewensveranderingswaardige boeke geskryf nie, maar as dit nie vir haar was nie, kan julle dink hoe jou ma jou lewe kon hel maak? In plaas van lees aan Fiela se Kjend/Toorbos/Kringe in die Bos, kon sy jou gebliksem het omdat jy weer die kat in die wasmasjien gegooi het. Gelukkig vir jou, het Daleen jou ma se gemesmerise met haar amazing skryfstyl, dat sy nie eers die kat se geskrou gehoor het nie. Jy owe haar baie.

Ons moet ook onthou dat die movie van Fiela se Kjend vir Saartjie meer famous gemaak het. Wat was haar naam nou weer – MEISIEKJIEEND, maar haar real life naam? Kyk nê, sy was ook nogals fashionable in daardie movie gewees, ek meen, sy het meer geteasde hare gehad as Cher en Jennifer Rush in die 80’s combined. Wat daarna van haar geword het weet ek ongelukkig nie – kan ook nie Google nie, want weet nie meer wat haar naam is nie. My punt is, well done. Jy het die haarstyl afgepull. Ek dink dit is wat ek wou se…

Vir my was haar beste boek die een waar die vrou deurmekaar geraak het met die bobbejane. Ryk getrou het en toe het al die neighbours haar mos min gesmaak. Interesting twist wat jy net eers aan die einde uitvind. Baba geraamtjies wat uitspoel alles. Lekker grillerig – so in Afrikaans.
 

‘n Minuut stilte vir Dalene, sy verdien dit.

Maar so van os op jas – toe skiet die Hunter S Thompson (67) homself. Wie is hy wil jy weet – wel, sy bekendste werk is Fear and Loathing in Las Vegas. Beteken dit nog steeds niks vir jou nie – wel dan kan niemand jou help nie. Jy het ‘n gat in jou opvoeding en moet onmiddelik Mr Video toe gaan en ‘n copy gaan huur. Basic storyline, ‘n ou vat ongelooflik baie dwelms op soek na die American Dream in Vegas. Jy sal ook acid wil vat en ook Vegas toe wil gaan. Ek wil ook eendag ‘n hotel kamer so op fok.

Fear and Loathing het die rakke getref nadat Sports Illustrated hom as joernalis gevra het om ‘n kort artikel oor die mint 400 motorcycle race in Vegas te skryf. Thompson besluit toe, wat ‘n lame job, tradisionele joernalisme se moer, I’ll do it my way – en so is “Gonzo Journalism” gebore.

(“Gonzo journalism is a style of writing which captures the mood of a place or event and the journalist's experience of being involved with the action, rather than simply writing an account of the event itself, working on the basis that such writing carries more truth.” – pure genious as jy my vra…)

So toe hy gevra word oor die race te skryf, het die man verkies om die artikel the baseer op die experience van daar te wees in plaas van die race self. Capice? Die boek volg dus die spore van die “fiksionele” skrywer Raoul Duke (wat heel obvious op Thompson gebaseer) en sy prokureur, Dr Gonzo (gebaseer op Thompson se real life prokureur Oscar Zeta Acosta) soos hulle eksperimenteer met ieder en elke vorm van dwelm in Las Vegas en ‘n poespas, hallucinatory trip deur die stad vat.

Imagine dit is jou documentary of autobiography. Ja kinders, as julle meer wil weet oor julle oupa, kyk Fear and Loathing in Las Vegas – respect. Klaarblyklik het Thompson ‘n gebreekte been gehad wat hom te veel gepla het en toe pleeg die man selfmoord. Laat mens wonder hoe seer dit moes gewees het. Maar die spekulasie kom reg uit die Metro uit – ‘n free pick up magazine wat jy kry as jy die treine of tubes ry in London. Moet my nie quote hierop nie. Dit mag dalk net so goed geresearch wees soos die meeste Huisgenoot stories. Die man was fokken weird though. In 1968 het hy gestaan vir Pitkin County sheriff, maar het verloor.

Sy se dood het opspraak veroorsaak, want hy is ‘n legend in sy eie reg.

Op ‘n onpersoonlike en onsimpatieke noot, op elke website wat ek lees se hulle “He fatally shot himself in the head.” Jy moet nogals ‘n kak skoot wees as jy jouself nie “fatally” in die kop skiet nie. Food for thought.

Maak die kantoor stil en hou ‘n minuut stilte – twee legends van die literêre wereld oorle op een dag – dis nie krieket nie.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeObituaries – Dalene Matthee en Hunter S Thompson

    Gooi Comment