I must have been laf, but it’s over now – die Roxette storie

In Snotstories deur Chopper Charlie1 Eiertjies

Dis die laat eighties en niemand dink nog George Michael is gay nie. By Vereeniging Hoër staan ons buite rond in ons paisley hemde en snow denims. "Jirre seuns, hierdie sokkie is sommer poes," reken Playboy
. Die volgende oomblik bars daardie bekende guitar riff in, gevolg deur die drum track en dan daardie soete onvergeetbare woorde:

"Walking like a man / Hitting like a hammer / She's a juvenile scam / Never was a quitter / Tasty like a raindrop / She's got the look"

Hey! Pappie! Soos een man betree ons die saal en begin vervaard hol te swaai. Dis mos die tune dié pappa. Dis 1989 en Roxette lyk fokken skerp. Once.

Vergeef ons Vader, ons het nie geweet wat ons doen nie. Sweer.

Vanwaar Gehasi?

Marie Frederiksson en Per Gessle word in Swede gebore, onderskeidelik 46 en 39 jaar terug. Eeeuu! 46? Wel, daar gaan daardie fantasieë. Siesa man. Nee tannie Marie. Blykbaar was ou Per reeds 'n solo artist in die eighties, seker maar in Swede want sy tapes was nie in V'Town beskikbaar nie.

Hy word ontdek deur die ex-manager van ABBA wat hom laat opteam met Marie – aldus Roxette. Die manager bra was seker fokken bly want sover ek weet het daar nie juis veel popmusiek uit Swede gekom (na ABBA se breakup) nie. Die jirre alleen weet hoe die man daai tyd brood op die tafel gesit het. Shame. Arme Swede.

In '86 release hulle hulle "eerste" album in Swede – "Pearls of Passion". Sien jy hoekom die aanhalingstekens? Ken jy daai album? Ek-fokken-zakly. Eerste demo is more like it.

Roxette lyk sharp

Hierna is dit die grote – "Look Sharp" – kompleet met newspaper print en als. Fokken cool. Die album slaan die rakke 1988 in Swede (who cares?) en toe die wêreld in 1989. Die storie loop dat 'n uitruilstudent die tape saamgevat het Amerika toe na sy trip. Na dit op die radio gespeel is gaan dit toe nommer een – nog voor die album release is. Fokkenell. Ek skiem Per en Marie skuld iemand 'n geldjie.

Anyway, "Look Sharp" was 'n super album. Moerse hits soos "The Look", "Dressed For Success", "Dangerous" en "Listen To Your Heart" het menige eighties tieners se muisneste behoorlik deurmekaar gekrap. Oe, hulle was cool. Tannie Marie was hot vir die outjies en Per het so mopkop gehad en baadjies gedra – wat meer wou jy hê?

Lekker catchy tunes, electric kitaar waar nodig en 'n mix tussen outjie en vroutjie vocals. All in all was dit 'n befokte afsluiting van die eighties. Moerse pop en oppervlakkig. Dik nice.

Asof dit nie genoeg excitment was nie, release hulle "It Must Have Been Love" op die "Pretty Woman" soundtrack in dieselfde jaar en guess what? Nommer een pappa. Straight. Lekker binnebeenskoffel by sokkies en broeknaai sessies op PresLes linne was widespread hierna.

"Look Sharp" verkoop agt miljoen kopieë en "Pretty Woman" sommer nege miljoen. My copies van altwee albums het naderand al getrek van baie luister. Dis reg, jonger watkykertjies, tapes was 'n obsolete en simpel tegnologie wat kon trek en breek in die son of as jy hom te veel luister. Hahaha. Tapes. For fuck's sake.

Roxette se "derde" album (moenie vergeet van die Sweedse "debuut" nie) tref die wêreld in 1991. Sy naam is "Joyride" en die title track begin met so simpel gefluitery. Hierdie outjie was saam met my radio ingesmokkel veldskool toe waar ons disko gehou het met flitsligte saam met die laaties van Alberton Hoër wat ons heeltyd wou moer.

Laaaang storie…

Nie 'n te bad album nie en hits sluit in "Joyride", "Spending My Time" en "Fading Like A Flower". Hierdie album verkoop sommer fokken nege miljoen copies, want check almal het nou al Roxette se eerste album oorgetape op TDK Hi-Definition tapes – maar nie die 90 minute soort nie want hulle trek makliker. Hahaha. Fokken tapes. No ways.

… en toe minder sharp

Hierna toer die mense oor die hele fokken plek en dit lei tot 'n toeralbum – "Tourism – Songs from studios, stages, hotel rooms & other strange places". Soos die naam al klaar suggest was hierdie 'n complete cop-out. Sommer 'n lot kak wat hulle aanmekaargeflans het toe die snarf bills te veel raak. Dit verkoop nog steeds sewe miljoen albums. Verbysterend.

Op hierdie stadium is ek toe al moerse into Guns 'n Roses, Motley Crue en Poison so ek maak of ek nooit van hulle gehou het nie. Darem koop my jonger susters toe nog die albums. Sjoe.

Dis ewe skielik 1994 en Roxette maak reg om te "Crash! Boom! Bang!" – snaaks genoeg ook hulle album titel daardie jaar. Hulle verkoop steeds vyf miljoen copies, ten spyte van die simpel liedjies. Not beeg.

In 1995 kry ons "Don’t Bore Us – Get To The Chorus! Roxette’s Greatest Hits" met 14 hits en vier nuwe tunes. Die volgende jaar tune hulle "Baladas En Espanol". Ja, dis reg. 'n Sweedse band wat barely Engels magtig is record sommer hulle beste tracks in Spaans – uitgegee deur 'n Amerikaanse company.

Hoe goed die album is weet ek waaragtig nie. Seker so goed soos 'n McDonalds Fillet-O-Fish. Ugh.

Nog steeds hier?

Teen hierdie tyd, moet ek sê is Roxette al lekker naff. Enige iemand wat Roxette teen 1999 nog luister het tien teen een sulke lang boude in 'n snow denim en dra hulle selfoon in 'n belt clip. Nie cool nie.

Wat doen Roxette in '99? Hulle release "Have A Nice Day". Dis gewoonlik mos wat mens sê voordat jy gly by 'n plek. Have a nice day. Cheers and spot you. Nie hierdie Swede nie. Die jaar 2000 sien weer 'n greatest hits "Don't bore us, get to the chorus – Greatest Hits". Huh? Was ons nie al hier nie? Scroll bietjie op. Watdefok?

Seriously scraping the barrel ouens. Hoe lank nog? How long? How long must we sing this song?

Die kat kom weer in 2001 met "Room Service" en die irriterende maar catchy "Centre of My Heart" maak ouers en simpel mense weer excited. Die een song gaan iets soos "Tell me What am I gonna say when I find the centre of my heart is a suburb to the brain?" of so iets. Draks skiem ek. Veral cheap draks wat dit doen. Welconal. Of dalk buttons.

Gelukkig het meeste van die heelal hier al interest verloor.

Ou meubels

Vir oulaas try die record company met "The Ballad Hits" wat (predictably) bestaan uit die tracks wat teenagers (en deesdae middeljariges) aan mekaar laat hang het asof daar geen more was nie. It must have been love. Whatever.

Don't bore us. Retire already.

Volgens fansites het beide nou onlangs solo albums uit, Marie s'n in Engels en Per s'n in Sweeds. My Sweeds is nie wat dit moes wees nie, maar ek verstaan dis nogal nie 'n kak album nie.

Ek weet darem nie. Kyk, te veel van 'n goeie ding fok mettertyd ook maar uit. Gewoonlik baie lelik. Mens kan maar net hoop dat
Tannie Marie opgehou het om sulke stywe plastic broeke te dra op haar gevorderde ouderdom.

Die gode behoed ons…

Chopper CharlieI must have been laf, but it’s over now – die Roxette storie

Comments

  1. Driesman Jansen

    In die nineties,toe Joyride uitgekom het,was ek seker so 11 of 12 en nog op laerskool.Almal het daai fokken tape gehad.Die cool St.5 ouens met die lang kuiwe en het met lang siegrets en walkman in die ore,soggens agter die busstoor gestaan en luister na dit en Bon Jovi,terwyl hulle alte salig aan ‘n skyf teug. Man,daai Joyride het so ‘n moerse impak op ons Grissie gemeenskap en skool gehad latie groot Grissie hoof vir ons eenkeer net voor die fuckhansie begin het,in die saal gepreek het”Gaan jy die vakansie by die game shop staan en se,Jesus hiers vir jou 20 cent,speel jy solank daai game dan speel ek die een.Julle het nie meer respek nie want dis daai musiek wat julle luister,daai musiek wat se,I love the devil,hell is the place to be,daai heavy metal,daai…ROXETTE!!! Jire..

Gooi Comment