grifFin se lys van haat en kattekwaad

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Ons almal het maar 'n pyn met 'n paar goeters. Party mense hou nie daarvan as die Smurfies hulle onderbroeke kom steel terwyl hulle slaap nie. Ander mense like nie van poep in geselskap nie. Party mense haat die woord "poes". Each to his own, I guess.

Hierie is 'n lys van so paar goeters wat grifFin byvoorbeeld minder van hou:

Rosyntjies: Fokken oumensdruiwe. Lyk kak, proe kak. Werklikwaar jou top tipe grilkots versnappering. En mense sit dit in brood en god weet wat alles? Nee jong. Skaam. So what as dit goed is vir jou? 'n Glas whiskey 'n dag is ook goed vir jou, maar jy sien my nie by die werk dri… uhmmm, kom ons move aan…

Kripmies agter stuurwiele: Jy sien hulle so nou en dan. Dinosaurs met Coke bottel brille wat soos papegaaie aan hulle stuurwiele klou teen 70km/h of selfs laer op die highway – en dis nie asof hulle karre dit nie kan handle nie. Ry gewoonlik mid-90's en opwaards babapoef blou Corolla's of silwer Daewoo's.

Enige hond wat klein genoeg is om as slippers te gedra te word as jy hulle hard genoeg skop: Poedels veral. Miniatuur skape met stink asems wat vir minder as fokol blaf. Kak waghonde. Bad dog!

Hypocrite Christene: Mag drink, rook, vloek, voor die huwelik naai en hullself Christene noem, want Sondag as hulle in die kerk met hangovers sit en bid vir vergifnis is dit sharp. Vir hulle werk dit soos 'n Pray-As-You-Go recharge virrie week. Lekker blaaint. Die bybel word ook sommer lekker uit verband geruk soos dit hulle pas soos swart mense wat nie mag hemel toe gaan nie en al daai kak. Amen.

Draf: Hoekom hardloop as niks jou jaag nie? Dis donners moelik want die drink mors heeltyd en dan donner die ys uit.

George Bush en sy Republicans: As hy regtig inspeksies wil doen vir weapons of mass destruction, is hy veronderstel om lande soos China, Korea, Iran, Rusland en Pakistan ook aan te val. Of enige ander land waar dit nie bestaan nie, soos Irak en Suid Afrika. O nee wag so bietjie…

John Kerry: Net so groot aap soos George Bush. Loop net bietjie meer regop en arms is bietjie korter. Verander sy standpunte vinniger as wat 'n expat in Nigeria sy jocks verander na kripsie chicken. RRrrt!

Krimpies wat fokol uitmaak van enige deel van die IT industry: "Ja-nee sien, klein Frikkie is mos in rekenaars. Ek weet nie eers waar om die bleddie ding aan te sit nie!". Reality is, Frikkie die klein kont is 'n graphic designer en maak tien teen een self fokol uit waar om die fokken ding aan te sin. Mos in in rekenaars in. I oughta…!

Mense wat so aangaan oor Afrikaners en Afrikaner wees en volk en trots en die jirre weet wat nog: Sorry ouens. Afrikaners eet gras en Saterdae as ons raggas kyk en brannas looi en die chicks slaai maak en saam-saam gaan skelm poep in die toilet, dan braai en eet ons die Afrikaners. Afrikaner biltong is ook lekker. Daai met die vet aan. Fokken lekker.

As die Pope jou vra om sy gras te sny en jy sien net doringbome orals en so ou op 'n bike stop langs jou en tune "Have you seen this boy?" terwyl hy vir jou 'n foto wys en jy is eintlik by Oppikoppi en een of ander poes het acid in jou tequila gegooi. Af ouens. Soos brood.

Drugs oor die algmeen: Ek sal julle pilkoppe en raasblare nog 'n keer vra: Wat is nou so cool hom goeters te snuif wat vir meer as 8 ure lank in 'n Nigeriër se hol was? En heroïen. Wat the fuck is up with that? As jy jouself wil spuit, doen dit ten minste corporate style. Trek jou das styf teen jou keel vas, tap jouself teen die nek en druk die beesspuit by jou temple in tot jy beheer oor jou blaas en poefpyp verloor. Blerrie fool.

Swart mense wat ongelukkig raak as jy hulle uitkak oor iets en dit san sommer lekker gerieflik as rassisme sien: Vat net kritiek soos 'n normale persoon asseblief. Mense se my gereeld "grifFin jou dom poes!". Wat is ek veronderstel om te doen? Iets kwyt te raak soos "Wat? Noem jy my fokken wit? Jou fokken racist?"

Michael Moore: Fine, die ou het bietjie kak gestir en van dit was snaaks, maar hy gaan tekere soos 'n ongelukkige disadvantaged wit Amerikaner wat deur sy regering onderdruk word. Die ou is 'n miljoener for fuck's sake. Op Bowling for Columbine voer hy 'n kort interview met Matt Stone (een van South Park se creators) asof hulle dik tjommies is. Kyk bietjie Team America, World Police (wat ook deur die South Park ouens gedoen is). Kyk wat gebeur met die vettie in daai fliek. Loser.

Kak flieks: Al die Matrix movies, enige iets met Meryl Streep in, enige fliek waarin Tom Hanks en Meg Ryan saam in is. In fact, enige fliek waarin Tom Hanks speel. Flieks waarin diere praat of klere dra. Al die Star Wars movies (ja, elke liewe een). Nee, die eerste drie is nie classics nie. Sharrap!). O ja, en al daai chicks flieks wat mens moet deursit net sodat jy bietjie bederfie kan kry na die tyd.

Daai fokken simpel Afrikaanse compilations soos Naai 6 of Balke Toe 13: Hoekom? Hoekom? Hoekom? Wat op aarde kan lekker wees aan doef-doef musiek met mense wat oor die grootste kak onder die son sing? Julle moet onthou dat julle bure het mense. En partykeer is bure Engels. Lekker naam weggooi!

Mense wat goeters vir my forward wat ek self geskryf het 3 jaar terug en my dan tune dat ons dit maybe op Watkykjy kan gebruik: Wakker word jou aap. Ek sal hierie storie ook seker in my Inbox kry oor 'n jaar of so. Dus voeg ek gou hierdie lyntjie by: griffin het hierie storie vir www.watkykjy.co.za geskryf. Moenie weer vir ons stuur nie. Moenie by Begin verbygaan nie, moenie R200 insamel nie. Gaan reguit tronk jou kindermolsteerder.

Mense wat maak of hulle swart vriende het: Ag tog te PC, is dit nie? 'n Vriend is iemand wat by jou huis kom kuier of vir wie jy gaan kuier om te braai of te suip of videos te kyk of skommies te maak of whatever jy en jou regte vriende gewoonlik doen. Ongelukkig is ek nie PC nie, sorry. Ek het nie een swart vriend nie, alhoewel ek 'n klomp swart mense ken en partykeer 'n bier saam met hulle drink. Behalwe die Moslems. Hulle mag nie drink nie. Drink is mos van die Duiwel.

Hierie Viagra spam wat almal so in die mail kry: Baie dankie Amerika. Baie dankie vir al julle fokken mail. Ek soek asseblief vier van daai pakkies om my kort, dun Afrikaanse slap piel so regop te kry soos die windpomp wat hy is. DHL dit asseblief vir my teen $400 en dan sal ek weer bestel sodra die volgende e-mail inkom. Ag sorry, maak dit vyf pakkies. Ek sien ek het nogge mail. Dieselfde geld vir daai doos in Johannesburg wat wil he ek moet ink refills by hom koop. Ek vlieg sommer my Cessna in sy kantoor vas. Ek weet waar jy bly ook china!

Bouncers wat mense in saal 1,2 en 3 in die hospitaal in bliksem: Met genoeg geweld kan jy jou vinger in jou hol afbreek. Probeer dit liewer. Ten minste sal dit funny wees. "HAHA, daai bouncer het nou net sy vinger in sy eie hol afgebreek! Eeeu, wat ruik ewe skielik soos Robert Downey Jr?"

Die Spur in Amanzimtoti: As jy die grootste Spur in SA wil wees, moet jy sorg dat jy genoeg waitresses het oor die festival season of jy moet liewer toe bly. Oorwerkte dikbek chicks met stadige diens kry nie tips nie, werk dan stadiger en word meer dikbek. O nee wag sy het 'n tip gekry: "Never jump out of a moving bus."

Die Seal Pantomime by uShaka: Nee ouens. Laat die seals maar net tricks doen. Moenie lame-ass stories gaan staan en uitdink nie. Los daai kak maar vir die mense in Hollywood wat vir Tom Hanks cast. Of die producers van Sarafina wat so lekker geld steel. Die dolfyne se show is nie te kak nie. Hulle wheelie so op hulle sterte en dan lag ek myself so 'n papie en vee die trane af en gaan koop nog 'n roomys.

Stupitte assholes wat vir like 3 maande in Amerika of die UK was en dan terugkom met aksente en vra vir cream vir hulle koffie in plaas van melk. Wat probeer jy doen? Is jy mal? Moet mamma bietjie die koorspennetjie iewers indruk of gaan jyself ophou simpel wees?

Pikkewyne: Hulle fokken freak my uit. Ek weet nie mooi hoekom nie, maar hulle is verskriklik creapy. Seker daai blerrie Batman fliek se skuld. Of daai keer toe dit so erg pikkewyne gereën het toe ek in Alaska was om die Green Peace boot gaan toiletpaper.

Spietkops wat jou aftrek vir whatever rede en dadelik 'n fokken kak attitude het: Ek weet ek het iets verkeerd gedoen, ek sal die fine betaal. Hou net op om so 'n poes te wees uit die staanspoor uit. Verander julle attitude en die general publiek sal hulle attitude ook verander. Dis jou job om fines te gee en general orde te skep. Try dit met 'n smile doen. Hou ook sommer op om heeltyd oor al die rooi ligte te ry. Ons weet in elk geval jy is oppad kafee toe om Gunston Plain en effies te gaan koop.

Deel met jou tjommies!

    griffingrifFin se lys van haat en kattekwaad

    Gooi Comment