Charles en Camilla kys

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Uiteindelik moet ek seker bylas. En mens sal dink dat die wêreld sal juig dat die twee finally besluit het om dit te doen, want as die monarchy sulke losse sedes het, kan julle julself mos net in dink hoe die jeug van die land moet wees. Dit maak actually nou fokken baie sin – Engeland het seker die mees ongemanierde, fucked up kinders/jongmense in die wereld. Maar soos ek sê, met rolmodelle soos Charles wat voor die huwelik seks het, verstaan ek dit. Die jeug is mos so beïnvloedbaar.


Maar dit gaan nie hier oor die sweetpak-wit-sneaker-draende jeug nie, dit gaan oor die debakel om die troue. Want voor jy kan supercalifragilisticexpialidocious sê, is daar chaos. Want nou kom al die legal nerds en skree die act en daai act en die troue is onwettig en verkeerd. Kan jy nou meer? Dit het so ver gegaan dat die Lord Chancellor Falconer – nogals ‘n smart titel – dinge moes uitsort. Hy roep toe almal bymekaar en sê: ”Stop julle kak. Dit is wettig, so watkykjy?” Nou nie heeltemal ‘n direct quote nie, maar dis naby genoeg.

Waaroor was die kontroversie hoor ek jou vra? En soos alle troues was daar nie net een probleem nie, dit is ‘n comedy of errors. Eerstens wou hulle in die familie naweektuiste, Windsor Castle trou. Maar onder Britse lisensie wetgewing (as iemand vir sulke groot woorde jou kant toe gooi, weet jy daar’s kak) werk dinge so, as jy erens wil trou, moet jy check dat die plek waar jy trou geregistreer is vir troues. En as die plek wel geregistreer is, mag enige iemand daar trou. Wat basies nie krieket sal wees vir die royals nie, want dan kon enige ‘commoner’ in Windsor Castle trou. Glad nie krieket nie.

Okay, okay, dis net ‘n venue, dit kan seer sekerlik maklik verander word. So toe kies hulle die 17de eeu Guildhall in Windsor, baie naby die kasteel. Die papparazzi, parasiet en publiek kan dan darem die happy couple sien in gaan en uit kom. So basies is dit ‘n civil ceremony wat gevolg word met ‘n kerkdiens in St George’s Chapel.

Probleem nommer twee, jy’t van jou stuck-up ma vergeet prinsie. Dit is nogals moeilik want sy is nie ‘n vrou wat like daarvan om van vergeet te word nie. Dog box vir jou ou. Anyway, die queen tune toe dat sy nie na die civil service toe gaan nie, fok dit, ek het beter dinge om te doen as om na my seun se tweede wedding toe te gaan. En die press office van die royals sweer hoog en laag dit is nie ‘n snub nie. Nee, sy wil nie ‘n sirkus van die troue maak nie, hulle wil dit ‘n low key royal wedding hou. Klink vir my soos ‘n snub, want Britte raak opgewonde as popstars poep, so dink hulle eerlikwaar dat ‘n royal troue saggies verby gaan sluip? I think not…

Dan is daar ‘n klomp kleiner probleme. Die kerk kan moontlik issues hê, want as Prins Charles eendag Koning word, is hy supreme governor van die Church of England. Siende dat Charles geskei is (al is Dianne oorle) en Camilla ook geskei is (maar haar man lewe nog), kan sommige Anglicans voel dan die trouery van geskeide mense nie reg is nie. Dan sal die publiek ook nooit oor Camilla kan voel soos hulle oor Diana gevoel het nie – ek meen Camilla was een van die groot redes hoekom die twee geskei het. En Diana was ‘n saint. Verder is daar geen best man by die troue nie. En Harry smaak blykbaar nie vir Camilla baie nie, maar hy en William is bly sy pa is gelukkig(?).

Maar natuurlik is daar ‘n wonderlike liefdestorie agter die storie. Camilla en Charles het al in 1970 ontmoet by ‘n polo game. Apparently was haar oumagrootjie (Alice Keppel) sy nog-een-voor-oupagrootjie (King Edward VII) se lover. Sy het hom herinner daaraan en toe ewe flirterig vir hom gevra:, “How’s about it?”. Die twee het nie getrou nie, want volgens die familie was hy te jonk en sy was nie ‘n royal virgin nie – haar vorige lovers kon moontlik met die press gepraat het, innit?

Charles gaan toe Royal Navy toe sonder om te propose en Camilla skeem toe sy gaan nie vir hom wag nie en trou met Andrew Parker Bowles. Charles trou met Diana, hê twee kinders, Camilla skei van Andrew, Charles skei van Dianna, Diana peg en na al die tyd is die twee nog deeply in love. How sweet. Veral toe die press ‘n voice recording van hulle laat nag geflirtery in die hande kry waar Prins Charles vir Camilla confess dat hy wil wens “to be reincarnated as her tampon”. Sies. Anyway, die twee is mal oor mekaar. Hy het klaarblyklik op sy royal knee gegaan toe hy propose het.

Maar Charles moes seker maar net na die geskiedenis gekyk het want Eleanor Hermon, skrywer van “Sex with Kings: 500 Years of Adultery, Power, Rivalry, and Revenge”, reken dit was nog altyd die onpopulêre keuse as die koning met sy skelmpie trou. Camilla maak die slim keuse om nie die “Queen” title te vat nie, maar eeder "Princess Consort". Weird but true.

Britte reg oor die UK is so ontsteld dat ‘n recent poll (YouGov) gewys het dat slegs ‘n derde van die mense nou dink dat Charles fit is vir King en ‘n kwart van hulle reken dat die monarchy moet stop sodra Queen Elizabeth II retire of peg.

Maar op die ou end van die dag is dit ‘n happy ending vir die twee ou mense wat stadig maar seker meer plooie en gryshare kry – kompleet met kastele, diensknegte en ‘n skoonma wat rerig die laaste woord inkry. Miskien nie so seer ‘n sprokiesverhaal nie, maar ‘n morsige, real-life liefdesverhaal. Ouens moet maar reg maak, want hier kom nog ‘n chick flick.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeCharles en Camilla kys

    Gooi Comment