Van sop nazis en crackwhore haircuts

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Ek het nog my hele lewe lank 'n haarsny vir granted gevat. Ten spyte van alles wat verkeerd kan loop gaan dinge gewoonlik nogal smoov en 'n ou lyk ook half olraait virrie vye. Ek onthou toe ek 'n laaitie was het ek na my Oupa se barber toe gegaan. Dit was 'n moerse cool plek in Benoni, Oscars, en die barber se naam was actually Oscar. Ek dink hy was Grieks. Oscar se barbers het een van daai rooi en blou pale buitekant gehad wat altyd buite daai ou haarkappers was. Binnekant was dit rokerig gewees met 'n paar ou ooms wat rondgesit het en kak praat. As mens deur die agterdeur in die kantoor geloer het kon jy 'n Scope almanak teen die muur sien met geel sterretjies op haar tieties. Dan was daar die stoel – daai cool leer stoele wat jy altyd in die movies sien wat met hydraulics werk. Short back 'n sides was my styl gewees. Ek was vyf en 'n haircut was 'n haircut.

Toe ek hoërskool tref kry ek my eerste spiky haircut, moerse trendy maar dit was meer my ma se toedoen as enige iets anders, by standerd sewe het ek 'n sypaadjie met 'n kuif wat veronderstel was om twee vingers bo my wenkbroue te wees. Menigte houe geval oor daai kuif na haarinspeksie – haarinspeksie, wtf? Met die side partings het die steps gekom maar steps was illegal in ons skool soos candy flips – so weer het daar houe geval. Dis op hierdie ouderdom waar 'n haarsny nie meer net 'n haarsny was nie, dit het iets geword wat jou in serious diepwater kon laat beland. Standerd agt wil ek nie regtig oor praat nie – 'n table top was die orde van die dag en dit was maar 'n kwessie van fit in or fuck off soos dit met alle kinders in alle skole is.

Na skool was daar geen kwessie nie – ek moes my hare groei, dis net een van daai dinge. Dit was freedom beyond belief, geen inspeksie, geen menere vol kak nie. Die kakste ding van as jy jou hare groei is as dit by daai odd bob lengte kom. Selfs die mooiste meisies sukkel om 'n bob af te pull. Eventually het ek 'n decent kop vol hare gehad – sou enige metalhead proud gemaak het selfs al het ek nie na metal geluister nie. Meestal het my hare my geirriteer en dan het ek dit in 'n pony vasgemaak. Pony's is nie lekker nie. Met lang hare het ek wel my freedom ge-exercise… my freedom om meer gepoes te word that is. Dit was 'n licence vir pampoenboere en koshuisouens alike om my 'n sissie te noem, my aan die hare te gryp en te moer dat die spoeg spat. Chicks dig it though. Maar toe kom die eerste Rage Against the Machine album en my buddy het 'n paar clippers vir sy verjaarsdag gekry. It was the dawning of the age of the undercut. Fokken hectic bra, why didn't someone tell me.

En nou? wat nou gemaak? Universiteit is verby en ek sport weer 'n short back 'n sides. Is als beter? Is die pyn, humiliation en general discomfort van klein haartjies in jou nek verby? Nie 'n fok nie. Dis nou vier jaar in Londen en ek sny my hare op 'n gereelde basis by Hair by Fairy in Covent Garden. Hoekom hoor ek vra jy sny ek my hare by 'n plek genaamd Hair by Fairy? Want hulle is goedkoop en kan half okay sny, maar dis net helfte van die storie. Die plek word gerun deur 'n crazy Italianer.
Vir die van julle wat al die Seinfeld soup Nazi episode gesien het sal weet presies waarvan ek praat. Hierdie ou vat nie kak nie. Arriveer. Name?! Deluxe. Why you come now?! Deluxe, come back in 30 minutes! (30 minute verloop). Name?! Deluxe. Deluxe take seat! Sit lees FHM, cool Brad Pitt het 'n nice haarsny, miskien moet ek my hare soos Brad s'n sny, meisies hou van Brad. Deluxe take seat at basin! Iemand was my hare met surgical handskoene, dit maak so bietjie seer en dit maak 'n snaakse geluid waarvoor ek gril. Nou sit ek weer by die deur, my hare is nat en ek wag vir 'n kapper. Langs my sit nog 'n paar druipstert nat honde. Deluxe take seat with Miyoko! Okay Miyoko verstaan nie 'n woord wat ek se nie. In fact ek dink sy's dalk van 'n land ver ver van hier af. Ek beduie, sy frons al meer, rrrtttt! Ek knyp my oe toe en dink fokkit dit sal teruggroei. 10 minute later en ek's klaar, my hare lyk cool, ek betaal 'n skamele 11 skille (baie min vir Londen) en ek smile.

Dis tot gister. Ek lees van 'n nuwe cutprice haarsny plek in die Eastend naby Hoxton. Hoxton, home of the Hoxton fin, die punk haarsny wat Beckham in die World Cup gehad het. Moerse trendy. Ek dink dit moet beter as die soup Nazi wees, ek maak 'n afspraak.

Dit reën/sneeu so gelyk en dis fokken koud. Ek loop so kilo om daar aan te kom maar ek is moerse chuffed, dis 'n cool trendy plek wat nice klere en stuff verkoop. Daar is cool ouens wat daar binne shop wat lyk of hulle dj's kan wees. Hulle point my na die agterkant van die shop waar 'n gay ou (wat is dit met haarkappers?) my vra hoe ek my hare wil sny? Befok die dude praat soos Engels en stuff. Ek sit met my kop in die basin. Die ou was bietjie rof maar maybe is hy net pissed off met my omdat ek 'n lunchtyd booking gemaak het. Fokkit bra die water loop in my nek af en dis koud, en die seep kom in my oë. Dis nie lekker nie as die ou nie wou gehad het ek moes lunchtyd kom nie moes hy so gesê het. Okay sit voor die spieël en hy begin sny.

Hy het moerse baie tattoos oor al sy arms en in sy nek. Ek maak small talk, hou hom fyn dop. Shit die ou bewe bietjie baie vir 'n haarkapper… hy hou 'n bietjie hare vas en dan mik mik hy so vir drie sekondes voor hy actually knip. Fokkit hy kannie sy hand stilhou nie – gaps daar sny hy my kuif stomp af. Ek is nou in serious kak, ek notice die ou se neus loop en hy tap in sweet af. Great hy het spots in die vou van sy arm. Major RRRRTTTT! Of die ou is 'n crack whore of hy het Parkinsons want ek dink nie ek het iemand al so baie sien shake in my hele lewe nie. Skietgebedjie hier kom my ore. Gaps! Dit was close, ek dink ek gaan uitpass. Is my oor nog daar? Raait hy is. Dank Vader hier kom die clipper. Laasgenoemde klap soos 'n masjiengeweer teen die plastiekkam soos die ou die rukkings kry kakakakakakakaka. Ek dink ek gaan 'n epileptic kry as hierdie ou nie gou stabiliseer nie. Ek dink ek het uitgeblack van die adrenalien, maar toe ek my oë oopmaak toe's dit verby. Fokken stylie haircut maar ek dink ek gaan 'n hartomlyning moet kry. Fokken nooit weer nie – van nou af sny ek my eie hare. Hoekom kan 'n haircut nie net 'n haircut wees nie?

Super Deluxe 3000Van sop nazis en crackwhore haircuts

Gooi Comment