PMS for dummies

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Ouens het nie 'n benul hoe erg PMS is nie. Nie ‘n fokken idee nie sê ek jou. As jy dink die kak wat jou kant toe kom as jou cherrie dit het is erg, try living through it. Jou mission vir die dag sal wees om enige iets te doen om dit nie af te pis nie. Jou meisie wat gewoonlik ‘n engel is, is PURE EVIL op sulke dae. Bly uit dit se pad uit – is die beste raad wat ek vir enige iemand kan gee.

Meisies wat nie vloek nie, vloek skielik non-stop. Timid meisies raak agro en sal tien teen een die lewendige kak uit enige iets uit bliksem as dit afgepis word. Jy gooi goed rond, wil huil oor fokkol en ALLES irriteer jou en laat jou jou moer strip. Basies is ek in die kakste bui in die hele wêreld vandag – en ek oordryf nie. Ek het vanoggend opgestaan en geweet, "Wêreld, moenie vandag met my kak soek nie, dit gaan of ek of jy wees wat lewendig uit die storie uitkom en glo my, I can take you – all of yous." As ek ‘n ou gehad het, het hy gekak vandag. En dit is nie lekker om met sulke gedagtes die dag in te vaar nie. Dit is hondkak. Jy is demotivated nog voor jy jou voet uit die bed uit gesit het. Probeer dit imagine.

(Ek gaan baie vloek en nie omdat dit vir my lekker is om te vloek nie, maar dit laat my beter voel. Laat sak daardie onheilige wenkbroue, as jy dit nog nie beleef het nie – jou poes ou perd. No uterus, no opinion.)

Jy het ‘n kak nagrus agter die rug. Elke hobbel in jou matras voel asof dit gemaak is om jou in die rug te steek (amper soos jou eks-boyfriend wat met jou vriendin gefokof het – of jou buddy wat jou ma geshag het…). Jy kry te warm dan te koud, dan is jy dors. Jy rol rond soos ‘n vark in die modder, maar unlike die vark, smaak jy dit fokol. Wanneer jou alarm afgaan, spring jy by die bed uit, jy roep ‘n skietstilstand met jou bed en dink, "Vanaand, bed, gaan ek jou opfok. Ek bring back up."

Oppad stort toe hak jou handdoek vas aan jou deur handvatsel. Gewoonlik is dit ‘n roetine beweging om dit los te kry, vanoggend het ek amper die deur uit sy kosyn uitgeruk. Stort en gaan soos gewoonlik in jou kop deur jou kas om te besluit wat om aan te trek. Alles lyk fucked. Jy voel vet, lelik en jou klere het oornag te klein geraak en niks gaan reg lyk nie. Dit is nie eers die moeite werd om jou hare te was nie, want dit lyk anyway altyd kak, so fok die baas, ek gee nie ‘n fok om nie. Klim uit die stort uit, skop die skaal, maak jou toon fokken seer en vloek fokken hard.

Nou moet jy iets kry om aan te trek en net soos wat die stemme in jou kop beloof het, lyk alles kak. Jou klere is kak. Jou lewe is kak. Jy try alles in jou kas aan, moer alles op jou bed, so veel so dat jy nie ‘n bed het nie, maar ‘n hoop kak klere wat jy sweer jy alles charity shop toe gaan vat, vanaand nog. Jy gooi eventually iets aan, kyk nie eers in die spieël nie en hoop maar vir die beste. Make-up – make-up se moer, dit sal vereis dat jy in die spieël moet kyk en glo my, julle is nie vriende nie. Stap werk toe en besef wat jy aan het en strip dan sommer jou moer nog erger, want jy weet jy’t niemand te blame vir jou kak smaak behalwe jouself nie.

Kom by die werk aan en jy kry die mees cheervolste fokker op kantoor in die kombuis wat wil chit chat. Fokof. Nou. Voor. My. Maar jy smile deur dit, maak jou koffie en pap en loop terwyl sy in mid-sentence is. Jirre, dit maak seer.
Jy gaan toilet toe en ja, of course, dit is hoekom jy so befok is. Maar jy het nie vir jou voorberei vir dit nie, so nou moet jy shop toe gaan. Jy besef dat jy truly verby puberteit is as jy jou twee bokse tampons gaan haal, sien dat die queues fokken lank is en dat die Customer Services leeg is. Mens is nie veronderstel om daar te betaal nie, maar die ou is op die telefoon en jy gaan staan kordaat voor die ou, plak jou bokse neer, kyk hom defiantly aan (so as of om te sê: Ek dare jou om my êrens anders heen te stuur, ek fokken dare jou…) en wag vir hom (wat nou ewe skielik stotterend begin praat het) om sy telefoon conversation klaar te maak. Betaal en loop weg met die wete dat die ou fokken embarrassed was – en jy glad nie.

Nou moet jy weer verby die hele kantoor stap, weer toilet toe gaan, so basies dink hulle jy’t of spuitkak of hulle weet hmmm, dis daai tyd. Jy voel dit staan op jou gesig geskryf en die fokkers wat dit nog nie agtergekom het nie, het nog nooit ‘n chick in hulle lewe gehad nie. Office toilette is mos of in die middel of aan die kante van die kantoor, so jy moet heeltyd verby dieselfde fokkers stap as jy toilet toe gaan. Nogals soms embarrassing as jy jou boek saam vat, maar niemand sal iets sê nie, net frons. Jy moet net oppas om nie by ‘n cubicle in te gaan as iemand met ‘n boek nou net daar uit gestap het nie. Give it a minute…

Alles is moeite. Alles. Om jou foon ordentlik te antwoord. Jou pen se ink wat opraak. Jy kry nie ‘n fok jou baadjie aangetrek as jy ‘n skyf wil gaan rook nie. O nee, die ding het mos besluit om vandag ‘n doos te wees en jy jaag basies jou mou in die kantoor rond, dit wil net nie aan nie. Dan besluit jy fok dit, bliksem die baadjie op die grond neer, gooi ‘n tantrum, skop jou drom om in die proses, kyk op na die hemel en kry trane in jou oë. Jy kalmeer as jy agterkom almal op kantoor het gefreeze en jou dop gehou. Fok julle tune jy en gaan rook. ‘n Skyf het nog nooit so lekker geproe nie.

En natuurlik sal die groot baas en die office IT ou op wie jy secretly ‘n crush het sal vandag inkom. So jy lyk kak, jy voel kak, jy ruik na skyf en jy het geen persoonlikheid nie, die donker wolk wat jou orals volg pis jou nog heeltyd nat. Jou lewe is hel. Satan is jou beste vriend en hy is nie baie supportive nie.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraePMS for dummies

    Gooi Comment