Crowded House drummer slat neer

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Joan Rivers: "How did you decide on the name Crowded House?"

Paul Hester: "It was the only one we could spell."

Peter Hester van Crowded House faam, is die afgelope naweek gehang in sy huis gevind. Volgens berigte het hy aan depressie gelei. Hester word onthou as iemand wat vir homself kon lag (volgens mense wat kom ken), maar was blybaar ‘n ekstreme persoon – what goes up, must come down, jy check? Hy het mense ook beter oor hulself laat voel. Die berig laat my toe wonder – wie was Crowded House nou weer?

Crowded House is is een van die meer bekende Australiese (eerste fout lê net daar) popgroepe wat in die 80’s een groot hit gehad het met "Don’t dream it’s over" gevolg deur ‘n string minder bekende hits. Die band het hulself Aussie geag alhoewel die lead singer (wat obviously die meeste gescore het) ‘n trotse Nieu-Seelander is. Klink soos ‘n klomp bandiete, maar dit is maybe ‘n veralgemening, hulle is nie noodwending afstammelinge van die verbande Britte al daardie jare terug nie. Anyway, die enigste goeie band wat uit Australië uitgekom het, in my humble opinion, is Silverchair.
 

Nou Crowded House is soos meeste bands gevorm uit die "Die Harders" (Bruce Willis style) van ‘n ander band, in hulle geval ‘Split Enz’ (praat hulle van hare wat gesny moet word – wie weet, hulle is Aussies). Neil Finn en Paul Hester van die ‘Split Enz’ het vir Nick Seymour by ‘n party in Melbourne ontmoet waar hy hulle dronk genoeg gekry het om vir hom ‘n audition vir die band te gee. Hulle eerste konsert was in Byron Bay (ek hoor daar is befokte waves daar) in 1985 en nie te lank daarna is hulle the land of the free (USA vir die wat dit nie geweet het nie) toe. Hulle het hul self-titled debut album uitgebring in 1986, kompleet met ‘World where you live’, ‘Something So Strong’ en natuurlik ‘Don’t Dream it’s Over’.

In 1988 het die "The Crowdies" – soos hulle onder hulle moerse fanbase genoem is – hulle tweede album, ‘Temple of Low Men’, uitgebring tesame met ‘n moerse PR stunt wat op die ou end heavy geflop het. Verkope was af orals behalwe in Australië (want nuus vat so bietjie langer om daar uit te kom, dit was die 80’s). USA het nie Neil se melancholiese sanik van gesmaak nie. In Australië het ‘Better be Home Soon’ nommer twee gehit op die local charts – Fosters FM of so iets. Die album het ook die minder bekende treffer ‘Sister Madly’ opgehad. Dit lui ‘n klokkie, maar ek kan nie so lekker onthou presies hoe dit gaan nie.

So toe stap die tyd by hulle verby. Straight. Vier jaar later bring hulle nog ‘n album uit – 'Woodface'. Capitol Record het dit aanvanklik van die hand gewys, maar nadat Neil Finn sy broer involved het (wat toe die band gejoin het), is dit toe finally release. Die album het 'Fall at Your Feet', 'It's Only Natural' en 'Weather with You' gefeature. Nou daai’s onthou ek. En snaaks genoeg het US audiences dit aanvaar, maar eers na die fout gemaak is om die satiriese ‘Chocolate Cake’ te release as die first single.

In 1993 het hulle nog 'n album uitgebring – 'Together Alone' – wat nie die sukses van hulle vorige albums bereik het nie alhoewel dit die meer bekende ‘Distant Sun’, ‘Private Universe’ en ‘Nails in My Feet’ opgehad het.

In 1993 het Paul Hester begin ongelukkig raak oor al die toere en publisiteit en frustrasies wat saam met die beroep kom. Hy het al hoe meer depressed geraak en in 'dark moods' in geval. Not good. Hy het sy gemoedtoestand "leaving phobia" genoem – die vrees om die huis te verlaat om op tour te gaan en dan vice versa, die tour los om terug huis toe te gaan. Weird mannetjie. Hy het ‘n Aussie sielkundige gesien, maar die donkerte wou hom nie los nie, so toe los hy die band aan die einde van 1994.

Paul word toe replace deur Deadstar (enige iemand?) drummer Peter Jones, maar voor die man ordentlik ingelyf is, kondig Neil aan dat die “Crowdies” era verby is. Dit was om en by die tyd toe die 19de track op die Best of Album – ‘Recurring Dream’ – uitgebring is. Die album het sewe keer platinum gehit reg oor die wêreld. Tot Peter Hester het sy comeback op die album gemaak vir drie nuwe songs.

Crowded House buig toe hulle laaste buig in November 24, 1996 op die trappe van die Sydney Opera House voor 150,000+ fans. Al die profyt het na die charities toe gegaan, nogals baie noble van die klomp. So vir oulaas…

Hier is 'n lys van Crowded House se albums:

  • Crowded House (1986)
  • Temple Of Low Men (1988)
  • Woodface (1991)
  • Together Alone (1993)
  • Recurring Dream, The Very Best Of Crowded House (1996)
  • Afterglow (1999)

Watkykertjie bydraeCrowded House drummer slat neer

Gooi Comment