The Buckfever stops here – for ‘n interview

In Watkykjy Interviews deur Chopper CharlieRek jou bek

Foto's: Ruan Kemp

'n Hele ruk terug kry watkykjy mos 'n CD in die pos – ene "Teaching Afrikaans as Foreign Language" deur die Buckfever Underground. Mos. Nou, amper 'n jaar later is die tyd ryp om die Bucks op unsuspecting watkykertjies los te laat. Hoop julle harte is reg…

Buckfever Underground is nie jou gewone tipe band nie. No ways pel, ons het hier met weird styles te doen. Slip die CD in en 'n ou is gekonfronteer met 'n vreemde ervaring. Jy sien, die ouens sidestep netjies die gewone SA rock band sindroom wat maak dat almal klink of hulle besig is om live te speel Sondagmiddag op Oppikoppi se jazz stage.

In plaas van die usual guitarist/bassist/drummer setup looi die Buckfever Underground jou met 'n klavier, bass en jazzy dromme. Kief, skiem jy, ek's down met die sickness. What next? Whaa! kap die vox jou. Nie 'n geskree of selfs 'n gesing nie. Bo-oor die unique arb rhythm blend val die woorde in netjiese sinne, gepraat asof dit een lang sin is in die Beat tradition van lank terug.

Weird style, ek sê mos. Maar lekker, veral live, check ek toe ander aand by die Indepdendent Armchair in Obz. Die stories trek jou in, die delivery begin self soos 'n instrument klink en voor jy weet sit jy oopmond vir die verhoog en kyk. Tussen die verse vat die gees oor en die band jam vir hom. Hard pappa. Hard.

Dan's dit weer terug… suutjies-trap virre ruk en dan bars die nate weer oop. Soos magic. Soos in vlamme. "Who cares? Not us." Damn fokken duidelik china. Damn fokken duidelik.

Met die dat ek toe vir bra Toast betrek virre interview. Het half gehoop die man kan help beduie wat aangaan in die Buckfever Underground. Ja, well, besluit jy maar…

CHopper: Wat kyk jy bra?
Toast: Wat ook al sigbaar is deur die takbekrapte plastics van my Made in Chinas of die voëlbekakte insekholsplatterings van my Beetle se voorruit. Dit is dus meestal die agterkante van ander karre, the gangs of Nieu-Bethesda en my girlfriend, die dominee se dogter.

CHopper: Moenie so rondstaan nie man. Stel bietjie die ou's voor.
Toast: Die ou op bass is Gilad Hockman, dan's daar Jon Savage op keyboards en Stephen Timm op drums en goeters. Ek praat en skryf die lyrics. Gil is The Money, Jon is die Popstar, Stephen is Die Weird Ou Wat Altyd Met Die Hot Chicks Chat Tot Hulle Uitfreak en ek het Die Baard.

CHopper: Hoe lank is die Buckfever Underground al aan die gang? En moenie "donkie" jare antwoord nie asb.
Toast: Ek en Gil het die band in 1998 begin toe ons nog op Grahamstad was. Ons't almal in daai town ontmoet.

Jon was altyd in ander bands waarin hy gesing het, maar hy't ons ook later gejoin, meestal omdat hy ons tjommie was en ek dink hy ons jammer gekry het. Hy's tans aan die hoof van 'n befokte rockband genaamd Cassette wat, as als goedgaan, die radioplay gaan opvreet sodat hy for life al ons eksperimente kan finance.

Stephen het ook 'n ander band, genaamd Polstar, wat tien keer beter is as meeste bands, maar ook tien keer minder speel en dus nooit famous sal raak nie. Stephen het ons amptelik gejoin aan die begin van 2002, as ek reg onthou, hier in Kaapstad, waar ons almal (behalwe Jon wat in Joburg is) deesdae 'n lewe skraap "on the fringes of the entertainment industry".

CHopper: Watter deel van die buck is underground?
Toast: Die bok is halflyf begrawe met net sy ore en stert wat kort-kort tevergeefs die vlieë probeer wegwaai. In die verte kan jy 'n .270 hoor oorhaal. Dis my nefie Wentzel en hy skiet nie mis nie. Bloed en doppies follow.

CHopper: Wat roep julle die tipe tunes wat julle maak? Nogal unique, skiem ek.
Toast: Nugter weet. Ons klank het moerse verander met die tyd saam en omdat ons omtrent nooit oefen nie, klink elke gig totally anders. Heel in die begin was dit net Gil op acoustic guitar en my stem, met bietjie tape recorded sounds en radio static. Toe't ons 'n reeks gigs met random drummers gespeel, ook soms met dronk girlfriends op backing vocals en selfone.

Dit was by 'n gig by St George's Park op Erfenisdag in 2000. Halfpad deur 'n song oor Hansie Cronje is ons deur die organisers gevra om asseblief te stop. Ek dink iemand het gekla dat ons godslasterlik was. (Dit het al voorheen gebeur in Potch, toe mense ons met bierbotteldoppies gegooi het sodat ons moet ophou speel sodat hulle vir Anton Goosen kan check, wat na ons op was.) Anyway, ons was die volgende dag die enigste band wie se foto in die koerant was.

Ons't ook al met DJs gespeel, drama studente, 'kunstenaars', 'n man genaamd Bingo wat 'n angle grinder gespeel het en 'n rits ander minder suksesvolle accidental eksperimente try uitvoer. Nou die dag kon Jon nie afvlieg vir die gig nie, toe jol ons net drum en bass. Ons wil eendag 'n diep dub album maak, en 'n hip-hop album ensomeer ensomeer. Ons hoop dit stop nooit nie.

CHopper: Hoeveel albums – regte albums nou, nie daai trekkerige tapes wat bands opneem in die garage nie?
Toast: Daar's twee amptelike CDs wat mens soms in die winkels kan koop:

  • Jou Medemens Is Dood (1998)
  • TAFL – Teaching Afrikaans as a Foreign Language (2002)

En dan's daar 'n collection demos en onvoltooide songs wat ons spesiaal write op CD-R vir die wat kans sien daarvoor: Survival is Personal (2000).

Ons hoop om voor die einde van die jaar 'n nuwe CD uit te bring. Ons werk ook aan 'n boek met 'n groot collection van ons lyrics wat ook saam met 'n ander nuwe CD (meestal electronic shit wat ons by die huis sit en uitkrap) sal verskyn. Bucks permitting.

CHopper: Daai bra op die keys gaan nogal te kere as julle jol. Het hy al 'n Casio gebreek?
Toast: Hy het actually al 'n key of wat faktap geslaat. Ons terg hom en tune hy jol soms lekker Billy Joel songs, maar die waarheid is dat Jon een befokte muso is. Hy kan songs en tunes uit niks uit maak en vertel die heeltyd vir Gil wat om te doen, want Gil raak soms heavy deurmekaar wanneer dinge ingewikkeld raak. Stephen volg 'n geheime beat in sy kop waarvan ons niks wis nie. Sy mond is permanent oop sodat die evil drummer geeste kan in en uit sonder om hoef te klop.

CHopper: Het iemand al vir julle gesê julle onstage jamming remind bietjie aan The Doors?
Toast: Nogals, ja, nou dat jy dit mention. Net verlede week weer toe ons in die Hidden Cellar gejol het (die drum en bass set), het 'n middeljarige oordokter uit iets soos die Ukraine ook gesê ons klink soos die Doors. Gil se pa het die gig kom kyk en so tien van die oordokters wat saam met hom by 'n konferensie was saamgebring. Gil se pa kak ons altyd uit en sê ons moet oorpluisies dra by live gigs. Ons maak asof ons hom nie hoor nie.

CHopper: Wat traai julle doen met die musiek?
Toast: Weer eens, nugter weet. Ons is selfsugtig in die sense dat ons net doen wat ons wil, wat soms nie verskillend is van wat ons kan doen nie. Ons skryf nie pop tunes met choruses en 'n gesingery nie, want ons weet nie waar om te begin nie.

Ek write what ek wil, Gil steel obskure bass lines van oorsese hip-hop bands en Oos-Europese folk music sodat niemand dit kan pick nie, Stephen is fanaties oor detail wanneer hy voor sy PC gaan sit om plannetjies en beats te beraam en Jon is sommer net 'n effortless genius wat eintlik enigiets kan doen.

Die enigste plan is om te doen wat ons doen vir so lank as wat ons kan of vir so lank as wat dit vir ons vermaaklik bly. En ons hoop so paar mense like dit ook.

CHopper: Wat sou die eerste line wees as jy die Bybel kon skryf?
Toast: Alles wat hier volg moet met 'n knippie Cerebos geneem word, want die verteller hier is nie God nie, in fact, daar is nie 'n God nie, behalwe as daar baie multitudes van gotte is wat oralsoor beheer uitoefen oor verskillende groepies mense se drome en volksgerigte idees en dinge, wat sou beteken dat almal se gotte reg is en dus hoef niemand ander mense dood te maak omdat hulle nie in dieselfde god as jy glo nie en onthou ook dat Jesus ook jags geraak het en dat hy ook draadgetrek het en ten to one moerse baie groupies genaai het en dat hy wyn gedrink het en dinge geniet het en dat, indien hy nie die saviour is nie, indien hy nie daar is wanneer jy vrek en jou kringspier verslap sodat jy in jou broek kak nie, dan dont' despair, want die geheime is baie en alhoewel die hele existence van mense stupid en sinloos is, moet jy teen daai tyd genoeg gelukkige tye beleef het sodat jy ten minste 'n smile kan paint met die bloed wat by die bulletwond uitstroom, want shit, daar's baie mooi goed in al die trane en rook en lag, lag, lag, want wat hier volg is net 'n riglyn, nie die doellyn nie.
(PS. 'sela' beteken 'piele')

CHopper: Wat's die deal met Oom Willem en hoekom strikes hy back ek sê?
Toast: 'n Goeie vraag. Alhoewel ek regtig 'n Oom Willem het (dis 'n gewilde naam in ons familie), is die song nie oor hom nie, dis oor 'n generiese Oom Willem, want almal ken 'n Oom Willem iewers. Oom Willem bly alleen op die plaas, sy vrou is dood en die kinders is nugter weet, elders, vergete – hulle kom kuier maar min vir hom. Hy bly dalk iewers in die binneland, Hoëveld of so. Daar's baie armoede in sy distrik, werklose mense en die classic breeding ground vir grondtwiste en die soms gepaardgaande plaasgeweld – wat soms plein misdaad is, soms plein moorddadigheid, soms wraak, soms 'geregverdig' kan word, wat ook al.

Oom Willem is informed, hy weet wat aangaan in die wêreld, maar aangesien hy al 'n senior burger is, het hy lankal besluit waarvan hy hou en wat goed is vir hom. As dit dus drank, Super 12 op die TV en boerewors op die braai is, dan is dit so.

Oom Willem strikes back omdat hy basies eendag besluit het, genoeg is genoeg, hy gaan nie sommer net weerloos sit en wag om aangeval te word nie. Hy is dus bewapen, paraat en gereed. Die forces of evil waarteen hy veg is sy eie ondergang, sy geveg of weerstand is deels teen 'n actual bedreiging soos 'n geweldenaar wat aan die deur kom klop om hom te vermoor of aan te val, en deels teen sy eie verval, sy oudword en alleenwees. Dit is die laasgenoemde fight wat hy weet hy kannie wen nie, so dis hoekom die song ook so bietjie heimwee bevat, met verwysings na sy vroeë lewe as swemmer, kampleier etc.

'n Vroeë weergawe van die song het ook die line "Oom Willem strikes back, hy moer Mbeki op sy bek" bevat, deels omdat dit mooi gerym het, maar ek't dit verwyder omdat dit actually die tema van die song sou verander na 'n anti-regeringsong, wat dit nie is nie. Daar's geen rede hoekom Oom Willem Mbeki op sy bek sou wou moer nie, hy sou veel eerder vir hom wou vra, dude, wat die fok gaan aan?

CHopper: Hoeveel groupies het julle al onder hande gehad? 'n Rowwe skatting sal doen.
Toast: Ons is relatief skaam manne. En groupies gooi hulle tiete nie sommer oor ons skouers nie. Hulle wil meestal net drink saam met ons en weet wat's ons 'geheim'.

Gil het op sy dag baie girls gescore, dink ek. Deesdae besit hy 'n club, so more could follow shortly. Stephen works in mysterious ways en het al een keer Duitsland toe gevlieg vir 'n girl wat hom toe gebat het, maar ons admire sy honoris crux-ness.

Jon het 'n mooi girlfriend en het voor haar ook altyd 'n mooi girlfriend gehad. Ek't ook 'n mooi girlfriend, maar het die droë jare voor haar koms maar baie gewank en soms FHM gekoop "vir die artikels". Die actual waarheid is ook dat ons eintlik maar niks groupies het nie.

CHopper: Wie rate jy as vocalists, en hoekom sing jy nie?
Toast: Ek kannie sing nie. Ek kan so mompel-sing, maar dit werk nie altyd nie. Favourite vocalists waaraan ek nou kan dink is Clair en Drikus van Trike, Paul Riekert, David Kramer, Beck, Roots Manuva, daai ou met die diep stem in Jurassic 5, Bacchus Nel, Johan Nel, Gert Vlok Nel, Hanu van The Narrow, Heather Nova, Bruce Springsteen, Leonard Cohen, Michelle Breeze van Fetish, Matthew van der Want & Chris Letcher, Jeff Tweedy van Wilco, Stean van Diff-Olie, Oliver Mtukudzi, Madala Kunene, Shiyani Ngcobo, Howe Gelb van Giant Sand, Kadja Nin, Anika, Carl Hancock Rux, Riku Latti, Joseph Arthur, Beth Gibbons van Portishead en die dude wat sing vir Sigur Ros.

CHopper: Waaroor gaan die lyrics – of sal ek eerder sê die verse?
Toast: Dit gaan maar oor goed wat om my gebeur. Soms ry ek in my kar en luister Radio 2000, dan pop 'n line in my kop, dan twee en later die aand skryf ek iets om daai lines. Ek hoor soms die woorde van pop tunes op radio verkeerd en dan like ek die nuwe lyrics en dit word dan 'n stukkie Buckfever lyric.

Daar's baie keer current affairs references in die songs, want dit help om 'n tyd en plek te date sodat mens weet of jy praat van 1999 of 2003 of wat ook al. Daar's altyd songs oor girls, daar's altyd songs oor roadtrips, oor vriende, oor wildvreemdes wat ons in die strate sien. Soms maak ek goed op en create 'n karakter, maar meestal is die lines 'n stelselmatige konstruksie van actual waarnemings in my daaglikse doen en late.

Meeste songs is maar downers, maar soms probeer ek doelbewus dinge bietjie op-perk.

CHopper: Hoeveel van dit is in Afrikaans?
Toast: Dis seker so 50-50 Engels-Afrikaans. Ek't in Standerd 5 die beker vir Tweetaligheid gewen. Ons bedank die skrywers van The Hardy Boys, Jasper, Die Uile en daai turn to page 189 if you want to proceed through the door or to page 67 if you would rather turn around and go home tipe boeke. En Wilbur Smith, wat weet van koeëls herlaai, girls en choppers.

CHopper: Waar kan mense julle merchandise koop?
Toast: Ons albums is soms beskikbaar by Musicas en Look & Listens, of vra hulle net en hulle sal dit order. Andersins, email my sommer direk op toast@bastardmedia.co.za en ek sort jou uit.

CHopper: Hoekom het julle nie 'n Website nie?
Toast: Teen die tyd wat julle hierdie onderhoud lees, behoort www.thebuckfeverunderground.com online te wees met die products en hoe om ons te kontak.

Ons het vir lank nie 'n site gehad nie, because we couldn't be bothered. Nou't ons so klein bietjie geld om rond te spuit. Dalk verkoop ons eersdaags ander stuff soos stickers en t-shirts ook op die site. My ma wil ook weet of ek haar beskuit en jam online kan verkoop.

CHopper: Wat's die lekkerste bands om mee te jol?
Toast: Ons't nog nie saam met kwaai baie bands gejol nie, maar verlede jaar het ons saam met Trike getoer en dit was befok. Hulle's die mees exciting band in die land op die oomblik. In Bloem en Joburg het hulle suster-bands Plank en Miss September ons ook gejoin en die parties was groot.

Ons't onlangs ook saam met Brixton Moord en Roof Orkes gejol toe Trike weer hier onder was en ons pas nogal lekker op 'n bill saam met hulle. Ons't ook al twee pretty funny gigs saam met Fokofpolisiekar gejol waartydens ons hulle fans ietwat gebaffle het. Gil het 'n 20-minute outtro bass solo gespeel. Fokken snaaks.

In Junie-Julie speel ons 'n reeks shows in die Wes-Kaap saam met die Durbs band Lilo, waarvan Alex Sudheim die leadsinger is. Daai gigs gaan ook morsig raak, Lilo is lekker.

CHopper: Wat's julle planne vir die jaar, ek het iets gehoor van 'n nuwe album. Issit true?
Toast: 'n Nuwe album sal definitief hierdie jaar die lig sien as ons bucks het en Gil tyd kan afknyp uit sy 'besige skedule'. Ons hoop ook om die boek met lyrics by Substance Books uit te bring.

CHopper: Enige laaste woorde?
Toast: Ons is gelukkig met alles as ons nou sou doodgaan. Dankie.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieThe Buckfever stops here – for ‘n interview

    Gooi Comment