CHopper’s CHoice: Nightmare on Elm Street 3: Dream Warriors

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Jaar: 1987

Met: Heather Langenkamp, Robert Englund, Patricia Arquette, Laurence Fishburne, et al.

Have you Freddy Krueger?
Dis mos wat so vierjarige meisietjie met 'n snotstreep op haar wang vra die dag toe ek en grifF die minute tel by die Hypervideo store in V'town. Have you Freddy Krueger? Indeed. Sien ek mos nou die aand op Movie Magic weer die derde fliek in die reeks van bangmaakflieks uit die eighties.
Skaam ouens.

Op 'n stadium het jong Chopper vreeslik gehou van die Nightmare on Elm Street films. Geweet wat gebeur in elke fliek, hoe elke persoon peg, en wat Freddy se lines was. Oh, how we laughed. Dit was net die kos vir stannerd ses seuntjies wat later metalheads sou word en die reputable Hoërskool Vereeniging na die afgrond lei. Flieks was 2-21 en het gewoonlik kaal borste ingehad – al het dit niks met die show uit te waai nie.

Ons was repressed, goddammit!

Terug na die fliek. Daar's 'n plek vir mal teenagers en hulle is almal huilerig en wil hulleself doodmaak. Boo-hoo. Of so dink almal, tot dit duidelik raak dat hulle drome hulle opfok. Six-love. En ons almal weet wat dit beteken. Ou Streeptrui is terug met die derdegraad brandwonde en die messe op sy vingers – Freddy Krueger pappa. Freddy Krueger.

Die survivor van die vorige nagmerrie, die stupitte asshol Nancy, pitch op by die malhuis. Sy's nou 'n kopdokter en sy reken sy kan help, maar die mense wil haar nie glo nie. Seker omdat sy so simpel aantrek. Dan begin die kinders afkak. Die een laaitie se are word gebruik like a puppet on a string om hom van die gebou te laat afspring. Sien, hy's 'n puppeteer. Hahaha, daai Freddy darem. Snik.

Volgende op Freddy se "To-do" lys is so lelike chick wat skiem om 'n actress te word na sy ontslaan word. Ja right. Freddy kom uit die TV en druk haar kop in die screen in. "This is your big break in TV, bitch!" meen hy. "Welcome to prime time." ZZZZZzzzz. Skop-skop. Ai die Freddy darem. Kry ook altyd 'n snaakse woordjie in.

Dan fok als uit. Nancy en so anner dokter word gefire. Die kinders raak aan die slaap. Freddy fok hulle op. So ou non praat met die mansdokter en hy vind uit Freddy se ma was 'n non by hierdie malhuis wat gerape is deur honnerde mal bliksems. Sien hulle het haar mos vergeet een vakansie tussen die criminally insane. Ek sien… haar vergeet… baie goeie plot twist… as jy op crack is. Die non tune hulle moet sy remains kry en dit in hallowed ground begrawe (big surprise, coming from a nun). Dan sal ou Streeptrui rus. Nou dat 'n ou weet van al die follow-ups is jy half skepties.

Tussenin figure die jeug saam met Nancy uit dat hulle almal spesiaal is – nie soos Corky nie maar dat hulle hulle eie super-powers het in hulle drome. Kwaai, skiem mens. Hulle kan seker vlieg en storms veroorsaak en berge versit. Umm, miskien is hulle bietjie soos Corky. Jy sien hulle talente is bietjie meer fucked-up. Soos die outjie wat nie kan loop nie, kan nou loop en so bietjie toor. Whoop-di-doo. Die een meisie is "mooi" in haar drome en sy het twee klein messies. Van wanneer af is mooiwees 'n super power? Ek moet ook byvoeg dat mooi hier beteken so sharkfin punk haarstyl en swart leerklere met shoulder pads. Eish.

Natuurlik is daar so swart jive-talkin' outjie wat goed kwytraak soos "That's the shit", "Better watch yo'self" en "Sucker fool". O nee wag, dis daai ander show… Wel die swart outjie is sterkerig in sy drome en die stom outjie kan praat. Nou nie juis die X-Men wat jy hier mee te doen het nie, maar die "Dream Warriors" soos hulle hulself noem vat dan vir Freddy aan terwyl die dokter en Nancy se pa Freddy se bene loop haal.

Met hierdie setup kan net mediocrity volg…

Ag en dan sterf nog kinners. Die "mooi" girl kry 'n claw innie maag en die lame outjie word deur 'n monster rolstoel gejaag en ook dan ge-gaff. Sug. Die plot wear nogal thin op tye. Voordat hulle vir Streeptrui kan begrawe word sy skeleton lewendig en maak Nancy se Pa dood. Seker van die kakste CGI wat ek in 'n lang tyd gesien het. In droomland kak Nancy ook, maar die ander kry die remains begrawe en sprinkel holy water op. Dit werk mos vir als – van vampires tot kindermoordenaars wat sleg gebrand het. Sure, hoekom nie. Mea culpa baby. Mea culpa.

Dan is Freddy dood en Nancy ook, en sover ek kan onthou die franchise ook. Nommer vier en vyf was uiters kak en jy kan dit liefs 'n skip gee. "Freddy Returns" dink ek was weer orraait en toe was daar die "Final Nightmare". Dis nou finaal behalwe vir die nuwe "Freddy vs. Jason" wat seker sal aanleiding gee tot "Freddy vs. Alien", "Freddy vs. Ace Ventura" en "Freddy vs. Mrs. Krueger" gespeel deur Julia Roberts.

Hoogtepunte

  • Klere: Nancy dra 'n vuilpienk truitjie, pêrels om haar nek, goue bangles en so suitbaadjie en pofbroek-ding. Natuurlik is die baadjie se moue onder omgeslaan in Miami Vice style. Whoo-a! Darem gaan sy dood.
  • Swak acting: Daai fokken chick wat "mooi" is in haar drome is seker die kakste actress wat al ooit by Hollywood opgepitch het. Fokkit. Nee girl. Doen oor.
    Laurence Fishburne: Nog in sy vroeë dae van acting so Morpheus maak die sale skoon en restrain die kinners. So lekker Afro en als. Miskien is dit wat die matrix is – droomland.
  • Hare: Nancy se weerbarstige bruin fopdos met die krulkuifie is nogal rof. Die kwasi-punk styl in die lelike chick se droom is erger. Die dokter s'n herinner aan 'n nineties sepiester. Yona we!
  • Soundtrack: Lekker eighties hair metal soundtrack gedoen deur Dokken – loshande seker een van die second-rateste bands ooit. Selfs in die kompetisie vir second-rate bands sou hulle tweede gekom het. Luister vir die belaglike track "Dream Warriors" as die titles rol.
  • Freddy se lines: Hoe meer die Nightmare on Elm Street reeks aangegaan het hoe meer puns het Freddy begin gebruik. En hoe lamer het dit geraak. Om byvoorbeeld "tongue-tied" te gebruik en dan die outjie vas te bind met sy tong is nie snaaks nie. Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Hulle kon net sowel canned laughter ingesit het. Fok. Daar is tien teen een in die director's cut.
  • Bad effects: Askies tog – CG-wat? Ooo, CG-Aiiii… Nee ons het dit nie. Die set lyk so cheap soos 'n McDonalds Happy Meal bederfie. As daai skeleton in my drome was het ek myself wakker gelag – of eerder so gepis van die lag dat ek sou wakker word van die nat bed.
  • Gratuitous kaal meisie: Mos lekker 2-21 in ou Suid-Afrika oor daar so een gratuitous shot is van 'n blonde se boobs. Hierdie keer verlei 'n blonde tannie nurse die outjie wat nie kan praat nie. Klink definitief soos droomland – maar dan is die tannie nurse eintlik Freddy. Agge nee, daar sit my tong vas… Eeeuuu ek vry vir Freddy. Sick dude. Jy vry met Streeptrui.

Maak nie saak of jy 'n bangbroek is of 'n teenager is met probleme nie – jy kan maar hierdie outjie kyk. In fact, as jy 'n teenager is met probleme moet jy hierdie movie kyk dan kan jy sien hoe belaglik is jou pyn vir ander mense. Defintief nie die beste in die Elm Street reeks nie, maar ook nie die kakste nie. Sou eerder die eerste een aanbeveel.

But you've gotta love Freddy…

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieCHopper’s CHoice: Nightmare on Elm Street 3: Dream Warriors

    Gooi Comment