crue04

Super Deluxe 3000 hangbal saam met die Crue

In Watkykjy Interviews deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Kyk eks nie moerse into metal nie. As ek dit se bedoel ek nie ek hou nie daarvan nie, ek het self al in die donker gedelf en na Metallica en AC/DC geluister – eks meer 'n underground 70s rock tipe ou. Jy weet lekker t-bones, die ooppad en bands soos Deep Purple, Grand Funk Railroad, Rolling Stones, James Gang en die magtige Zeppelin.

Maar vader weet respek is due wanneer respek due is. En toe ek hierdie week perongeluk my buurman se pos oopmaak en die uitnodiging kry om na Motley Crue se reunion toe te gaan het ek my hare loop bleach, die teaze kam uitgehaal en my girlfriend weggesteek om vir Nikki Sixx en die res van die ous vir 'n skuimkoppie in Camden te meet.

Maar kom ons begin by die begin, toe die eighties nog eighties was en Alex Jay nog coathangers in sy ore gedra het. Never mind fast forward, kom ons rewind die odd 20 jaar tot 1981. Nikki Sixx en Tommy Lee het bymekaar gekom van verskillende bands om 'n nuwe super Los Angeles groep te begin. Hulle het vir Mick Mars gehuur om kitaar te kom speel en Vince Neil was nog 'n vocalist. Na 'n hele spul klein gigs het die ouens oopkole gegooi en 'n reputasie op stage gekry vir hulle belaglikgeid – hierdie is pure Darkness. Na twee albums, Too Fast for Love en Shout at the Devil in 1983 het die kak die fan begin strike – Vince Neil het 30dae tronk toe gegaan vir strafbare mansslag nadat hy dronk bestuur het. Sy beste vriend is dood in die ongeluk en die mense in wie hy vasgery het het gebreekte bene en breinskade opgedoen.

Toe Theatre of Pain uitkom was hulle klaar superstars met Top 40 hits en chicks net waar jy kyk. Lee het met Heather be thy name Locklear getrou en hulle het hulle 4de album Girls Girls Girls die lig laat sien. Net voor hulle Europese toer het Sixx sy eerste overdose gehad en by die dood omgedraai. Na al 4 members lekker shokterapie gekry het vir hulle drug habits het hulle weer die stage betree met Dr Feelgood – wie kan tracks soos Kickstart my Head of Don't Go Away Mad (just go away) vergeet? Maar die 80s was besig om te verander, Fresh Prince was op televisie en Ferari was eerste op Kyalami. Neil is gefire en John Corabi is in sy plek gekry op vocals. Dit het nie lank gehou nie though en kort voor lank is Corabi op sy ass en Neil was weer agter die mic. Na hulle Greatest Hits album is Lee gearresteer vir spousal abuse teen sy vrou Pomelo Anderson en is tjoekie toe gestuur vir 'n jaar.

Wat volg is Ozzy se drommer, Sixx se side-project 58, en Samantha Maloney van Hole wat oorvat op dromme nadat Castillo op toer siek geword het en in 2002 die emmer geskop het. Neil is van 'n radio stasie afgeskop omdat hy dronk op air was en Sixx en Samantha van Hole het appeltjie geswaai nadat daar rumours van 'n fling tussen hulle was. Baie het gebeur in die laaste 2 jaar so ek dink dis tyd om bietjie dronk te raak, kak te praat en ballas te bak saam met Motley Crue.

Deluxe: Hey Nikki ek scheme van al julle albums is Shout at the Devil fokken witwarm. Wat scheme jy?
Sixx: Ja dis 'n fokken lekker blam daai, my favourite tune is Ten Seconds to Love – as jy fokken raak luister sal jy sulke snotslurpie geluide hoor in die agtergrond. Ons het met 'n klomp vye opgehook voor daai song gerecord is en wat jy daar hoor is hoe ons besig is om hulle te zaber! Chicks dig it en hulle kon vir hulle vriendinne by die skool sê hulle was op die Motley Crue album.

Deluxe: Ha ha fokkenkwaai!
Sixx: Ja ons het fokken baie groupies gehad, ek dink ons het probably die MEESTE groupies gehad van enige rock en roll band. Ons bestuurder was later lekker moerig want in die begin het dit ons fokken baie blare gekos om die girls te entertain. Hy't altyd gesê tel die dikkes en die lelikes op want hulle het pitte. Ons het nie omgegee nie, die dikkes is gewoonlik dies wat bereid was om enigeiets te doen.

Deluxe: Wat kyk jy?
Sixx: Watdefok kyk jy? Ek en Vince het eenmaal in 'n fight betrokke geraak en toe hierdie bliksem op my afhardloop moer ek hom met 'n ketting – turns out dit was 'n polisie man en toe kry ek vyf jaar.

Deluxe: Vyf jaar? dis niks nie my Oom het eenkeer 6 jaar gekry omdat hy op 'n spietkop se bike seat gekak het en toe die ou se huis afgebrand het. Hey Tommie jy was mos tronk toe omdat Pam gesê het jy het 'n klein zaber?
Tommy: Ek het 'n fokken groot piel, jy weet hierdie goed as jy pornstars zaber en hulle se jinne maar jy het 'n groot eenoogmonster!

Deluxe: Ja right, is dit die pornstars wat jou in die boude gedoen het?
Tommy: Watchit bra, my zaber het al boeke geskryf at jy nog nooit eers van gehoor het nie en ek tel Pammie en Heather Locklear op my bedpost .

(deluxe nota: dis waar wat Tommy sê, sy penis is een van die vertellers in sy outobiografie Tommyland – chekkit uit)

Deluxe: Kom ons sê 'n leprechaun spring agter 'n asblik uit oppad werk toe en sê jy kan kies, 'n lifetime supply wolscooter ry of heroin sonner 'n hangover?
Sixx: Ek scheme drank is 10 keer meer interessant as steakwatvirriepadkyk maar miskien is dit net ek.
Deluxe: So die draak is baas maar poes haphap aan sy gat?
Sixx: Verfokkenseker
Deluxe: Ja lekker om te OD nè en in jou slaap op jou self optegooi en jou broek te bekak, rrrrrttttttttt!! Lek-ker!

(deluxe nota: lees The Heroin Diaries van Sixx – dit begin in 1986 op Kersfeesoggend waar die mal fok besig is om alleen voor die kersboom te sit en op te spike. Kan ek net by se dat hierdie 3 dae is nadat hy in die hospitaal gerevive is na 'n OD )

Deluxe: Wat scheme julle is die essence van rock n roll?
Sixx: Om die lewe in die rooi te rev! Ek het so ruk terug my Porche in 'n boom vasgery teen 70mph. Dis nou net goed vir blikkies sop maak – ek het my skouer gebreek in die proses maar dis sweet – dis rock n roll. Motley Crue is nie net 'n rock band nie, dis 'n way of life.

Ek het 'n voeltjie in Camden hoor fluit dat daar verseker 'n Motley Crue reunion toer is in 2005 so chekkituit en rockon!

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Super Deluxe 3000 hangbal saam met die Crue

    Gooi Comment