Geskied met briek: Die Joggie Jansen storie

In Snotstories deur wezsideRek jou bek

Enige iemand wat sy rugby ken of wie se pa sy rugby ken, sal weet wie Joggie Jansen is. Maar net vir die blote feit dat elke keer wat daar 'n vleisie ge-tan word, net nadat die hartseer van nog 'n Bok teleurstelling jou keel nat maak, is dit soms noodsaaklik om te praat oor die goeie ou dae. En die goeie ou dae was Joggie Jansen. 'n Vrystaatse senter van formaat. 'n Senter wat O'Driscoll soos 'n jong seuntjie met 'n veer in sy hol op laat lyk. Buiten die feit dat hy 'n monster op verdediging was het hy ook besit gehad oor 'n fenynige systapie.

Maak nie saak waar jy kyk nie, daar word elke keer verwys na die toets van 1970 tussen die Springbokke en die All Blacks. Die All Blacks was op 'n winning streak van 50 wedstryde in 'n ry. Nogals nie te kak nie. Dit was voor die wedstryd duidelik gemaak dat iemand 'n spark vir die Bokke sal moet veroorsaak, net om hierdie windgat All Blacks bietjie skrik op die lyf te jaag. So waar as wragtig jonge Jansen was die een wat dit alles begin het met 'n "flying tackle" soos beskryf deur die EP Herald. Dis hierdie tackle wat baie deskundiges beskou as die best tackle ooit, toe Joggie Jansen vir Wayne Cottrell in die midrif vasvat net nadat Cottrell sy gewig verplaas het om ontslae te raak van die bal. Blykbaar het Cottrell so op die grond gelê en krul van die pyn dat dit gelyk het asof hy op soek was na sy prostaat.

Hectic.

Jansen was een van die min spelers wat die geleentheid gehad het om die groen en goud naweke oor sy kop te trek, terwyl hy geswot het by die Universiteit van die Oranje Vrystaat, bekend as "Die Shimlas". In 1970 as jy 'n senter was wat opgedraf het teenoor Jansen, moes jy maar soos 'n eend op die veld waggel om ontsale te raak van al die bok-drolle wat jy nie kon keer nie. Seriously, ek dink jy moes balle van staal gehad het om teen hierdie bra te speel. Ek wonder hoveel ouens hy afgeskryf het op die varsity se B-veld?

Dis in 'n flink gedagte wat ek recall hoe Riaan Cruywagen ons in 1995 vertel oor die grote Jona Lomu probleem. Niemand weet werklik hoe om hierdie reusagtige vleuel te stuit nie. Dis net hierso waar Riaan Cruywagen plek maak vir die argiewe video footage van 'n agterlyn beweging tussen die Springbokke en een of ander obskure span. Die opponent speel die bal vinnig wyd vanaf die skrumskakel (nommer 9) na die binne senter (nommer 12). Ewe skielik is daar 'n blitsvinnige verskynsel vanaf die teenoorgestelde rigting wat reg oor die kamera se view finder beweeg, een kant in en ander kant uit. Om een of ander rede is die (enigste) kameraman op die buite senter van die opposisie, want hy is seker dis waar die bal is. Toe hy uiteindelik besef dat hy nie regtig weet waar die ball-carrier is nie, pan hy terug en vind vir Jansen wat bo-oor die krullende senter staan en hom vra wie sy pappa is. Dis mos nou rugby.

Anyways, die punt is dat as ons vandag vir Joggie Jansen in die span gehad het, sou dinge baie anders gewees het. So Joggie WKJ? salute jou vir die standaard wat jy gestel het om alle ander spelers wat na jou gekom het, soos gatgabbas te laat lyk.
Once.

wezsideGeskied met briek: Die Joggie Jansen storie

Gooi Comment