Bust a move

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Dansparties hê? Fokken nagmerrie – ek onthou nog my eerste seun/dogter danspartie op 'n maatjie se plot annerkant Petit – dis nou Oos Rand/Bredel se wereld. Ons was standerd 5, hy was a prefek en het 'n ouer broer gehad wat vas geglo het dansparties is all the rage. Ek en die res van my kortbroek maats het egter oortuiging nodig gehad. Kylie se eerste album was grootnuus maar ons was meer into handjietennis as popmusiek.

Een van my beste vriende was Ben. Hy het na ons skool in standerd 2 getransfer. Sy ma'le het geskei en hy het vratjies op sy linkerhand gehad. In volkspele wou niemand van die meisies langs hom staan nie want dit was weird om sy handjie vas te hou. Hy het senter gespeel en het eenkeer 'n skrumskakel se arm gebreek in 'n rugby wedstryd toe hy hom tackle. Hy was 'n cool ou, sulke floppy blonde hare gehad en potblou oë. Hy het eenkeer vir my die fall gevat toe ek 'n tannie met 'n klip teen die kop gooi. Ek het nie gedink ek kon so ver gooi nie en toe gejoke en gese kyk hoe pot ek haar. Die klip het haar senter agter teen haar kop getref rrrrttttt! Ben het gese dit was hy toe sy by my pa gaan kla – my pa kon mos nie aan 'n ander man se kind slaan nie. Dit was amper een van daai, "dit maak my seerder as wat dit vir jou maak" oomblikke. Ek sal hom ewig indebted bly.

Anyway Ben en ek was by die dansparty. Die hele standerd 5 klas was uitgenooi – wat natuurlik beteken die geeks was ook daar. Fokken shame – jy weet die ouens wat nie kan bollemakiesie slaan in LO nie, of in hierdie geval sy swembroek vergeet het en toe in sy onderbroek voor die meisies geswem het. 'n Wit bikini onnerbroek. Dis nie lekker nie, lekker vir niemand nie. I digress, die party het geskuif van die swembad na die garage waar die Sony mini-hifi kort-kort die party tapes soos soetkoek opeet. Die abrupte stiltes het die lankmoedige teenagers selfbewus laat rondstaan waar hulle aan puisies op hulle arms staan en druk. Fok, the joys of being young hê?

Natuurlik het niemand geweet hoe om te dans nie – nie eens die wat gemaak het of hulle weet nie. Dit was obvious soos hulle een-tree-uit, een-tree-in dans moves gepull het. Ons almal het al genoeg Jackson videos gesien om te weet it's not supposed to be like this. Dit was kak, behalwe vir een ding. Die "close". Wat sou daai weird weird dae wees sonder die close. Natuurlik was daar ouers om te supervise met hulle liniaal lengte tussen elke couple reel. Maar whatever, it still worked en was nog steeds super worth it. Ek sal nooit daai broek-vol-planne gevoel vergeet as jy jou hande so net bo die meisie se boude sit – mens durf natuurlik nie laer gaan nie – en jy vir die eerste keer 'n panty rek onder 'n rok voel. Say no more say no more!

Later het die parties rowwer geraak. Veral na Dirty Dancing en Lambada uitgekom het. Wie sou ooit kon raai jy kan soveel fun met klere aan he. Patrick Swayze dis wie. Maar dit beat nog nie daai eerste keer nie – toe alles weird was en exciting en jy bietjie uit jou depth is en jy nog nie lekker al die moves ken nie.

Super Deluxe 3000Bust a move

Gooi Comment