Literêre juwele… or something similar

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur CJ die Loslit DJ)

Editor's note: Die press releases hieronder is aangestuur deur bra Angola Badprop. Blykbaar gedoen deur Christiaan J de Swardt, ook bekend as CJ die Loslit DJ, befaamde resensent en vermaakskrywer van Vroue Keur. As jy al enige van die artists gehoor het sal jy damn duidelik die tos recognise vir wat dit is. Check ons Skakels page uit vir sy websait.

So lui 'n uittreksel uit die verklaring oor JJ Stephens se nuwe CD Jy is die rots en ander goue oues: "Op sy splinternuwe tweetalige gehalte-album poets JJ Stephens gunsteling-gisterjuwele noutyds en opgewek blink; gestempel met hiernieude nostalgiese gewildheidswaarde. Op Jy is die rots en ander goue oues kry onthougoed van Groep 2, Marie van Zyl, Ben E Madison, Herman Holtzhausen en Anneli van Rooyen 'n pragkleur. Tussen die toonvensterglans is die keurspele Afrikaanse herinneringe, Country-keurspel en Golden Olden Medley. Met sy ryk laerregister vokaliteit verleen JJ eiesoortigheid aan sy interpretasie van bekende trefferparadeknakkers."

En oor Wicus van der Merwe se CD Hie' komme ding: "Die album bevat heelwat drafstap ritmeplukkers. Soms rasper Wicus daai note en soms trek hy sy blou jean bultstyf om sy stembande. Die resultaat is stylregte vertolkings van gunstelingmusiek. Dit is Hie komme ding – die verwesentliking (sic!) van 'n laaitie se kindsbeendroom. Wicus sing vir almal: jonk en oud. Die girls gaan loer en die manne sal instemmend saam wikkel en woel."

Oor Martin Lane se Piano Moods Vol. 2: "Tussen die Afrikaanse meesterstukke is Christa Steyn se Liefde immergroen, die countrytreffer Mama Leone, die TV-treffer Meisie van Avignon en die tradisionele trefferparadeknakker Loslappie. Die geestelike inslag word gelewer met twee bekende gospeljuwele, Jerusalem en I'll walk with God. Martin se komponeervernuf word gehoor op die snit Gebed van 'n vader, 'n vokale snit met opregte woorde en roerende voordrag deyr die RSG-omroeper Niekie van den Berg. Met sy gemaklike styl, gehaltebenadering en sielvolle spel bied Martin Lane die kieskeurige musiekliefhebber 'n vertolking wat aangryp en besiel."

Oor Helene Bester se Hou van jou: Helene Bester vertolk met boeiende siel, beheersde oorgawe en met sonderlinge vokale warmte en krag. Hou van jou is een van die mooiste albums wat vanjaar uitgereik sal word! Met pragballades, die immergroen bekoring van Stille rivierstroom (in roerende duet met Mathys Roets, noutyds vernuwe), 'n pragtige Kerslied, die FAK-patosliedjie Santjie van Soendal, die ritmevreugde van Jol, die orkestrale betowering van die snitte Die gypsie en die elf en Suid-Afrika (na Vangelis se Missing-temalied), die aangrypende vokale bekoring op die snitte Vermy afskeid en Tears in Heaven en die vryvliegende lewensjubel Op pad. Die regisseur Chris Harper versmelt Helene se fluweelvokaliteit met klankryke orkestrasie – strykerwiegend gekomplementeer met eiesoortige, sielvolle, luisterryke vertolkings."

griffinLiterêre juwele… or something similar

Gooi Comment