snotstories

Druk hom in die rooi: Slow Ride

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Toe Bra Briek se joppie hom 'n maand of wat gelede Londen om stuur was die kaarte klaar op die tafel. Ons sal moet opvang oor vamelee dae want dis reeds amper twee jaar gelede wat ons mekaar gespek het en fokken baie bier het al in die see geloop sedert toe. Ek het ook al begin vragvliegtuie huur vir die kakhuis vol watkykjy-paartie musiek wat ek geweet het hy sy verdiende loon op gaan spandeer. Londen is nou maar eenmaal so as die beats deur jou are bruis.

En bruis het ons gebruis – tussen vyf ure DJ-sessies en 'n hele paar pints het ons begin remeniss oor die ou dae, die dae toe Bra Briek nog die gooses se brastraps agter die fietsloods losgemaak het met sy een hand terwyl hy sy ander hand opsteek vir register. Ons het onthou van 'n incident in '94. Ek het pas in Snor City geland, nog nat agter die ore, 'n eerste jaar student, Ace of Bass was op die radio. Dit was skoolvakansie en die plan was om vir boetie border toe te vat. Vir hom die other side te wys, want tot dusver het hy Boksburg vir breakfast geëet en Benoni vir lunch. Hy was gatvol vir die subburbs, soos dit enige respektabele 16-jarige betaam. Ons het die Renault 5 se seat afgeslaan en gelaai met my skoon, opgevoude 5 ton wasgoed en Bra Briek se oornagsakkie. Tanneborsel en skoon onnerbroeke sonder gate en skoene vir as ons dorp toe gaan.

Dit was so nege uur Sondagaand toe ons die highway trap van die Oos-Rand na Pretoria. Ons moes die Renault so 140 laat klop by die afdraende om seker te maak ons kom by die opdraende aan die ander kant uit. So by 142 het die kar gewoonlik waarskuwend begin spoeg, skud, grom, kak en kla. Dit het geklink of iemand die jackpot by Maroela Sun se one-arm-bandit geklap het en die kar R50 000 in tweesente begin uitbetaal. Ons het geweet as ons 145 kon haal ons die soundbarrier so breek en 'n fine vir noise pollution sou kry. Maar die voorspelbare stuk kak op vier wiele se speedometer naald het gewoonlik teruggekom aarde toe nes ons die stretch aan die onder kant van die bult tref en verby die sewageplaas shine.

Die pad was stil, ons het na The Dinosaur Days geluister of Radio 5 en als met die wêreld was ok. Toe ons die laaste afdraend voor Pretoria klap word ek met blindheid geslaan. 'n Allemagtige lig van agter het my amper die kar laat omgooi. Dit was 'n doos in 'n citi Golf met sy brights aan. Teen die opdraende kon ek voel hoe die lig my retina begin skroei en toe's die ou finally verby. Fok dit tune ek en Briek en ons laat waai met die brights, 'n oog vir 'n oog soos hulle sê.

Maar toe ons net voor Klapperkop kom sien ek die ou is besig om remme te gooi en daai stupid robots by Monument Park met al die kameras. en die lig is rooi. Ek slow bietjie af en drop 'n gear want ek kan sommer sien hier kom kak. Ek kon nie mooi sien nie maar in die verblinding het dit soos 'n groot bliksem agter die stuur gelyk. Time hom time hom en toe die fokken lig nie wil oorslaan nie toe druk ek hom in elk geval in die rooi. Kameras flits en mense cheer en soos ons laggend verby die ou by die robot skiet sien ek hoe hy sy vuis vir ons waai en in slow motion mouth hy, "vir jou gaan ek poes mannetjie". Maar ons is mos los voor en lag ons gatte af toe hy ook wegtrek en ek agterkom Klapperkop is mos opdraand en die Renault begin steun. 140-130-120-110-100-90-80-70-60-50 cruise ons nou teen die bult uit en die javel is lankal langs ons en wys tekens en se ons moet aftrek.

Die fonteine lê voor en ek skiem fok dit ek gaan nie gebliksem word vanaand nie. Bra Briek is so bleek om die kiewe soos ek en soos aan die einde van Thelma en Louise sit ek weer voet in die hoek. Ons klap die Fonteine sirkel en jy hoor net tires skree. Die ou is agter ons en flash en vloek. Ons ry om en om die sirkel en toe pull die ou langs ons in om ons van die pad af te begin druk. Toe die Brooklyn exit so die tweede keer verby kom sien ek die gaping, knyp my oë toe en vat hom op die laaste possible oomblik. Ek en Bra Briek skree en ek check hoe die ou in die binne baan violently moet uitswaai om die lampaal te vermy. Die gevolg is dat hy die exit helemal mis en nog 'n keer moet om. Maar ons is home free en verdwyn in donker strate sonder ligte. Ons pull met 'n slaag van verligting in Hatfield in en maak seker ons park die kar waar niemand hom kan sien nie. Ek bewe so ek kan nie die mini hi-fi aansit nie maar toe ek die radio stasie kry kap Foghat 'n broadie op 5 en tune "slow ride! Take it easy! Slow ride! I'm in the mood, the rhythm is right, move to the music. we can roll all night".

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Druk hom in die rooi: Slow Ride

    Gooi Comment