Kraag-Kroon Kronikels: Episode 1

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Nak)

Dit is Vrydag Oggend 7:30 en Poen Deelman skrik wakker in sy mobiele huis in Proklamasie Heuwel. Ten spyte van die feit dat hy laasnag n Topaz uitsmyter geliberty het en nog vir weke wat kom sy wonde gaan moet lek, werkloos en broodwinner van 12 is en n 148kg armbreker van die Teazers groep in sy nek blaas oor talle agterstallige skoot-dans paaimente is Poen ene vuur en vlam, “on top of the world” as’t ware.

Maar hoe kan n man so eufories wees onder sulke druk omstandighede? Is dit dalk sy 15 jarige vrou wat so glinster in haar mid-trimester (skool klere en al), die nuut geinstaleerde blou hover lights onder sy Dodge paneelwa, die Pat Lewis/Kurt Darren CD pkaket met sy Loslyf subskripsie losgeslaan het?

Nee!

Dit is sy skaam sliert, sy Brakpan ouboet, sy Germiston gerbal, sy KRAAG-KROON! Daarde slierte testosteroon wat miljoene vroue na hul asems laat snak het in die loket treffer “Dirty Dancing” waar Patrick Swaze se maanhare tot eie reg kom en die pronkende moddervlap konfigurasie aanneem met elke omwenteling op die dansbaan, daardie perfekte sweterige primaat haardos waarna al wat turf-jakkals is streef.

Poen staan dadelik op, daar kan nie laat geslaap word vandag nie. Besigheid soos gewoonlik……aan met die “Die Hard” frokkie, skoenlapper-mes in denim sak, kraan water deur die tafel blad en Cal-C protein pack deur die maanhare (vir die vol voorkoms),Paul Revere dertigs in ander denim sak, n teug uit gisteraand se Mullets Rum bottel en vinnig fyndraai voor vrou laat is vir die 8:00 laergraad Engelse klas.

Al wat hond in die straat is skater vir skuiling soos Poen gram op gram rubber neerlê met sy paneelwa (turbo-aangedrewe 4.8i Chev blok uitgeboor tot 6.2 en die befaamde Skorpion vryvloei uitlaat sisteem vir afronding).

Met die techno verwerking van Enrigue Iglesias se treffer “I Can Be Your Hero” wat bulder uit die paneelwa se Colibra klanksisteem laat Poen sy teenwoordigheid behoorlik geld deur die Daspoort tonnel. Die temptasie is baie groot om die “moet nie aanraak” NOS knoppie onder sy sitplek te druk maar Poen weet dat die gas beter vanaand benut kan word in Voortrekker laan.

Vroulief streel Poen se kraag-kroon vir n laaste keer voor die paneelwa by die skoolwerf stop. ‘n Skare van 30 skoolseuns staan reg om die kenmerkende wieltol wegtrek spektakel te aanskou.

Poen stel nie teleur nie en sy kraag-kroon wapper van kant tot kant soos hy sy signature 720 grade doughnut formasie voltooi.”Eendag as julle damduikers groot is” skree Poen by die venster uit vir sy bewonderaars soos hy die skool verlaat, maar die paneelwa kan nog etlike blokke ver gehoor word.

Wat is op aksieheld Poen Deelman se agenda vandag?

Hou die spasie dop vir Kraag-Kroon kronikels episode 2.!!!!!

griffinKraag-Kroon Kronikels: Episode 1

Gooi Comment