Oppikopppi “You check the level, the level is fine for me” Easter Festival

In Oppikoppi, Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Annelie Hoffman

Pers VerklaringDie Paasnaweek kan maar vervelig raak as jy nie weet wat om te doen met al die ekstra tyd nie. Die Oppikoppi “You check the level, the level is fine for me” Easter Festival is die beste opsie om die nuttelose ure reg te bestee. Hierdie meer intieme weergawe van die bos, braai en “tunes” tema, vind plaas vanaf die 9de – 12de April 2004. Hierdie fees sal ook net die regte medisyne wees om jou reg te ruk en gereed te maak vir die 10 jaar feesviering wat beplan word vir Augustus 2004 Oppikoppi.

Dan Patlansky and the Mississippi Muthers, Jack Hammer, The Narrow, Valiant Swart, Albert Frost, Prime Circle, Akkedis, Ravis Regis and Louis Mhlanga, The Finkelstiens, Not my Dog, The Fake Leather Blues Band, Piet Planter, Laurie Lavine, Bomskok, Duck and Cover, Peepshow, Soil 7T7, Auriel’s Habit, Liela Groenewald, Stefan Dixon, Anika, Brixton Moord en Roof, Little Oblivion, Gordon’s Suitcase en Loose Cannon is maar net van die name wat reeds bevestig is om by die fees op te tree.

Hierdie musiekfees is spesifiek beplan om jou ‘n wegbreek van die stadsgedruis te gee deur jou die tyd te gee om net te sit en dink oor dinge terwyl jy goeie musiek luister. Kaartjies is maar ‘n skamele R160 wat hierdie dus een van die bekostigbaarste maniere maak om die langnaweek heerlik te spandeer met net die beste musiek en goeie vriende. Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees asook by Computicket (R171 insluitende die Computicket kostes).

Vir meer inligting en ‘n kaart na die Oppikoppi Plaas, kan die webtuiste besoek word by: www.oppikoppi.co.za. Indien die inligting wat jy benodig nie op die webtuiste is nie, kan jy (012) 346 2011 skakel of selfs ‘n e-pos stuur aan info@oppikoppi.co.za

‘n Alfabetiese lys van die bands wat die naweek gaan optree:

Akkedis
Anika
Aurial’s Habit
Brixton Moord en Roof Orkes
Dan Patlansky
Duck and Cover
Finkelstiens
Gordon’s Suitcase
Jack Hammer
Laurie Levine
Little Oblivion
Loose Cannon
Louis Mhlanga & Regis Gizavo (Reunion)
Not my Dog
Peepshow
Piet Planter
Prime circle
Soil 7T7
Stefan Dixon
The Narrow
Valiant Swart

griffinOppikopppi “You check the level, the level is fine for me” Easter Festival

Gooi Comment