Hoekom teenage seuns sulke bliksems is

In Snotstories deur griffin3 Eiertjies

Die kak begin as die outjies se balls drop. Dan reken meneertjie dis tyd om sommer houding en ooglede ook te begin drop. Testosteroon replace bloed en die bliksem raak lekker nukkerig. Takes one to know one…

Probleem 1: Meisies – Laaities op skool check vir die eerste keer dat hulle van chicks smaak. Probleem is, Ma en Pa en dominee en juffrou en society en die hele Universe sê jy mag nie seks op skool hê nie. So die laaties loop rond met 'n piep wat wil uitspring en net 'n hand vol vratjies om hom mee uit te help. Selfs al besluit die laaitie "fok als" moet hy eers 'n meisie opspoor wat dit met hom sal doen. Nie maklik vir 'n ou puisiegevreet met body odour nie. Die pressure begin bou.

Probleem 2: Skool – Dis nou seker die kakste plek waar mens puberteit kan deurbring. Jy moet lame-ass klere dra, netjies lyk, jou hare sny, jou boeke oortrek, in rye staan, godsdiensklasse bywoon en die hele tyd luister na loser grootmense s gesanik. Dis anyway hoe dit in my tyd gewerk het. Almal is uit daarop om jou kak te gee en jou fun in te perk. Hoe moet jy in elk geval enige iets leer met al die spunk waar jou kop moet wees en bols vir 'n brein?

Probleem 3: Ouers – Jou krimpies tune jou grief. Die hele tyd. As dit nie jou kuif is nie, is dit jou houding, jou gefokkenvloekery, jou genaaiery, jou bike wat olie mors op die driveway, jou slapgatgeit. "So lank jy onder my dak bly.." Warra-warra-warra in jou fokken ore die hele tyd.

Probleem 4: Kerk – jy word geforce om kerk en (nog erger) jeugaande en kak by te woon. Fok! Lekker boring en moerse blind. Al die plekke reken jou musiek is van Satie se boude af en ly jou in die verderf in en almal gaan lekker braai. Terwyl jy skiem "fok dit". 'n Man wil jou maak kan maak ek sê. Blerrie kerk en gebiddery en goed. Nooit. Tog verwag jou krimpies laat jy daar stick tot jy 18 is. Dis nou vir aanneming in Afrikanerkerke, of sommer net gesalf word met virgin olive oil in sektes soos die crackhouse wat ek attend het.

Probleem 5: Ouer laaities – Een van die kak goed van skool systems is dat die doos wat net een jaar ouer as jy is skiem hy's uit 'n ander universe. Kyk jy net vir hom skeef dan's dit jy en hy agter die pawwies china. Once. Ouens ouer as jy tune altyd jou standerd is windgat en jy doen dieselfde met die onder jou. "Jy wil mos een jaar jonger as ek wees. Nou sal jy kak." Die logika hiervan is verbysterend. Maar dis baie real. Op een jaar ouer reken die matriek nool hy het genoeg testosteroon om die stannerd nege laaitie te moer tot IN SY PLEK.

griffinHoekom teenage seuns sulke bliksems is

Comments

  1. Steyn

    Fokkit Griff, ek dog jy skryf dit spesifiek oor my.  Ek kon PRESIES sien hoe dit als gebeur, behalwe dat ek in koshuis was, geen rondfokker moffies in koshuis nie, die seniors van elke jaar dink hulle kan altyd die juniors opfok, selfs van std 7 af.
    En dan moet jy sommer ook een skryf oor diensplig daarna………dis die eerste keer waar n ou sien dat die lewe is nie so fokkel cool soos skool nie, en dat as jy n boelie wou wees op skool gaan jy hard kak waar die ouens jou gaan dik moer omdat jy n boelie was.  Ek wens tog ons kon n paar videos van skool en diensplig terugspeel om weer te sien wie van ons almal so effe groot vir die skoene was en wie die papbroekies was.

  2. Author
    griffin

    Sorry my bra, ek was te jonk vir diensplig. Dis dié dat ons sulke slapgat vuilbek papbroek kak, skuim van die aarde mense is (volgens die krimpies nou).

  3. Pingback: teenage » Twitter Trends

Gooi Comment