grifF, die landlords en die landlords se vodka.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Om te trek is fokkol lekker. Meeste van julle behoort dit nou al seker teen hierdie tyd te weet. Behalwe van yskaste, microwaves en al daai lekker swaar goeters wat jou spinal chord deur jou hol probeer uitruk, moet mens soms met landlords uit Oosblok lande mee deal wat amper net so goed Engels praat soos Nigerians. Of PW Botha. Nie lekker nie.

Borat (so het ek en CHopper die bra genoem) was die landlord. Ek moes my sleutels vir hom terug gee, die deposit kry en daarmee die nuwe landlord betaal. Die afspraak was vir sesuur. Daar aangekom is ons gou deur my plek om alles uit te check lat ek die zak kan kry en toe moet ons by sy flat (die een wat vir 'n jaar reg bokant my was) die dinge uitsort. Mos maklik: gee sleutels, vat geld, fokof, bye-bye. Toe nie. Ek moet eers saam met die vent 'n bottel Russiese vodka skoon uitsuip en vir die hoeveelste maal luister na sy fokken Bulgarian Special Forces stories of een van sy favourites: Hoe om al jou vriende met arseen dood te maak as jy hulle vir ete oornooi en jyself ook arseen sluk. Bottom line is iets in die lyn van jy moet 'n kilogram suiker vreet voor die tyd. Ek kan nie sien hoekom ek my vriende sal wil dood maak nie, maar each to his own, I guess.

Nege uur daai aand strompel ek goed oppad na poesdronk se kant toe by sy plek uit en dink aan die kere wat ek half vriendelik verplig was om sy standerd 5 dogtertjie se Afrikaanse huiswerk te doen. Hy't my natuurlik met 'n bottel vodka betaal. Dit het net te verkeerd gelyk toe die dogtertjie dit vir my bring, maar ek het hulle terug gekry. Haar huiswerk was om in 150 woorde in Afrikaans te vertel wat sy die vakansie gedoen het. He he he. Sy het ge-club saam met ouens wat uit die skool is tot 2 uur die oggend elke aand. Dis my weergawe anyway. Ek doen nie weer blerrie huiswerk nie. Nie eers vir vodka nie.

By die nuwe landlord ('n chick wat weereens in die woonstel bokant my bly) aangekom, is ek drie ure laat om die laaste bietjie goed uit te sort en ek ruik soos 'n Russiese mynwerker met ekstra gebreke. Ek praat ook omtrent net so onsamehanged soos 'n Bulgaar. Lekker first impression. Haar boyfriend sit in die sitkamer voor sy PC in 'n bathrobe en speel games. Hy lyk soos Edward Norton van American History X. Ek probeer my storie kortknip en tune hulle ek wil bad en strate vat, want ek het 'n lang dag gehad en het 'n bier nodig om die vodka smaak uit te was. "Where are you goink?" vra die boyfriend met 'n Russiese aksent, "because my girlfriend is not descent conversation tonight." Jirre tog, hoeveel meer kakker luck kan mens handle?

Gods, ek nooi toe maar die ou saam uit en tune hom lat ek hom sal kom haal sodra bra Briek stop om my op te laai. Toe ek die ou eventually tune lat ons reg is, kom hy uit met sy docs met rooi veters in die een skoen en wittes in die ander. Kompleet uitgekit in 'n denim baadjie met 'n moerse Swastika en 'n ou SA vlag op die mou vasgewerk. Jissis. Wat kan mens maak? Toe kom die Rus maar saam. Later die aand in Centurion se Cool Runnings na 'n paar Vodka's, biere en shooters tune hy my en bra Briekmerk: "Security in this place is a fucking joke!", waarna hy proceed om 'n groot fuck-off shiny tipe van 'n olifant of walrus jagmes vir ons te wys. Die fok weet hoe hy dit ingebring het.

Ons het toe maar die res van die aand rustig verkeer in die hoop dat die knife-wielding White supremist Rus nie ons piele afkap in 'n fit van uncontrollable rage nie. Voor 1 uur die oggend was ek weer by my crib. Maar nie voor ek nog skoon vodka moes drink saam met die Rus nie. As 'n special bonus moes ek kyk na footage wat hy en sy Russian Special forces vriende afgeneem het 10 jaar terug toe die Russiese "White House" gebom is en die goedige kak uit basically alles uit geskiet is. Lucky ek.

Eventually is ek daar weg, maar moes eers 'n paar Russiese armbreek tegnieke deurmaak wat op my ge-demonstreer is. Toe ek eventually in my bed klim en die hele aarde draai om my kop dink ek daaraan om by hom in te breek, sy tape te steel en vir Ruda Landman 'n copy te pos en in witness protection in te gaan. Vir ewig.

Die volgende oggend voel dit asof ek 'n fokken Super Twaalf match op my eie gespeel het teen al die spanne. 'n Klop aan my deur. Nege uur. Die ou wil 'n bier gaan drink. "Not a fuckin chance!" sê ek en maak die deur toe.

Nou gaan ek maar vakansie hou in die Kaap vir 'n week of wat. Daar sal die landlords en die vodka my nie kry nie.

Deel met jou tjommies!

    griffingrifF, die landlords en die landlords se vodka.

    Gooi Comment