Ek is ammal se pêl.

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Jinne, evil is die bliksems wat partytjie wielietjies, drank en mobile phone tegnologie uitgedink het. Ek het nou al time en again besef hulle gaan nie saam nie. Behalwe vir die obvious slaggate dat jy gehipnotiseer kan raak deur al die polyphonic ringtones na 'n mal aand van rondtrap in 'n diskoteek, is daar die added dilemma van 'n adresboek. Ek het nog nooit vantevore die behoefte gehad om 'n potlood en papier saam te sleep na 'n party toe nie so why start now? Maar wat as 'n goose vir jou haar nommer wil gee, hoor ek jou sê? Ja right, jy's een van daai bras wat die aand uitgaan en dan terugkom met Cosmo se cover girl se selfoon nommer agter op jou boksie Marlboroughs. Want sy laaik mos kwaai van Ford's, geld is nie vir haar so belangrik soos 'n goeie sin vir humor nie en sy het nog altyd gedink om pregnant te raak op 17 en te settle in Delmas. Lek-ker sin vir humor jy!

Maar terug by die storie: dis 'n Saterdagaand in Londen. Ek het 'n sak vol koue Stellas in een van daai blou plastieksakke wat jy net by Off Licenses kry en ons klap 'n toon na 'n house party iewers naby Stockwell. Ons ken nie rerig die mense nie maar ons pull in want ons is vriende van 'n vriend se niggie se maatjie wat daar bly. Die DJ is opgeset in die kombuis net langs die groenterakkie en dis nog vroeg maar hy gooi al lekker mielies. Dis nie lank nie of die plek begin te gons en die Stellas bruis deur my are. Die weer is glad nie te kak vir Londen nie, ons staan selfs vir 'n wyle buite en praat kak oor ditjies en datjies. Dis nou decision tyd, crossroads, jou siel vir die duiwel verkoop tyd maar ek het al lankal my mind oopgemaak. 4 vir £20 is nie die beste pryse in London nie maar nou ja wat is 'n huis sonder 'n moeder? Dis 'n paartie huis.

Dis ok nie links nie of die posman klop aan met ons bestelling. Dis Yin & Yangs blykbaar waarop ek antwoord. Hulle kan maar die yang hou en myne 100% yin maak. So halfuur later en ek maak glad nie meer yin nie. Ek weet goeters gebeur en mense loop rond maar ek weet nie of ek yin of yang nie. "Yin maar dis 'n lekker party hierdie", sê ek vir 'n bra langs my wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. "Justin, aangename kennis" sê hy (met 'n Amerikaanse aksent), "Super Deluxe 3000" se ek "bly te kenne" (in Afrikaans). Die volgende oomblik maak ek my mond oop en dis net yang yang yang yang yang. "Dollywood se jy? Fok ek wou nog my HELE lewe lank Dollywood toe gaan" retireer ek. Dollywood vir julle wat nie weet nie, is Dolly Parton se theme park in Texas, dit klink fokken cool, dit het rides en ponies en is nes Disney World behalwe sy gee al die geld vir spastics. Vir ure praat ek tos en vleg ek piele met Justin en tot ek nie meer 'n woord het om te sê oor Dollywood nie en hy my reeds oorgenooi het om die volgende dag by hom slides te gaan kyk, gaan ons ons separate ways. Maar natuurlik nie voor ek se "Yin bra ons moet nommers uitruil laat ek net my "mobile" hier uitruk en dan klap ons 'n biertjie een of ander tyd".

Dit was die begin van die party. daarna was dit net yang al die pad. Ek het nommers uitgeruil met 'n Skotse lesbeen wat kon Afrikaans praat – I kid you not – en die heeltyd aan my goose se boob gevat het tot my goose se dismay. Ek het nommers uitgeruil met elke Suid-Afrikaner daar want hulle is mos "onse mense" en ons MOET eenvoudig vir 'n drink gaan, ek het nommers uitgeruil met my vriende wie se nommers ek reeds gehad het, ek het nommers uitgeruil met die DJ want hy "het die coolste tunes gespeel". O, en ek het nommers uitgeruil met die kebab bestuurder op die hoek want hy het vir ons biere na elf verkoop en was eenvoudig 'n "lifesaver".

Volgende oggend, bietjie dikkop maar niks out of the ordinary nie, behalwe dat my foon se adres boek vol is. Helfte van die mense kan ek nie ontou nie en die ander helfte weet ek nie of ek wil onthou nie. The horror. the horror. Om die cherrie op die spreekwoordelike koek te sit gaan ons natuurlik Sondagaand weer uit, die keer saam met 'n bottel Jack Daniels (wie se nommer ek ook by the way in my adresboek het as jy hom ooit nodig het). Same old same old, memory is vol kak (myne en die foon sin).

Ek het eenkeer van te vore nommers met 'n Nigeriese toilet attendant uitgeruil – klink nou baie meer verdag as wat dit werklik was. Ek het al nommers uitgeruil met 'n cab driver van Ghana, 'n convicted drug dealer van die Bronx wat die heeltyd gesê het "You're fired!", ontelbaar mense in clubs, pubs en bars en 'n asylum seker van Kazakstan. Nou dat ek daaraan dink het hy suspiciously baie soos Osama gelyk. Dit was uncanny.

Moreaand is weer Vrydag, dan klap ons weer vir Shoreditch en gooi kebabs oor ons skouers tot die slaat en die rooi uie huil. "Hoe lykkit ou pel, daar agter die bar, hoe lyk dit met nog so doppie daar!"

Super Deluxe 3000Ek is ammal se pêl.

Gooi Comment