Saint Paddy’s Day

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Net die een rondte dan

Lekker in my poes in. Dis 'n fokken Donnerdagaand en eks lekker in my poes in. St Patricks Day en ek het dit nie eens besef nie. Fokken lekker kak dag by die werk en ek en James tune miskien moet ons vir 'n pint na werk gaan, Maar dit bly nie altyd by een pint nie – so wats die probleem hoor ek jy sê? Ja wat?

Ek wil fokken graag na daai pub op die hoek van Curtain en Great Eastern gaan – klaarblyklik word dit besit deur die fokken heroin junkies wat Vice magazine begin het. Fokken plan, een pint en ons is daar uit. Lekker trendy lekker Shoreditch. Meisies in 80s day-glo jackets, hoëhakwithofskoene, fokken seksie. Ouens nie lekker nie half te probeer, almal in die band en een oog op my Apple powermac in die hoek. Anyway een pint word twee word drie. James tune kom ons gaan check wat cut die mustard daar bo.

Level twee – elevator action – tatatatatdadatoootiiiiiieeeee!

Fokken cool chick gooi cuntry laat die fokken byle huil. Hierdie DJ kook en Bob Dylan weet nie of hy kom of gaan nie. Country Joe & Fish, Grateful Dead fokken almal loop deur. Tune van die aand is verseker Melanie. Dan neem een of ander poes oor wat 70s rock speel – maar fokken boring alles dieselfde 70s rock – WTF?

Ek gaan vra hom of hy nie 'n Kylie song kan speel nie net om bietjie die boredom te breek. Wat? Kylie? Ja jou fokken poes "Na na na…" is beter as die kak wat jy nou speel. Daar is 'n band wat opset. Lyk soos 'n fokken White Stripes cover band. Meisie op dromme, lead singer lyk soos 'n rekenmeester met square brille. Lekker Revenge of the Nerds chic lekker Shoreditch! Hy't 'n fokken belaglike Michael Stipe-Man on the Moon hoed op. "Dude speel bietjie Kylie," nag ek, "Kylie?" vra hy. Hy sê hy dink hy het net Depeche Mode. Ek sê hys nie lekker nie. Hy dink eks van Suid Afrika so eks nie lekker nie. Hoe dronker ek raak hoe minder kan ek Engels praat.

Dank Vader die meisie speel weer – fokken kief country tunes. Die band kom nie, fokkit kom ons waai hierdie plek suig pickled eiers. Eks honger so ek en James gaan na Kebabsfontein. Ek fokken gooi mein op die Turks, Yelegele! Maar dit beteken eintlik baai. Fokken heavy blaaint. Kry kebab met fokken tzatziki, en eet lekker garlic op die tube. Ek speel vir James Donkey Rattle op die headphones en ons cruise Suid Londen in. James klim by Stockwell af en gaan huistoe. Lekker twee dronk Ierse meisies klim op met groen belaglike hoede, en opblaas pints of Guiness. Sit langs my. Ek is in my poes in maar het my groen truitjie aan. Hulle dink eks Iers heavy blaaint. Ek het nie eens geweet dis St Patrick's Day nie.

Hulle gee my 'n opblaas pint of Guiness en ek en my chicken kebab klap 'n toon by my straat af. Poes toe kom drie inbrekers by 'n gebreekte venster uitgeklouter, gehardloop by die straat af. "Lekker hardloop," tune ek en fokken gee pas aan met my opgeblaaste Guiness en chicken kebab. Ouens kyk verward om, dink dis die polieste, maar dis net ek. Fokken hardloop laat my Pumas klap soos ek hulle jaag. Net voor die hoofstraat draai ek af, dis my huis. Lekker by die huis lekker dronk. grifF het so paar mails vir my gestuur wat nie lekker is nie. Spot so oor my naam en als maar wat. As ek so poeslike maer midrif gehad het sonder boude sou ek nie gepraat het nie.

Dis Donnerdag aand, St Patricks en more is Vrydag anyway.

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Saint Paddy’s Day

    Gooi Comment