Die Worsmasjien ontleed die WWP Thunderstrike

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Die Worsmasjien

Dis eintlik moerse fitting. 'n Ruk terug gons die dagblaaie oor 'n boer iewers in die noorde wat een van sy werkers silwer geverf het en heelwaarskynlik bietjie rond geklap het. Ek is redelik seker die ou ballie lag nou nog lekker in sy mou, daar waar hy in sy selletjie sit.

Vandag, in 2005 kry honderde swart kindertjies week op week hul wraak as hulle blatant holskuer vir oversized Afrikaners en Oos-rand scum in spandex met belaglike psuedonieme soos: The Animal, Scorpion Kruger en natuurlik Die Boerseun. Yup, you guessed it! Dis elke Saterdag half-drie op SABC2, net na die ringtennis world champs. Dis die Dome of Doom. Dis jou uitweg as jou vrou begin terug slaan. Dis WWP Thunderstrike!

Die wonder van Suid Afrikaanse rofstoei is dat mens nie eers hoef te probeer om dit af te rip nie. Nes Omo Micro doen dit al die werk self!

Die legacy
Stoei is deesdae groot business en ek is baie bly om te sien dat iemand al die ou strydosse 'n kans gee om hulle Nissan Langleys te onderhou. Ek onthou hoe ek as laaitie elke saterdag ingeskakel het om te sien hoe Jan Wilkens sy opponente met 'n full Nelson vernietig en selfs eenmaal by Hillfox Power Centre die "Pink Panther" in lewende lywe gecheck het. Die WWP verteenwoordig vir my die goeie ou dae van regte rofstoei, al is dit met 'n nuwe millennium, "Ek was vir lank 'n bouncer by 'n rave klub met 'n amateur stoei agtergrond"-twist.

Die contestants
Die storie agter die storie is eintlik moerse confusing. Sien die WWP is huidiglik verdeel in twee faksies. Eerstens is daar die Alkebulan. Hulle beginsels is gestoop in die mites en legendes van Afrika en hulle begeer om onaangeraak te bly deur die sedes van 'n moderne wêreld. Heavy fokken onmaterialisties! (maar ten spyte van hul haat vir enigeiets modern, fok hulle mekaar nog steeds elke week op voor betalende customers en flitsende liggies. Verder is ek ook seker hulle word betaal om soos sotte trash te praat en voor die skare te dans. So, nice try! Maar niemand koop dit nie, julle poese!)

Die Alkebulan se lysie van lagwekkendes sluit ouens in soos: Ananzi, AW Bulldog, The Cobra, Boerseun, Danie "the Legend" Britz, The Animal, The Woodcarver, The Blacksmith en The Great White Hunter.

Jissis!

My favourite is ongetwyfeld, The Animal. Hy lyk so bietjie soos Ouboet van Orkney Snork Nie, wat finaal ingegee het op sy dreigende drank probleem, net met Hunchback of Notre Dame skouertjies. Sy regte naam is Tolla en hy kom van die kaap. Verder is hy 'n stoeier wat enige iets sal doen om te wen. So drie weke terug sien ek hoe hy die arme ref, sommer vir niks in sy fuck you instamp nadat hy en Great White Hunter teen die tag team spesialiste The Blacksmith en Woodcarver verloor het. Klein botteltjies groot gif.

Dis ook nogal cool om die legende, Danie Britz (toevallig ook die oorspronklike Tornado) nog steeds in aksie te sien. Deesdae sport hy twee blonde streaks wat hom so bietjie soos Tina Turner in Mad Max: Beyond Thunderdome laat lyk. Jammer om te sê though, hy raak bietjie oud vir die tipe speletjies and we don't need another hero! Ananzi is 'n wit Zoeloe kryger en een van die enigste ouens wat hulle toelaat om te praat voor sy fights. Miskien moet hulle liewer nie. Die Boerseun stap in op “Ek's 'n loslappie”, maar ons vergewe hom want hy is beslis 'n stoeier met 'n toekoms wat enige iets sal doen om te wen.

Die huidige Alkebulan champ is niemand anders as “Thundergod” nie: 'n Beer van 'n swart dude wat ek beslis nie gaan silwer probeer verf en rondklap nie. Sy regte naam is Bullet Okon (Ja, ek weet!) en sy specs en sy pecks is nogal impressive. Hy's getrain deur Iron Fist (van Nigerïe) en niemand anders as daai crafty devil die “Pink Panther” nie. 'n Krag stoeier wat enige iets sal doen om te wen. Die mense wat weet, reken hy en Tornado gaan mekaar een van die dae die stryd aansê om die verenigde WWP titel.

Tornado is bietjie van 'n legend in sy eie tyd. Blykbaar die mees experienced Suid-Afrikaanse stoeier ooit en nogal 'n looker met sy peroxide kapsel en stywe pers lyfpakkie. Het lank in die destydse IWF met 'n masker geveg as Tornado 2, maar het sy masker afgehaal na die dood van sy goeie vriend “Pink Panther” Heavy! Die bra het obviously 'n moerse hart Sy enigste flaw is sy swakheid vir die rooinek taal. “Concussion or no concussion, Tornado is ready for you” hoor ek hom ander dag tune. Alhoewel in my opinie sy shining moment was toe hy Scorpion Kruger anderdag toesnou: “Your not worfy enuff!!
Met nadere aanskou check sy naam uit as Steve Debbes en omtrent die hele WWP line-up het op een of ander stadium by hom getrain. Blote toeval dat hy die Def Faxion champ is? Ek dink nie so nie!

Maar ek moet erken dat hy nogal oor 'n paar moves beskik. Sy favourites is die Tornado Punch en Tornado Sault, maar “He can do them all!”. Beskik ook oor 'n killer volstruisskop en is lief vir high risk maneuvers van die toue af. Uitstekende tegniese stoeier wat enige iets sal doen om te wen. Ek sien ook dat Venus hom hard tjaaf die laaste rukkie (moenie worry nie, by haar sal ons nog uitkom. Briek spog mos hoeka dat hy haar op 'n goeie dronk aand enige tyd mat toe sal vat. Nie as sy jou eerste in haar kopskêr kry nie, ou!)

Die Def Faxion is nou die omgekeerde van die Alkebulan en eendag gaan hulle kombineer om vir een titel te baklei. Die filosofie agter die WWP is actually nogal heel verstommend: "There are those who forge their futures based on what has come before (Alkebulan), but there are those who have chosen the path filled with the artificial complexities of a fabricated world (Def Faxion)."

Sjoe!

Ding staan so, mense sonder 'n bewustheid van hul herkoms en geskiedenis is soos 'n boom sonder wortels, terwyl dié wat heeltyd terug kyk nie vorentoe kan beweeg nie. Die verlede en die hede kan nie 'n toekoms vind sonder eenheid nie. Tot ons die waarheid in en om onself nie vind nie sal ons vir ewig in oorlog gewikkel wees. Daardie eenheid sal slegs in op die heilige grond van die Dome of Doom gevind word.

For fuck sake's! Dis rofstoei! Spandeer minder tyd op die crappy filosofie en meer tyd op die stoeiers se Engels!

Def Faxion se logo probeer moerse hip-hop lyk. Die wrestlers nie. Behalwe vir Lizzard, die cruiser weight met die dun beentjies en dodgy bandanna. Hy is soos 'n kombinasie van die WWE se John Cena en Rey Mysterio. Hy't ook so bietjie van die mees onlangse “Black Cat” chocolate bar-ad vibe. Hy hap mos die Beast anderdag: “To me you look like a bird in a cage, your momma should have slapped you when you were young!” Brave words, synde die Beast elke week in sy hok ring toe gedra word. Hy is mos in Kroonstad gevangenis, waar hy drie lewenstermyne spandeer vir elke misdaad wat bestaan.(Nee rerig, sweer!) Sy finishing move is die Death penalty ('n sleeper hold) en hy't 'n killer body slam in sy arsenaal.

Die res van Def Faxion is: Steve Eden ('n talentvolle stoeier wat enige iets sal doen om te wen), The X-terminator ('n baie talentvolle stoeier wat enige iets sal doen om te wen), The Taxi driver ('n MOERSE talentvolle stoeier wat etc. etc.), Bling ('n fokken haas in 'n multi coloured spandex body suit), Playa, Braam en Jaco the coal miners (spesialis tag team) en The Dealmaker (Hy gooi 'n Ted “the million dollar man” Diabase-tipe thang. Die een kommentator hou baie van sy uniform.)

Verder is daar ook 'n handvol dames stoeiers wat cruise tussen die twee faksies. Misty Blu, Scarlett en Venus is 'n kykie werd, maar Scorn en Alison Wilder is bietjie dik (maar soos met meeste vet chicks het hul verbasend mooi gesigte) Venus het beslis my en Briek se aandag getrek. Sy stoei in so tanned leather, Sheena of the Jungle pakkie en dra 'n matching panna. Skraal, maar met die nodige! Sy het beslis 'n paar uitstekende moves en ek hoop van harte dat sy die volgende Ladies champ gaan wees. Sy gooi selfs 'n baie tos American accent wat my net meer mal maak vir haar! Ek moet egter beken dat ek ook dronk sal wil wees. Dodgy bly dodgy!

Die show
Kyk, die Dome of Doom is klein. Een van die dae gaan hulle begin toer en dan gaan ons voorsiening maak vir die Big Time. Sure, niemand kan 'n “sit down power bomb” gooi soos Bathista nie en dit alles lyk so bietjie lomp, maar daar's potensiaal. Tot dan toe sit ons sonder ordentlike Pyros, maar ten minste gooi ons rofstoei. Die huidige inkarnasie het ten minste blink liggies en 'n oulike swart poppie met designs op 'n acting career, wat die stoeiers aankondig. Die aankondigers is twee derdes Engels met die een ou wat nou en dan oorslaan Afrikaans toe en fantastiese dinge kwytraak soos: “Uitstekende volstruisskop wat deur kom hierso, “Sy kom duidelik nie van Mars nie, sy is van Venus”, “Nou gaan hy voel” en my persoonlike gunsteling: “He's like a Leon Shuster tipe of guy here! I don't think Anazi cares, as he continues to stomp a mudhole in the face of The Cobra!”

Probeer op dit verbeter!

Final Verdict
In vergelyking met die AWF se stadium gigs, is die Dome of doom low budget, maar ten minste het die WWP 'n fake AC/DC-tipe Thunderstrike intro as die program ons skerms slaan. Dis die ou skool van Afrikaanse rofstoei. Al die stoeiers is immers getrain deur die Tornado homself. Dit maak 'n groot verskil as jy lus is vir tappet vermaak. Verder is dit geskoei op goeie ou pre-democracy tradisie waar die stoeier wat enigeiets sal doen om te wen, op die ou dag wen! Viva WWP Thunderstrike! Viva!

Watkykertjie bydraeDie Worsmasjien ontleed die WWP Thunderstrike

Gooi Comment