Vlug van die hel – uit die hel uit.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

 

Het julle al die die die lig aan die einde van die tonnel gesien? Ek ook nie, maar ek het ligte gesien. Fokken grotes. Daai tipe ligte wat jy op vliegtuie se neuse sien as ander vliegtuie skiem dis tyd om te naai soos daai skurwe kerkplein duiwe by oom Paul se voete.

Dit was een van daai lekker Vrydae in Nigeria gewees. Vyf-en-dertig grade cel-jissus innie blerrie bedompige skaduwee. Die tipe Vrydag wat jy alles van twee vloere bo en onder jou in die Hilton Hotel so lelik opfok omdat jy weet dat jy in die oggend terugfok SA toe en eers weer in die nuwe jaar met die kinderagtige incompetent staff moet deal wat nie kan verstaan hoekom jy met jou skateboard in alles vasgefok het en die ander guests wakker gemaak het nie.

Dan fok jy Abuja Airport toe om jou connecting flight te kry en vergeet per ongeluk jou pel se turntable by die hotel, maar jy weet jy kan nie terug gaan nie. Want R1000 turntable is nie gelyk aan R6000 hotel skade nie. Ons praat hieso van plante in die bidet en drie vloere se varings, ontbyt en glastafels in een kamer. O ja, en die skateboard storie waarvan ek nie baie onthou nie.

Aangekom by Abuja lughawe, leer ek ongeduldige locals om agter my in die ry te staan, want surprise-surpise: Ons vlug is delayed met 'n fokken uur en hulle idee van in 'n ry staan is min of meer dieselfde as 300 mense bondel voor Ackermans asof hulle klere op sale het vir R5 in plaas van R10.

Small fry.

Klim eventually oppie Bellview aerie wat lyk of hy deur voodoo magic en skietgebedjies aanmekaar gehou word. Ons styg toe maar op en vyf minute later is daar 'n klomp 4-jarige Nigerians wat my fokken pla in pidgin English tot ek vir hulle fluister "I am going to kill you" en vir die ouers glimlag. Needles to say was hulle moerse soet virrie res van die vlug. So midway deur die vlug het ons snacks gekry. Ek praat nou van 'n halwe glasie Fanta Orange in 'n plastic cup. Lekker min vloeistof vir 'n hangover wat even ses liter Nigrian kraanwater sou kon waardeer.

So uur of wat later begin ons sak vir die landing. Ek speck die tarmac so halwe meter onder my en kry daai gevoel van die wiele wat oneweredig, nonetheless gaan land en unstrap my safety belt solank. Dis toe dat ek die lig sien. Die laaste lig. Daai lig wat jy op 'n ander Boeing se neus sien voor jou eie vliegtuig hom 69. Pluk kaptein incompetent gelukkig een van daai ons-fok-nou-70-grade-hemel-toe moves en ons klim weer tot bo die wolke en bly daar virre goeie dertig minute. Toe ek weer om my kyk is daar net wit mense op die vliegtuig. Ek was so liggroen gewees. Meeste van die 419's het darem hulle kleur terug gekry toe ons eventually for real land met skreeuende tyres. Meneer kaptein reken toe dat die control tower hulle nie verwittig het van die ander vliegtuig op die runway nie en dat ons amper in 'n vlammehel gesterf het. Dog ek toe by myself: "I think I'm gonna have have a heart attack and fucking die of not being surprised!" Ek was mos darem al hier vire rukkie and then some.

Kry toe een van die scaly taxi lifts na Lagos International om betyds te wees virrie SA connecting vlug wat 22:00 duik en altyd virre uur delay is. Ek is 21:00 daar. Die SAA desk maak 20:00 toe vir boarding. Daar is niemand nie. Well, daar is kokkerotte wat die bier wegdra so tussen die total power failures en mens sukkel liewer met die korrupte polisie omdat die cochroaches groter van bou is. Gaan baklei toe maar met SAA in hulle kantoor en kom toe agter dat ek met Nigerian SAA mense baklei. Wetend dat ek ek stuck is in Lagos tot ek op standby kan vlieg twee of drie dae later, klap ek weer 'n taxi sommer oppad na die Sheraton Hotel toe, want die jirre weet ek het nie krag om weer in 'n scaly plek te slaap nie. Nie in Lagos na alles so uitfok nie. Het toe maar my roes afgeslaap teen 'n onbillike $320 per aand vir 2 aande. So rukkie in die lift ook gebly. Elektrisiteit is nie jou top tipe prioriteit in daai plek nie.

Op die onheilige Sondag het ek weer my luck gaan try, so ek skiet weer airport toe. Fokken Lagos polisie is anders as die res van die land s'n. Trek die Fire for Fire my mos af omlat ek kamtig American is en verwag Dollars. Toe plak ek die man iets in die lyn van honderd en vyftig Naira in die hand wat sou translate as 8 Rand, vloek hom en klok in by Lagos International.

In die meantime raak ek meer boos, want terwyl ek in die bar sit en met die kokkerotte oor rugby en die greenhouse effek stry, sou ek al innie Kaap gesit het saam met al my gabbas. Ek kan ook niemand bel nie. Hoekom kan ek nie bel nie? Kom outjies, dis maklik. Dis omdat ek 'n Nigerian MTN fokken cell het. In SA werk MTN baie dieselfde. Hulle gee net minder om in SA oor diens, want al die groot geld lê in Wes-Afrika se pre-paid fools. Back home word kredietwaardigheid virre eendvoël aangesien en hulle naai jou boude rou vir twee jaar en renew jou kontrak sodat jou boude weer hulle s'n is vir nog twee jaar. RRRrrrt! Ten minste is daar 'n Blue Chip company wat Truworths 'n run vir hulle geld kan gee in terme van "we-don't-care". Anycase, hieso is daar 'n pre-paid explosion gewees en toe val die netwerk op sy rug soos 'n victim van 'n Hilbrow knocker. Slaan toe maar 'n paar biere weg wat sterk genoeg is lat jy mindgames met jouself kan speel.

Na ek eventually nege ure oppie lughawe spandeer het, mense kak gegee het om my video camera, skateboard en CD player deur te sit en 'n laaste walgbier ingekry het, sit ek oppie aerie en lag toe ek dink aan so ander dude van SA wat ook nie 'n lekker dag gehad het nie. Hulle wou nie sy African kunswerk wat hy gekoop het laat deurgaan gaan nie, want hy moet briewe hê van een of ander museum, 'n dokter, die president en seker Jesus homself ook. Alles net om 'n bribe te instigate. Toe tune die bra hulle in Afrikaans: "Man, ek gee nie 'n fok om nie. Julle wil net weer fokken geld steel. Poes die ding weg as ek hom nie mag saamvat nie! Dis nou julle probleem."

Toe kyk hulle hom aan soos wanneer 'n babahondjie vir jou kyk as jy poep, druk 'n stickertjie op die stuk kunswerk ding en laat dit op die conveyer belt deurgaan.

HAHAHA! Dit was verdomp snaaks!

Toe styg ons op en ek hoop dat die vliegtuig ten minste in Botswana sal crash as hy regtig moet crash .

 

Deel met jou tjommies!

    griffinVlug van die hel – uit die hel uit.

    Gooi Comment