Hotelle, drank en ander grappige dinge – Sinopsis van hoe jou tweede week in Nigeria behoort te wees

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Hieso in die land van draks, dobbel met jou lewe en draties kap is iets soos fliek toe gaan uit soos ouma naai. Jy koop vir jouself 'n VCD player vir onder 200 SA skille en fokken alles behalwe DVD's speel op hierdie Walkman affêre. Jy kan CD's of MP3's luister of sommer in jou TV plug vir kykgenot.

Een keer 'n week kom 'n snaar by name van Captain Sam verby en vat jou bestellings van skoene of klere, drugs of die nuutste flieks. Ek kap nie lyne nie, so ek gat vir flieks. Dis befok want a) dit bly joune b)dis goedkoper as om 'n video of DVD in SA uit te neem c)jy leer die local ninja taal met die nca onnerskrifte aan d)jy sien flieks wat nog nie in SA op die circuit wys nie in die gemak van jou eie stoel onderwyl jy drank (wat ook afgelewer word) so bietjie pak slae gee. Ja-nee, Captain Sam sorg vir alles.

So gepraat van faktap name: Ons het een aand so paar happe gaan maak by 'n lanie club na ons die vorige club se speakers vir twee consequtive weke in hulle se poeste in geblaas het met dik tunes. Daar's guest list en alles, maar ons naampies is nie daarop nie. Toe maak ons tjommies met Seargent Slaughter – die grootste fokken Nigerian bouncer wat ek nog in my lewe gesien het – nou het ons VIP membership. Nie dat ons binnekort weer daar sal draai gooi nie.

Daai selfde aand het ek my nuwe unsuspecting hotelmaat so paar klappe teen die linkeroor gevreet in die straat voor ons na die Rockview Hotel toe is (7 uur die oggend, dronker as daai poes wat eenkeer die rugby ref getackle het) om myself te gaan uitcheck. Ek moes in elk geval fokof, want die graft het vir die eerste paar dae betaal.

Die staff van die hotel het byvoorbeeld nie geweet ek moet duik nie. Ons het toe gaan swem met ons dronkgatte en 'n ongoddelike lawaai gemaak voor ons kaalvoet met nat swemklere na die hotel se bar toe is en hulle laaste Jack Daniels geklits het. Het daai enetjie ook sommer op die kamer se bill gelos.

Daar word toe gebitch lat ons nie die hotel se dress code gehoorsaam nie. Tune ek hulle ek gaan my tas vat en fokof as ek nie kaalvoet in die bar mag wees om 'n paar happe te maak nie. Hulle try please explain, maar ek moes in elk geval fokof. Vandaar huur ons lifts op motorbikes en ek klok by die nuwe hotel in: daai een waar ons harder partytjies gooi as wat clubs toelaat om te gooi. Daai een waar jy nie betaal by die bar nie, want hulle sal die geld later in die week by jou kry. Daai een met die chicken en chips. Daai een waar die drug dealers aan jou deur kom klop om die vorige ou se geld te kry. Ja, daai een.

Verder slaan jy maar oudergewoonte by die Hilton hotel uit op Sondae, kap cocktails langs die pool en ry Maandae met hangovers groter as die jirre se genade werk toe in die mal taxis. Jou taxi driver kry oudergewoonte sy daaglikse poesklap deur die venster by die mal vet Nigerian bedelaar in sy onderbroek by die stopstraat (hy laat Mr. Fat van Brasse soos 'n petite ballerina lyk). Dan kom jy by die werk en voor jy die Apollo Fever uit jou oë kan vee is dit klein naweek en jy raak geswaai. Dinsdag word jy wakker met die realisation dat dit na graft weer klein naweek is en jy worry effens, want jy weet die naweek is dit weer superlarge.

Jy worry ook so effens dat jy en jou gabbas se lewers binnekort vir low-cost housing building bricks aangewend gaan word. Maar jy worry net so bietjie.

Die lewe is 'n Psalm.

griffinHotelle, drank en ander grappige dinge – Sinopsis van hoe jou tweede week in Nigeria behoort te wees

Gooi Comment