Van se Cherrie

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Van se Cherrie

Van gaan na die dokter toe om sy vrou se bloedtoetse resultate te kry. Die ontvangsdame sê vir hom: "Ek is jammer meneer, maar daar was 'n deurmekaarspul gewees. Ons het die monsters na die lab gestuur en nou het dit dit deurmekaar geraak met 'n ander mev Van Der Merwe. Ons weet nie wie se toetse is wie s'n nie."
Van: "Dis verskriklik. Wat bedoel jy?"
Ontvangsdame: "Wel, een van die vrouens het positief getoets vir Alzheimer's en die ander een vir VIGS."
Van: "So wat de hel moet ek nou doen!?"
Ontvangsdame: "Dokter stel voor dat meneer u vrou in die middel van die dorp moet aflaai en as sy haar pad huistoe kry om nie met haar te slaap nie."

Kaballas

Kaballas kom eendag by die skool aan met 'n boks wat met 'n rooi lint toegedraai is as persent vir sy juffrou. Juffrou is toe baie bly en begin raai wat in die boks is: "Is dit sjokolade?"
"Nee juffrou."
"Is dit 'n koek?"
Kaballas skud sy kop.
Juffrou sien vloeistof uit die hoek van die boks loop, vang dit met haar vinger en druk haar vinger in haar mond. "Ek weet, dis pickles!"
"Nee", sê Kaballas, "dis 'n baba hondjie!"

Bargrap

'n Ou loop eendag by 'n kroeg in en sien 'n glas vol R5 coins met 'n kaartjie wat lees: "As jy al hierdie geld wil losslaan, moet jy die perd op die punt van die kroeg laat lag."
Hy gooi toe sy R5 in die bottel en vat die perd badkamer toe. So halwe minuut kom hulle uit en die perd lag so hard dat hy die hele kroeg se vloer natpis. Die ou vat toe die geld en fokof.

Die volgende dag stap dieselfde ou weer in die kroeg in en sien die perd en 'n nuwe bottel vol R10 note met 'n kaartjie wat sê: "Jy kan al hierdie geld vat as jy die perd laat huil. Die china gooi sy R10 noot in en vat die perd weer badkamer toe. 'n Minuut later kom hulle uit en die perd huil erger as die ouens van die WVK. Hy vat toe weer al die geld.

Net voor hy by die deur uit verdwyn vra die kroegman hom: "Hoe op aarde het jy dit reggekry?". Antwoord die man hom: "Die eerste keer het ek vir die perd gesê dat my piel groter as syne is en die tweede keer het ek hom gewys."

griffinVan se Cherrie

Gooi Comment