Snuf in die neus

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Die leier van die trop lig stadig sy kop op en lek met sy rasperrooi tong oor sy vlymskerp tande. Ruik-ruik aan die wind en spits sy gevlekte ore, 'n Entjie weg, in die koelte lê 'n jong mannetjie homself en lek. Daar oorkant suig twee kleintjies aan hul ma. Die trop is rustig, die veld is doodstil. Of is dit?

Meteens blaf die leier skor en spring dan weg met indrukwekkende spoed. Die trop reageer en binne sekondes bewe die gras soos die ander opspring en begin hardloop. Bene maal en speeksel waai.

Dis tyd vir die jag.

**********

Fokken idiote. Wat het geword van die tyd toe die media report het oor dinge wat belangrik is en 'n invloed het op mense se lewens? Op watter punt het alle logika in die pad neergebliksem soos 'n Volla wat se clutch gedrop word?

Erens in die Caribbean tel 'n president kak op in sy land. Rebelle tune die man moet fokof en die slimkop kies die hasepad na die Central African Republic toe. Binne ure word berig dat Aristide oppad is SA toe. Natuurlik. Dit was immers 'n fokken stadige nuusdag.

Dailies word geprint, keyboards sing, gerugte loop dik. "Kom hy, kom hy nie? Mag hy, mag hy nie? Gaan ons, gaan ons nie?" Alles wat asem het spekuleer totdat die ultimate paranoid Suid-Afrikaner, Tony Leon, ook 'n fokken kleintjie kry oor die moontlikheid dat hierdie nobody na ons land toe kan kom.

Almal fokken freak uit en neem standpunte in, kompleet nes die skabberash in die strate van Haiti. Talk shows debatteer of dit eties is, belangrike mense lewer statements, die DA en IFP stres soos gewoonlik, en die hemel val dwarsdeur die aarde se bodem.

Vir fokken wat? Aristide het tot dae na die initial uitfreak nog nie eers aansoek gedoen om asylum in SA nie. Maybe doen hy later, wie weet? Maar hoekom is almal op loop nog voor die fact?

Dit dink ek terwyl ek verby nuusopskrifte in die straat ry wat proclaim dat SA na "Oscar-koors" in 'n absoulte "Charlize-frenzy" in gegaan het. "Charlize-koors", reken party, loop hoog. Blykbaar staan die hele SA stil oor die "Benoni bombshell" se achievement.

Interessant dat dit veral die media is wat so reken. O ja, dis dieselfde media wat invest het in 10 bladsye se Cherez foto's nog voor die event. Dieselfde media wat al vir weke voor die tyd met sulke kak "rags to riches" stories oor Benoni ons wou laat braak so fake is die hele setup.

Snaaks dan, dat baie mense in Benoni en baie ander klein plekkies oor die land nie almal so gaande is en die hele tyd van blydskap gil en uitpass nie. Snaaks dat niemand met Charlize T-shirts rondloop en dat alle jong meisies (en party ouens) nie soortgelyke haarstyle sport nie. Onthou, ons is deel van 'n FRENZY. Dis fokken MAl! Right. Onthou eerder dat 'n fokken klein persentasie van ons bevolking M-Net het en meer het om oor te worry as 'n fokken awards show in Amerika.

Interessant ook dat die mense in Benoni nie eers "Monster" kon kyk voor die Oscars nie. Jy sien, dis nog nie daar uitgereik nie. Iemand try ons vir 'n poes vat.

"Nooit," skiem ek en spring op die Internet vir bietjie nuuslees. Blykbaar al oor 'n miljoen mense wat Internet banking doen en die syfer gaan maybe groei met 30% in 2004. Nie te kak nie, veral as jy consider dat SA net onder 4 miljoen Internet gebruikers in totaal het.

Nog 'n groter fokken wonder as jy terugdink aan verlede jaar en die fokken media frenzy na twee gevalle van Internet fraud. Elke fokken publication het bespiegel oor hoe veilig jou geld is, wat jy kan doen, hoe fucked jy is en basically hulle bes probeer om alle Internet bankgebruikers heeltemal uit te freak. 'n Groot deel van die probleem was natuurlik dat hierdie ouens self nie seker was presies hoe die ding werk nie. Shame.

Die losers is altyd besig om kak te stir waar dit nie nodig is nie. Onthou die Geo Cronjé / Quinton Davids kakspul waar die spreekwoordelike perre sommer fokken way voor die kar ingespan is. Dink aan elke liewe fokken sportreeks waar ons 'n single game verloor. Onmiddellik moet koppe waai. Fire die manager, fire die coach, betaal spelers minder, transformeer, staan op, sit stil, leer jou les. Mense moet afgedank word, stappe moet geneem word, kommissies moet investigate, die publiek vereis dit.

Hoeveel van hierdie "frenzy" kom van die mense af? Ja die mense. Daai selde leepoog bliksems soos ek wat elke oggend op die N1 sit en slaap en dan in die aand Amerikaanse shows kyk en baie hard probeer om deur die week te kom. Of die res van die land wat sit en krepeer. Wat presies Vereis ons? Definitief nie 'n lot sogenaamde "joernaliste" wat met hulle vuil bekke vol sit oor elke moontlike kwessie nie.

"Alles vir die storie," hoor ek hulle al. Dit glo ons nou maar. In fact, as die ouens stick tot die storie sal hulle dalk nie so groot bohaai maak van kak nog voor enige iets gebeur het nie. Dan kan arme Tony Leon dalk bietjie relax en die res van die media fraternity bietjie in die koelte lê en nie die hele tyd rondhardloop soos mal goed nie.

Miskien as stories mooi uitgedink en selfs nagevors word (groot woorde, ek weet) sal dinge beter wees vir almal. Wie weet, dalk vra die media dalk eendag selfs die publiek self se opinie en gee dit nie net vir hulle nie.

**********

As die stof gaan lê staan die trop gespanne terug om te sien wat hulle prys is. Die tyd het gekom om die skat op te eien, om fees te vier. Net die leier is steeds besig om vas te klou om seker te maak dat die prooi dood is. Dit was 'n goeie geveg.

Hy ruk en kners en skuim en sy kop skud as hy die finale nekslag toedien. En soos hy terugtree is die ander verbaas om te sien hoe hy met afgryse vir sy eie bebloede stert in die stof staan en kyk.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieSnuf in die neus

    Gooi Comment