Nigerian Weekly #8

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

Dagsê outjies!

Dis met 'n riem onder die hart dat ek aan julle moet meedeel dat hierdie die laaste uitgawe van die koerant vir 2003 is. My groot printers se rollers het uitgefok soos die dollar en nou moet ek al die pad SA toe travel om nuwe parte te gaan bestel. Fok, maar dis 'n duur storie om so lucrative besigheid soos 'n koerant aan die gang te hou hoor. Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie. Kyk met watse gemors sit ek nou! En nou is daar vlekke op my duur matte ook nog.

Nietemin, julle sal ook agterkom dat ek nie hierdie week die 'p' woord gebruik nie. Dis darem 'n lelike woord of wat sê ek maatjies? Jaag gou-gou die honde by die agterdeur uit, maak die kinders stil, steek jou pyp op en trek jou stoukies aan. Dis tyd vir boekevat…

Hierie week in die Nigerian weekly: Ek kom na jou in die naam van die H… ag fok dit, ek kom sommer met stokke en swaarde

Die Nigerian House of Assembly het verlede week so bietjie vergader in Lagos soos wat enige ander lande se Houses of Assembly maar hulle vergaderinkies hou. Ahh wag…julle het nie mooi gelees nie – die NIGERIAN house of assembly het bymekaar gekom. Nigerian, soos in, daai anner faktap land op die Weskus van Africa. Daai plek met meer olie as wat daar plek in die hemel is. West side! Aii!

Londen se drol-onder-die-neus members of parliament skree mekaar gewoonlik beleefd dood as hulle verskil oor netelige sakies soos die tere Euro-Pond issue. Mister speaker (daai ou wat lyk of hy 'n dooie grys gay poedel met ponytails op sy kop dra) kap dan met sy ou fokken hout hammertjie en brul "Order! Order!" en almal sit en niemand poep, hoes of proes nie. Nee, ek nie 'poes' gesê nie, ek het 'proes' gesê. Lekker vang ek julle uit.

In Nigeria werk dit anders. Hulle het fokken klas, pappie. Hulle wissel woorde net soos Nigerians kan. Sulke faktap Engels gemeng met, fok ek weet nie, kak of iets. G'n wonder niemand verstaan mekaar nie. Ek sweer die toring van Babel is oorspronlik in Lagos gebou. En toe breek hierie china's hom af. Nou so met die misvertande en babelse verwarring help dit nie net om harder te skree nie. Nee, jy haal jou stok uit, jy haal jou mes en swaard uit en jy fokken charge jou oposisie. Dis nou die members of parliament wat so tekere gaan. Dissie outjies wat hierdie land so mooi op koers hou soos die Titanic van ouds. Nou vra jy seker terwyl jy jou baard krap "Maar hoe de fok kom hierdie ouens verby security met messe, stokke en swaarde?". Ahh wag…julle het weer nie mooi gelees nie – die NIGERIAN house of assembly het bymekaar gekom.

Helaas is die useless 'Fire For Fire' ingeroep om orde te bewerkstellig. Nogal 'n oulike naam vir die polisie. Amper soos 'Oog virre Oog'. Dis nou hulle wat jou in roadblocks innie aande stop en sê: "You must give me something, because you are taking something from my country!" Ja wat, broeders en susters, wat kan mens nou vir so man sê? "Reg ou grote, kom ons kyk. Het jy genoeg plek in jou kar vir so honnerd kilogram malaria, vyftig kg's slaapsiekte, so halwe kilogram slegte herrinneringe, 'n baksteen coke en so twee gram skuldgevoel? Nie? OK, vat dan maar 'n handshake. Sien jou more weer. Cheers!"

Nietemin, die polisie ontruim toe die assembly hall met hulle AK's amidst ouens wat mekaar donner en bliksem en volgens die local TV stasie se nuus, kan die land se grootkoppe eers weer terugkeer vir vergaderings en beraadslaging waneer hulle hulleself soos grootmense kan gedra. Gevolglik is parliament gesluit tot verdere kennisgewing, want fokken almal hieso gedra hulle soos kinders. Die ex-pats ook.

Ek skiem die Titanic is besig om stadig te sink ouens. My rubberbootjie roei volgende Vrydag uit. Ek gaan net nie omkyk nie. Net-nou verander ek in 'n fokken soutpilaar!

grifF,
Abuja
Niks-gee-rië

Deel met jou tjommies!

    griffinNigerian Weekly #8

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Onlangs nuus gekyk? Sewe jaar later, selle kak aan die gang in Naai-geria – so genoem a.g.v. die feit dat hulle mekaar die hele tyd wil opfok / rondfok / befok. Goddank het jou rubberbootjie hier aangekom…enige land waar die helfte van die mans rokke dra is sekerlik nie totally fokken lekker nie.

    Gooi Comment