Nigerian Weekly #777

In Snotstories deur griffin

Hoesit outjies. Die Nigerian Weekly neem nou goddelike inslag in. Ons trek by issue 777 en niemand is meer poese nie, behalwe dalk die outjies wat hierie week in die nuus is.

Ek stuur die koerant nou maar weer op 'n Donderdag uit, want die trok wat my koerante moes aflewer verlede week het nie meer foil nie. Steek hande op. Wie weet wat is foil? Ja dis reg, Jurie. Dis petrol. Jou poes. Jy weet ook darem altyd alles.

Hierie week in Nigerian Weekly:

1) Ekstra! Ekstra! Koningin By besoek Blommeland
2) Gaan tronk toe. Gaan reguit tronk toe

1) Ekstra! Ekstra! Koningin By besoek Blommeland

Oe jippie, die fokken queen is hieso! Let's break out the fucking party hats. Jissis. Die arme motherfukkin' queen besoek Abuja vir die eerste keer sedert 56 jaar terug. Askies? 56 jaar? So sy moet nou seker naby die 100 odd jare trek. Ek verstaan nie wat royal krimpies hieso kom soek nie. Ek weet self nie eers wat ek hier soek nie, maar ek is ten minste nie 'n borderline Parkinson's-pis-in-my-slaap geval nie. O ja sorry, die queen is. Nou verstaan ek. Sorry julle, ignoreer die eerste paragraaf. Ek is sommer onnosel. Hoe moes ek weet?

Tweede paragraaf.

Derde paragraaf: Nou moet julle sien hoe faktap hierdie mense regtig kan raak. Die queen moet nou obviously al die volk besoek en hand skud en beeldjies koop en kyk hoe huisbediendes dans ensovoorts ensovoorts ensovoorts. Bou hulle mos nou vir haar hierie fokken fake village so 500m van die regte een af. Kamtig 'n security risk. Nie net bou hulle die fake village nie, hulle bou 'n fokken filmset met akteurs. ligte, backdrops, die fokken works. As ek nou sê hulle, bedoel ek die BBC. Sien, Britte kan ook faktap wees. O nee wag, hulle is al 'n rukkie faktap hoor. Regtig hoor. Hulle is faktap. Maar die Nigerians betaal vir die gelag. So, hulle is meer faktap. Vir watse gelag betaal hulle? Vir joune, as jy hierdie storie snaaks vind.

Laaste paragraaf: Ek moet omverskoning vra. Die Queen se regte naam is eitlik Queen Elizabeth en sy kom nie regtig van Blommeland af nie. Sy kom van Engeland af en sy is in Nigeria. Blommeland is nie 'n regte plek nie hoor. Ek het julle lekker gevang, julle fokken Britte! HA HA HA!

2) Gaan tronk toe, gaan reguit tronk toe

Nou hierie is een van daai goeters wat iemand hier ge-witness het. Kris Mopkop wat saam my werk moes iets by die tronk gaan doen het. Ek kan nie presies onthou wat hy daar moes gaan doen het nie, maar ek het 'n vermoede dat dit work-related was.

Daar aangekom het hy bietjie die tronkselle ook uitgespeck. Het julle al "The Cell" gesien? Nou die sel in "The Cell" is luuks china's. Dis vyfster. Want mens kan nie ratings gee vir die tronke hieso nie.

Hoekom sê ek so? Hoe maak mens? So maak mens: Mister Elroyd (ook 'n SA gabba hieso) se Naira's is by ons graft gesteel. Uit sy kitbbag uit. Toe kom die polisie hiernatoe en dis vingerafdrukke en hulle vat die sak in potestasie toe en Elroyd moet ook sommer saamgaan en dis kak en hare. Daar aangekom sien hy 'n Nigerian – 'n uitgegroeide man – wat onder die tafel in die aanklagkantoor sit en huil. Kan die ou nie fokken regop staan en huil nie? Ek weet nie, gewoonlik staan ek regop as ek huil met my hande op my sye en ek tuur uit oor die vlaktes. Of die meisie se rug. Tot vandag toe weet ons nie hoekom die ou huil nie. Die "Fire for Fire" (Nigerian Polisie) het hom seker gevang iets sleg doen, soos oor die straat loop as daar nie karre is nie of iets.

Maar dis fokol. Kris Mopkop het die volgende gesien: 'n Ou sit in 'n sel. Nee wag, dis meer 'n tipe van hok en hy sit nie. Hy hang aan die crossbars en agter hom binne die sel sit een van die pote. Die polisieman skree: "How fast are you going?" Dan skree die ander ou terug: "I am not going fast sir!". Dan skree die polisieman weer "Do you have space in your taxi for one more?" Dan laat lees die ander ou weer: "Yes, I can take one more!" Dan poes die polieman hom lat hy trek soos 'n vrot piesang. Dan join nogge polisieman op 'n stoel die speletjie: "Can you take more people in your taxi?", vra die polisieman. "Yes sir, I can take plenty." Dan poes hulle weer die ou faktap. Later is die hele sel vol polisiemanne en hierie ou hang daar bo soos Baby J aan die kruis. "Can your taxi take one more?" skree die poot in die vierde ry (almal sit nou op stoele – dis soos fliek kyk. "No sir, my taxi is full now."

Die arme drommel word dan verdaag met 'n waarskuwing: "Never overload your taxi again! Understood?"

Ek skiem nie hy sal weer nie.

As jy dalk hierie mail virrie eerste keer kry en die ander kak wil lees, laat jou voete raas na www.skietgebedjie.co.za

grifF,
Abuja

Hierdie post is 71 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,601,073 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinNigerian Weekly #777