Skakels, Oktober 2003

In Skakels deur griffinRek jou bek

 

Skakel Opsomming Ingestuur deur
Abujacity Wat kan mens nou oor hierie sait sê? Die Nigerian city se eie websait oor Abuja. Die ouens wat die sait run het kiekies ook oor hulleself. So nou kan jy sien wie en wat om te vermy na 12 in die aande, sou jy daar wees. Blerrie dwelmkoppe. grifFin
Skietgebedjie Bra grifF se underground terrie websait waar hy klomp goed, insluitende die kluts, kwyt raak oor sy lewe in die land van draks en 419 scams. Fokken lekker virre lag veral as jy van grifFin hou. Maar wie hou nou van grifFin? Wat van jou? Ook nie? Jirre sorry ou grifFin ons het getraai huh? grifFin
Cyberway Hier's een vir die IT laaities. Check hierdie ouens se web design uit allie pad van Pretoorsdorp. Nogal hectic. Julle is gewaarsku. Chill bietjie op die planeetmotief ouens. Embarrassing. CHopper CHarlie
Not 1 but 2 Entertainment Solutions Hierdie is my sait van die jaar. Verfokkenseker. Jy kan 'n prys betaal en dan kry jy nie een nie, maar twee zeffers wat DJ by events, magical toertjies doen en ook nog boonop na fokken als pa en seun is. Wat de fok meer wil jy hê? Huh wat? Ek skiem ek kry hierdie ouens vir die volgende watkykjy paartie. CHopper CHarlie
Swearline Fokken poeslike baie bliksemse kontlike vloekdonnersewoorde. Jissis, check hierrie motherfuckin sait uit. grifFin
Get In 2 Touch Online Vir die ous wat hulle touchies fokken ernstig opneem. Once. Jirre, hier's reëls en refs en 'n log en als. Kwaai skiem jy? Jirre ou, sad skiem ek. Fokken sad. CHopper CHarlie
Vreemd Nie so vreemd as wat jy sou dink nie. Iemand se geskrywery in Engels en Afrikaans. Lyrics en poems en storietjies en allerande kak. CHopper CHarlie
SADF insults Maniere om mense uit te kak dat hulle soos fokkol voel. Gekry van ons eie fokken Weermag. Lekker blind. Albert
Naked Air Air Pieptrek. Kont Air. Book 'n plek in die aerie en los jou klobbe by die huis. Maar 'n lot lelike ou mense wat besluit om kaalgat te vlieg. Adriaan
Vodacom Cheetahs Die ongelukkigste span in die heelal. En in ons harte wil ons almal eintlik hê hulle moet wen. Kom nou Tsimba. Kom nou Blikore. Haak daai bal. CHopper CHarlie
Blue Bulls As jy daarvan hou om in die wenspan te wees en enige iets weet van rugby, check die Blue Bulls se sait uit. Was jy al ooit op Loftus? CHopper CHarlie
Sharks As jy daarvan hou om in die verloorspan te wees en daai Ingelse laaities met die gel hare like (soos Butch James, Brent Russel en kie) skiet uit na die Sharks se sait. Lekker losers. CHopper CHarlie
Kurt Darren So naam het mos nie introductions nodig nie. Almal se favourite Centurion resident wat ons bekoor het met "Meisie meisie" – of het dit almal bekak? Ek vergeet. CHopper CHarlie
Kolonnade Ice Rink Die ysskaatsbaan is mos die fokken plek om te wees. Lyk soos 'n doos en skaats op die klank van Modern Talking. Onthou om vir jou meisie 'n hot dog te koop. Hot dammnit. CHopper CHarlie
Voorstoep So anner Afrikaner se websait. Check sy troublad uit, gaan die babakamer uit complete met kak clipart of poef sommer net op die voorstoep. Heavy sout van die aarde en als. Bra John
Troll's Portal Fokken weird man. As jy kan uitfigure wat de fok die plug hier is tune ons. Die jirre weet, ons kop nie. Die Web isse strange plek china. CHopper CHarlie
South African Christian Mmmm … nou nie lelik wees nie CHopper. Kry jou versie virrie dag hier en allerande goed uit die Bybel en so. Vieslike pers en olyf site vir almal wat uitmaak van die Big Guy Upstairs. JJG. CHopper CHarlie
FOKKEN KOPBEEEEEN! So anner ou gorie se websait met sulke skedels en pentgramme en stuff op. Cool om te sien Afrikaanse mense is ook evil en kwaad vir als. Viva Satie! CHopper CHarlie
Woes Afrikaans kan, Afrikaners kan! Jirre, met so 'n opruiende naam verwag 'n man half baie. Maar moenie lat jy jouself dissapoint nie. Dié Afrikaanse portal is maar pis in die broek. Nee wat. Lekker kak. CHopper CHarlie
Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 24,944 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSkakels, Oktober 2003

Gooi Comment