‘n Perd stap by ‘n kroeg in

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Nog perd

'n Perd stap by die kroeg in, bestel 'n Black Label, gaan sit by een van die tafels en begin die Beeld te lees. Die kroegman is bietjie uitgefreak, maar bring die bier oor en gooi dit in 'n glas vir die perd. Die perd gee die ou 'n R20 noot. Die barman belsuit dat die perd nie moerse slim lyk nie en gee hom R2 kleingeld. Die perd sê fokol drink sy bier klaar en loop na die counter toe om nog een te bestel. Die barman is bietjie nuuskierig en sê vir die perd: "Weet jy, ons kry nie eintlik perde in hierdie bar nie. Die perd antwoord terug: "Wel, teen R18 'n fokken Black Label is ek glad nie verbaas nie!"

Heavy blind

Hierie blinde blaar stap by Boardman's in met sy gidshond en begin rondmission in die shop. Die manager probeer om nie te staar nie en loer so elke nou en dan in die rigting van die blinde man. So rukkie later vang hy iets in die hoek van sy oog. Di blinde man swaai die hond in die rondte bokant sy kop en jy sien net toasters borde en messe spat. Die manager begin op die ou te skree: "Meneer, wat de fok doen jy!?" Die blinde man lat sak die slap hond en sê vir die manager: "Ag ek kyk net so bietjie rond, meneer."

Koeker kroeker

'n Man en sy vrou chow by 'n larney restaurant toe 'n fokken mooi chick instap, die man soen, vir hom knipoog en sê dat sy hom so bietjie later sal sien. "Wie de fok is dit?!", wil sy vrou weet. "Dis my skelmpie", antwoord die man. "Ek soek 'n egskeiding!", sê sy vrou. "Dis fine", sê die man "maar onthou dat jy gaan uitmis op al daai trippies Frankryk toe, duur jewelery en daai fly Beamer wat jy ry." Die volgende oomblik stap een van hulle vriende by die restaurant in met 'n vreemde jong bokkie aan sy arm. "Wie is dit?" wil die vrou weet. "Dis Piet se skelmpie." Die vrou dink so bietjie en antwoord toe: "Ons s'n is baie mooier!"

Deel met jou tjommies!

    griffin‘n Perd stap by ‘n kroeg in

    Gooi Comment