Pasga V8 by Oppikoppi: CHopper vertel

In Oppikoppi deur Chopper CharlieRek jou bek

If not tomorrow, then the next day. So is daar geskrywe en so het hy dan plaasgevind. Ek sit by die werk met ‘n kromrug, ligte harsingskudding, ‘n gefokte enkel, ‘n seer nek en ‘n bly hart. Want die jirre weet dit was lekker.

Poes.

As ons gaan aanhou om hierdie vakansienaweek te vier kan ons net sowel Oppkoppitoegaan die offisiële aktiwiteit maak wat alle Suid-Afrikaners moet beoefen. Kerk toe gaan se moer. Toe ek Sondagaand in die klein bar op die grond lê en my bewussyn probeer herwin besef ek net hoe donners groot dit hierdie keer was.

Main soos ‘n V8.

En omdat ek nog in rukke en stote dink en my sinapse nou eers skaam-skaam begin terugkom werk toe en vals siekbriefies inhandig gaan ek vertel hoe dit was in puntvorm. Dit lees in elk geval makliker.

Shap

Eester die goeters wat lekker is en die naweek altyd befok maak.

  • Dis baie warm so drink baie, maar net water net om die klein hondjie in die oggende in jou mond te verdrink. Die res van die tyd werk Jagermeister en bier beter.
  • Nodge al die bands en behou die goeie. Hierdie keer het dit Valiant, Albert Frost, Brixton, daai anner blues outfit wat daar was en Soil 7t7 ingesluit.
  • Woon die Wat Kyk Jy? Militêre Vleuel reunie by. Dis altyd goed vir laggies en ongefokkenlookflik dronkraak. Saterdag vieruur in die klein bar. Bring dop.
  • Lag lekker vir goeters soos gatseks, maanhare, die dokter kom jou haal, tweede arms a.g.v. heroin en ouens wat op hulleself opgooi omdat hulle Black Label uit ‘n tregter suip.
  • Kamp lekker naby aan die stage, die swembad en die kakhuise. Jy gaan bly wees en jou goose gaan liewer vir jou wees omdat sy ook dan kan gaan piepie die heel tyd.
  • Sit en praat baie kak bo terwyl die bands jol. Nie net gaan jy snaakse shit sien nie, jy luister ook dalk ‘n band raak wat cool is. Jy’s ook bound om weird mense te ontmoet en heel moontlik te beledig in die proses.
  • Sien fokken baie mense wat jy al êrens by ‘n jol gesien het, heel moontlik laas jaar se Easter Festival en nog steeds nie mooi weet wie hulle is nie, al groet hulle jou.
  • Check Zef Sketse. Hulle is fokken main en mens lag jou hol seer. Nie aan te beveel as jou hol reeds seer is van die die vuil gatseks wat jy vroeër in die tent gehad het nie.
  • Bêre hout in jou buddy se tent as hy weg is. Dit maak die aand as hy strompelend in die tent val soveel snaakser.
  • Vang ‘n goof in die swembad as die dag te warm raak. Dit skakel die hele “daar’s nie warm water om in te stort nie” probleem uit.
  • Bly die ekstra dag (Maandag), veral as baie van die main acts dan optree. Dis wanneer die paartie rerig hande uitruk.

Eish

Want partykeer gaan dinge so bietjie beyond klopdisselboom.

  • Moenie in die oggend tienuur begin Jagermeister drink en verwag jy gaan die aand ‘n sosiale vlinder wees nie. ‘n Vertraagde eendbekdier is more likely.
  • Swaai vir ‘n tweede keer aan die klein bar se balke. Wees reg om soos ‘n wafferse Black Hawk down opjoukoppi te val dat jou kop so sag word. Nê CHopper.
  • Vat ‘n rollie saam as jy beplan om vars tjops die hele naweek in die kar se boot te los. Daai outjie geen nie op nie.
  • Loop kaalvoet, met plakkies, of met hoëhakskoene. Jy sal brul pappa.
  • Speel Slipknot, Napalm Death of ander ander metal vroeg in die oggend as jy van duike in jou kar en drolle in jou tent hou. Of Nirvana en Red Hot Chili Peppers. In fact, los jou fokken musiek by die huis.
  • Traai om nie paais by die Spar op Northam te koop nie behalwe as jy sukkel van konstipasie. Problem sorted china.
  • Moenie ‘n naar fliek soos “Resident Evil” uitneem as jy terug by die huis kom en jou magie is omgekrap nie.

En dis hom vir dié keer. Soos ek altd sê, dis ‘n jaar later, en ons is almal ‘n bietjie ouer en ‘n bietjie dronker. Mag volgende jaar se Pasga net so vreugdevol wees soos hierdie jaar se festival. Maak hom los.

Chopper CharliePasga V8 by Oppikoppi: CHopper vertel

Gooi Comment