ZAR greote uit Brazil

In Briewe deur griffinRek jou bek

Ahoi,

Jirre, verlang ons darm nou na donder Suid Afrika, want jisses, hierdie mense verstaan nie eers die engelse weerkgawe van die woord kak nie – afrika-tyd se moer, hierdie porras sal enige lui strandloper of snor city bewoner 'n go gee… ons probeer ons werk klaarmaak, want die braaivleis smaak van 'n maand terug voel nou soos 'n vergete gedagte van sit en tos op 'n warm klip toe ons nog 'n kinders was, maar herlaas, dit gaan teen slak pas.

Dis oraait, ons sal hulle sexy cherries 'n ware vrystaat wors wys voor ons terug keer na die land van Black Label en high jack.

O ja, voor ek vergeet, die woord is uit; as julle anner watkykers vir grifFin erens op 'n koppie in 'n donker pub raak loop (nadat jy heeltemal fokken te veel Jaggermeister gesuip het, omdat die bleddie tots nie kan neersit nie), daag hom uit vir 'n arm druk. As jy jouself verbeel jy is H-man, en perongeluk wen, is grifFin jou 'n grap verskuldig, of hoe se ek ou maat?

Cheers vir eers,

Warm Blankes in porra land, nog vrae?

griffinZAR greote uit Brazil

Gooi Comment